Staatshospitale bestee R685 miljoen aan diesel

Argieffoto (Foto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

Die land se staatshospitale het in die tydperk van 1 April 2022 tot 28 Februarie 2023 ʼn bedrag van R685 miljoen aan diesel vir kragopwekkers bestee.

Volgens Philip van Staden, VF Plus-LP en woordvoerder oor gesondheid, het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, dit bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementêre vraag.

Luidens die minister se antwoord het KwaZulu-Natal se staatshospitale die meeste aan diesel bestee, naamlik meer as R178 miljoen, gevolg deur Gauteng met R131 miljoen en die Wes-Kaap met meer as R102 miljoen. Die Oos-Kaap het meer as R81 miljoen bestee, die Vrystaat meer as R21 miljoen, Limpopo meer as R57 miljoen, Mpumalanga meer as R44 miljoen, Noord-Kaap meer as R28 miljoen en Noordwes meer as R40 miljoen.

“Die land se openbare gesondheidsdienste sit reeds met ʼn agterstand van 175 000 mediese prosedures en mediese regseise ten bedrae van R125 miljard. Dan moet hierdie astronomiese bedrae bykomend tot kragopwekking bestee word.”

Van Staden meen hierdie faktore alleen dui daarop dat dit nie nou die regte tyd is om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan die Nasionale Vergadering voor te lê vir goedkeuring nie.

“Die wetsontwerp moet agterweë gehou word totdat die gesondheidsektor gestabiliseer het en doeltreffend kan funksioneer.

“Met slegs 76 staatshospitale en klinieke uit altesaam 213 wat in hierdie stadium vrygestel is van beurtkrag (antwoord van minister op 9 Februarie 2023) kan die bestaande kragkrisis by gesondheidsinstellings net vererger met die winter wat aan die deur klop.”

Indien Suid-Afrika se infrastruktuur nie heeltemal in duie gestort het nie, maar behoorlik bestuur en in stand gehou is die afgelope 29 jaar, en indien korrupsie, wanbestuur en wanadministrasie nie aan die orde van die dag was nie, sou hierdie groot kopsorge nooit opgeduik het nie.

“Met die huidige Eskom-krisis wat tans die land op sy knieë het, is dit nie nou die tyd om ANC-beleid soos die NGV deur die parlement te probeer dwing nie.

“Daar moet eerder nou planne beraam word oor hoe om die huidige kragkrisis in die openbare gesondheidsektor hok te slaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Raadsman ·

Daar is aas week besluit deur ANC regering dat aanstelling van kaders sal voort gaan so raak maar gewoont aan hierdie tipe nuus.

Euodia ·

Wat ‘n skokkende situasie!!!! En wie moet ons bedank …. wel het ons nodig om te wonder. Mos geld vir alles maar nie vir instandhouding van Eskom nie. Hulle weet al jaaaaare wat gedoen moet word maar blameer nogsteeds apartheid. Skande!

Daizee ·

…………there is definitely a slip between the cup and the lip!!!!! :-)

Nie Verbaas ·

En glo my, die slimmes koop dit nog teen oogeblaasde pryse ook aan.

Francois ·

Ek werk vir ń staats afdeling in die Wes Kaap en ek het laasweek ń groot hoeveelheid diesel vir ons kragopwekker aangekoop en was verras dat die prys R1/liter minder was as die pompprys.

Stofdonkie ·

Teen R3790 per paneel vir ‘n 550W paneel kon hulle met die R685 miljoen 180,738 sonpanele gekoop het en was hulle elektrisiteit probleem sommer opgelos. Mens moet seker nie verwag van politici om hierdie sommetjies te kan maak nie.

Francois ·

Jy moet onthou om die batterye ook in te sluit. Sonpaneel sonder ń battery bank beteken nie veel nie. Sal seker ń bielie van ń battery bank moet wees om al die toerusting in ń hospitaal aan die gang te hou en taamlik groot inverters ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.