Staatshospitale nie voorbereid op al hoe meer pasiënte

Argieffoto

Argieffoto

Die Vryheidsfront Plus het Vrydag gesê met mediese fondse en privaathospitale wat tans onder die soeklig is weens die astronomiese kostes van hul dienste, is die vloei van pasiënte na staatshospitale besig om ingrypend toe te neem.

Amanda de Lange, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus se vrouekomitee, het gesê dié komitee is besig om staatshospitale in al die provinsies te besoek, en in die besonder kraamsale en baba-afdelings, aangesien omstandighede in veral dié twee afdelings veel te wense oorlaat.

Sy het verduidelik in baie gevalle is die hoeveelheid verpleegpersoneel totaal ontoereikend en die tekort aan toerusting en beddens vir pasiënte veroorsaak dat swanger vroue wat reeds in kraam is, op harde ongemaklike bankies in die gange en sale moet sit en wag om gehelp te word.

“Met ʼn besoek aan ʼn hospitaal in Gauteng het van die vroue gehuil van pyn en ongemak, maar wou nie op die koue harde vloer gaan lê nie. Dit is onmenslik en baie hartseer om te aanskou,” het De Lange bygevoeg.

Volgens haar is privaat mediese sorg in Suid Afrika net beskore vir vermoënde mense. Selfs mense in die middelklas begin noustrop trek en met die stygende kostes vir mediese fondse met minder voordele, wend mense hul toenemend na staatsinstansies.

“Die instansies is nie voorbereid op die skielike toestroming nie en die meeste staatshospitale en klinieke sukkel reeds met hul huidige werklas. Die situasie in die baba-sale is veral kommerwekkend. Weens ʼn tekort aan personeel en behoorlike sterilisasie-toerusting, word pasgebore babas met bekertjies gevoed, aangesien personeel nie die tyd of toerusting het om bottels te steriliseer nie. Ouers word nie toegelaat om hul babas se eie bottels hospitaal toe te neem nie weens die risiko van kruisbesmetting in die sale,” het sy gesê.

Volgens De Lange kon baie van die probleme voorkom gewees het deur beter beplanning en bestuur op regeringsvlak. “In skrille teenstelling hiermee is dit opvallend dat byna al die hospitale se bestuurskantore pragtig en luuks oorgedoen is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Denelsha ·

Ter inligting: Voeding van babas met bekertjies het niks te doen met enige tekorte aan persoon of toerusting. Doen navorsing oor die Bors voeding vriendelike initatief wat al jare in Staats Hospitale aan die gang is.

rose ·

Dit is die simpelste ding wat ek nog gehoor het dat a baba uit. A bekertjie moet drink

Jaco ·

die maklikste maniere om ‘n bevolking te beheer is: hou hulle siek, hou hulle dom en hou hulle arm. dit verklaar ons land se swak staatsgesondheidsdienste, swak onderwys en stygende pryse van kos, petrol ens ens

Topster ·

Stem 100% saam Jaco maar kyk wat gebeur as die verkiesing kom dis nou waar daai dom weer inkom

Louise ·

Gesondheidsdieste is onder druk agv die hoeveelheid onwettige buitelanders wat na RSA stroom om gratis dienste te ontvang! Veral die voorgeboorte en baba/kinder dienste word misbruik. Hulle stroom oor ons grense baie laat in hulle swangerskappe en die druk word dan groter agv die komplikasies wat nie deur die swangerskap vroegtydig behandel was nie. ARV word ook dan gratis gegee aan almal wat positief toets in die swangerskap. Dis ‘n probleem wat eers gaan eindig as ons grense beter beheer word en voorkomende gesondheidsdienste weer ingestel word!

doring ·

so van staatshospitale gepraat.
gaan let maar op baragwanath se heup oorplantingslys van sept2015. kyk wife het heupoorplantings gekry wonder dat hulle op enige waglys was .gaan xstrale na en sien dat daar oorplantings gedoen was bloot om baantjies vir boeties hit the deel.

doytir ·

dis baie onregverdig dat mense wife hemelhoe mediese bonds bydraes betaal nog helse bydraes op behandeling end medisyne moet betaal on NGV of is dit ngs te befonds. as mense nie tevrede is met diens in staats instellings nie moet hulls self betaal of sonder gaan. niemand kan staak vandaliseer en verwoes vir die voorreg om te kan teer op geld wat ander mense voor gewerk het nie.

Siestog ·

Hulle het 21 jr (amper 22 jr) tyd gehad om voorsiening te maak. Maar ek stem saam oor die privaatsektor. Hulle kan 99.9 % van drs en privaat hospitale ondersoek. Ek kan ‘n paar skrikwekkende feite uitgee as ek wil, maar iemand herken my dalk net en ek verloor my werk !!

Liewe heksie ·

En bou n beter hospitaal vir n sekere nasie dan brand hulle dit weer af

Michael ·

Duitsland se staatshospitale is beter toegerus as Suid-Afrika se privaat hospitale en die rede is die staat betaal die rekening en wil dus die pasiënt so gou moontlik gesond kry en ontslaan .Suid-Afrika kan nie eers medies aan sy eie mense verskaf nie wat nog van die duisende immigrante wat oor die grense stroom,ons kort ‘n President soos Donald Trump.

Yvonne ·

Ja-nee, tenderpreneurs moet darem hulle werk gemaklik kan doen, vandaar die luukse kantore terwyl die ‘gepeupel’ maar in die gange van ons staatshospitale ‘n lêplekkie moet vind en geduldig moet wag om soos vee behandel te word. Die boere gaan seker nou sê hulle vee word beter behandel! Ek stry nie.

Maria van Dieweeck ·

Sonder hart
sonder siel
sonder gewete
sonder God,

My dierbare huishulp moes 5 dae lank met n dooie baba binne in haar le. Dis nou terwyl verpleegsters? gil en skree op kramende vrouens. Geen voedsel word verskaf nie. Ons het gaan dreig en die operasie is die middag gedoen. Die plek vrot. HERE help ons, ek het nie mediese fonds nie, dis te duur…

John ·

Die buitepasiente van staatshospitale is in krisis. Vir die siekes wag ‘n groot skok as hulle daar opdaag. Ek het groot simpatie met die dokters wat tussen die chaos deur die mense moet help. Hier is 60 miljoen mense in die land en die meeste het nie ‘n mediese fonds nie. Ek praat nie eers van die onwettige kansvatters nie. Miljarde word spandeer om sypaadjies 1 meter te skuif en vir maatjies miljoene te laat inrol maar baie van ons staatshospitale lyk soos iets uit die Siriese omgewing. Hoe kan iemand gesond word as hy heeltyd moet wonder wanneer die stukkende plafon op sy kop gaan val?

marianna ·

My man is in Feb. in ‘n staatshospitaal in Worcester in die Kaap provinsie op albei sy
oe geopereer en hy het fantastiese diens gekry. Die hospital is skoon en die susters en
Dr. is baie vriendelik en professioneel. Mens wag lank maar dit is te verstane, die hele ontvangs sit vol mense vroeg oggend maar teen 1 uur die middag is almal gehelp en dan wag jy by jou onderskeie afdelings.

Michael ·

Dit is die Weskaap redelike mense daar in beheer Gauteng maak maar jou eie gevolgtrekking

Grotman ·

geen staats hositaal is voorbereid op enige pasiente nie. Hulle is vuil en personeel rasisties. Jy het minder as 20 persent kaans om lewendig en gesond daar uit te kom.

Gesiggie ·

Dit is skokkend”’ wat gaan van ons mense word, wat nie n Mediese fond kan bekostig, want ons selaris is nie genoeg? nou moet mens maar teverede wees met sulke behandeling, omdat jy nie n medies het en gebruik moet maak van die Staat se hulp? Die Staats Hospitale gee nie om vir ons as arm Blankes.. Iemand sal moet ingruip.. dit gaan oor Omgee en behandeling.. daai verpleegsters en Dr word betaal… en as hul nie n Passie het vir hul werk? wat soek hul nog daar.. Stel meer ondersoek in.. gebruik die staat se geld( Hul het genoeg en Upgrade die Hospitale, sodat hul almal kan help.

Johannes Meintjes ·

Elke versuim van die regering en alle leierskap in SA sal toenemende gesondheidsprobleme by verarmende en gestresde gemeenskappe meebring, wat dan in elke geval ‘n toenemend-negatiewe en uitputtende las op regringsbronne en privaat instansies soos hospitale en klinieke sal meebring. Daarom moet daar nou lankal reeds minder politiek en meer regering in geregtigheid op alle vlakke en terreine in SA teweeg gebring word, – so voer ek onderling aan.

Oom Boer ·

@Marianna, hhhmm…..bly jy dink so en jy en jou man was maar net gelukkig. ‘n Staatshospitaal is ‘n vuil en stink plek, swak personeel met geen mense verhoudinge nie en behandel mense soos vuilgoed. Ek het ‘n ingeboude woede wat ek rondra oor Staatshospitale wat ek albei my ouers en broer verloor het met hul sleg, swak, geen omgee, traak-my-nie agtige dienslewering en is net daar om die getal vol te maak en salaris te kollek. Staats instansies is almal al van so gehalte van swak diens en korrupsie dat dit liewer alles moet privatiseer.

Estelle Coetzee ·

Wat nou gemaak as ons nie mediesefondse kan bekostig nie, en ons word siek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.