Staatshospitale skort nie-noodsaaklike operasies op

(Argieffoto: pixabay)

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hy het bykomende maatreëls getref om die verspreiding van Covid-19 te probeer stuit.

Alle nie-noodsaaklike operasies is gekanselleer en geskeduleerde operasies wat hoë sorg benodig moet uitgestel word om chirurgiese kapasiteit te behou, het die Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, Sondag gesê.

Die departement het ook al sy jaarlikse gesondheidsorgsaamtrekke opgeskort.

Die getal buite-pasiënte by staatsinstellings word verminder en pasiënte moet voortaan afsprake maak.

ʼn Afsonderlike afdeling vir pasiënte met verkouesimptome sal ingerig word en die dienste van Thuthuzela-gesondheidsorgsentrums word uitgebrei. Dié sentrums sal voortaan ook forensiese dienste verskaf, het Kekana gesê.

Die getal chroniese pasiënte wat aan die gesentraliseerde stelsel vir die uitgee van medisyne gekoppel is, sal verhoog word en pasiënte sal voortaan van medisyne vir drie maande voorsien word. Hulle sal ook herhalingsvoorskrifte vir ses maande ontvang.

Pasiënte word aangemoedig om die Pele-houers vir die afhaal van medisyne te gebruik. Met dié stelsel word medisyne in ʼn geslote houer gebêre en ʼn pasiënt sluit dit met ʼn spesifieke kode oop.

Kekana sê strenger beperkings op besoektye geld voortaan ook. “Slegs twee mense sal by ʼn pasiënt toegelaat word en die besoek mag nie 15 minute oorskry nie.”

Die nuwe regulasies het die afgelope week reeds in werking getree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Faraway ·

Wow . . . kan ons nie uit hierdie noodsituasie met die nuwe dringende maatreels sommer leer dat dit n permanente verbetering in ons Staats hospitale se stelsel kan bewerkstellig nie?
Om pasiente voortaan van 3 maande se medisyne te voorsien gaan mos n enorme positiewe effek op beide partye hê! Dit gaan meebring dat mense minder siek word want minder gaan mekaar kan aansteek wat daar sit en wag en dis ook minder ongerief vir al die Staats pasiente! Vir die werkers gaan dit n mindere las meebring wat kan maak dat hulle meer produktief kan werk.

President , ek dink daars duisende Suid Afrikaners wat kan baatvind by van die reëls wat tans afgedwing word , selfs die drank verkope se ure wat ingekort word gaan mense se lewens spaar of ons dit wil glo al dan nie. Mag ons regering nou besef dat hulle die reg en mag het om reëls neer te lê en basta met die res , pas dit asseblief ook toe in ons regstelsel sodat misdadiders WEET dis hulle voorland.

Anoniem ·

Faraway, hierdie drankverkope reel het gegeld in die Apartheidsjare en daar was geen drankwinkel oop ‘n ‘n Sondag nie en kroee het om 10:00 in die aand toegemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.