‘Staatskapers’ verskyn op ANC se kandidatelys

Ace Magashule (voor). Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die ANC loop onder hewige kritiek deur oor die insluiting van Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba, Mosebenzi Zwane en Nomvula Mokonyane op die party se kandidatelys vir die Nasionale Vergadering in die algemene verkiesing op 8 Mei.

“Jy praat van mense wat nooit aangekla is nie. Hoekom wil jy mense uitsonder omdat hulle in die media genoem word? Hoekom respekteer jy nie die universele beginsel [van onskuldig tot skuldig bewys] nie?” het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag vir die vier probeer skerm toe joernaliste hom met vrae gepeper het.

Die vier kandidate word almal by staatskaping betrek. Pres. Cyril Ramaphosa is ook al verskeie kere versoek om Dlamini en Mokonyane in die pad te steek.

Malusi Gigaba die minister van binnelandse sake. Foto: Cindy Waxa/ANA

Gigaba het in November as minister van binnelandse sake bedank nadat die openbare beskermer in ʼn verdoemende verslag bevind het hy het die Grondwet én die kabinet se etiese kode oortree nadat hy onder eed gelieg het. ʼn Video van ʼn seksuele aard van Gigaba het ook kort hierna aan die lig gekom.

Dlamini, oudminister van maatskaplike ontwikkeling en tans minister van vroue in die presidensie, is deur die konstitusionele hof beveel om 20% van die regskoste van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) te betaal wat verband hou met die maatskaplike toelae-debakel.

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-hoofbedryfsbeampte, het verdoemende bewerings teen Mokonyane, minister van omgewingsake, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak. Hy het Mokonyane daarvan beskuldig dat sy omkoopgeld van die maatskappy ontvang het om die toekenning van tenders aan Bosasa te verseker.

Zwane is die voormalige minister van minerale bronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Snowball ·

Nuwe ringmeester, maar dieselfde ou ANC sirkus, met dieselfde moeg geploegde toertjies…. ?

KrokodilBotha ·

Wel ons weet mos wat is meeste ministers se geskiedenis. Wat verwag mens dan stroop en blommetjies ? Die sirkus moet aangaan.

Db ·

En so sal die spul weer vir die ANC stem maak nie saak wie benoem word nie. Hulle is mos almal boeties en sussies dit is daaroor dat hulle so hand op die blaas is met mekaar. Gelukkig weet ek wie my familielede is

Neels ·

Die korruptenare het nog nie klaar ontein wat hulle nie toekom nie en CR is maar net n pion in die korruptenare se spel. Hulle verstaan nie daar is n tyd om te kom en ntyd om te gaan nie. Solank as wat daar nog sous is sal hulle ry

Henning ·

Ek gril my morsdood en het ‘n weersin daarin elke keer as ek op hierdie tipe berigte klik.

Henning ·

En om te dink Mokonyane is as bewaker van ons omgewing aangestel, veral as in gedagte gehou word dat sy moet ook omsien dat stroping van olifante vir hul tande, renosters vir hul horings stop gesit word en dan ontbreek die gewilligheid ook om geblikte leeujag hok te slaan. Dan vra ek, as sy die omgewing versaak, waarom het Cyril haar dan aangestel, hy wat self ‘n bees- en wildboer is, sal mens dink. sou meer begrip toon van wat dit verg om die minister van Omgewingsake te wees. Maar duidelik is sy begrip van wat die woord Kader beteken beter.

Henning ·

En om te dink Mokonyane is as bewaker van ons omgewing aangestel, veral as in gedagte gehou word dat sy moet ook omsien dat stroping van olifante vir hul tande, renosters vir hul horings stop gesit word en dan ontbreek die gewilligheid ook om geblikte leeujag hok te slaan. Dan vra ek, as sy die omgewing versaak, waarom het Cyril haar dan aangestel, hy wat self ‘n bees- en wildboer is, sal mens dink, sou meer begrip toon van wat dit verg om die minister van Omgewingsake te wees. Maar duidelik is sy begrip van wat die woord Kader beteken beter.

JohanL ·

Ja Magashoele – die universele beginsel van onskuldig tot skuldig bewys is geld vir julle. Julle sing altyd daai deuntjie – behalwe……………… as dit ‘n blanke is wat aanklagte in die gesig staar. Vra maar die Schweizer-Reneke onderwyseres. Julle ANC se dubbelle standaarde laat my naar word.

jakes ·

Daar sal in elk geval geen vervolging van ANC korruptes kom nie want JZ het n paar dae terug getweet dat indien hy vervolg sou word dat n hele blik wurms oopgemaak sal word. Hulle is almal bang, insluitend CR want die spul is dieselfde in elke opsig.

Sanet ·

Netso Jakes…dié oud kaders,weet té veel!
En hulle weet dit en sal soos goud hanteer word…

Sanet ·

Ennn…die een nar is net nog beter as die ander nar…die sirkusdeur is oop OMW❗
Hier gaat ons alweer ?

Dries du Toit ·

Sanet van wie praat jy. Wie is die narre nou ?? . Is dit weer die VF+ ??

Salomé ·

Dries,ek verstaan nou gladnie jou kommentaar nie?
Wie het van die VF+ gepraat?
Jy is totaal van die onderwerp af

Sê net ·

Bwhahahaha, bwhahahaha, skuus ek kan nie help om te lag nie. Niks het verander nie.

Johann ·

Onaantasbaar. Ter wille van myself ennmy ANC kaders, ten koste van wie en wat ook al in my pad kom. ANC LEGACY!!!!!

Nelia van Zyl ·

Mnr Magashule, hoe onderskat u die publiek se intelligensie so? Wanneer gaan u verstaan dat die volk misdaadvoos is? Ons hoef nie te wag om te hoor ‘n hof sê hierdie mense is skuldig nie. Ons wéét uit hulle optrede en oneerlikheid hulle is skuldig. En die ANC , Mnr Magashule, het ‘n onbetroubare rampokkerbende geword.

Robert ·

Dlamini en Gigaba is bevind deur ‘n regter dat hulle onder eed gelieg het so dan is hulle skuldig wat meer soek jy, as jy nie ‘n ‘crook” is nie kan jy nie in die ANC dien nie.

Robert ·

Om met die ANC te redeneer is soos om ‘n emmer te probeer optel en jy staan binne in.

jaco ·

ALLE parlementslede van ALLE politieke partye se salaris is meer as R1 miljoen per jaar. daarby kom n onthaaltoelae en n petroltoelae. hulle kan ook verniet vlieg. Met daardie reusagtige packet, is hulle eintlik maar ALMAL skuldig aan staatskaping. waarom moet dit so baie wees? R500 000 per jaar sal mos ook werk.

J ·

ANC het nog nie klaar geplunder nie, Probleem is, as een skuldig bevind word en praat, sal daar bittermin van die hele lys name oorbly, 95% van die wat stadsrade en diesmeer sit van ANC sal dan ook moet gaan, daarom sal daar niks van staatskaping of enige iets kom nie, want skuldig dal hulle ook nooit bevind word nie, regstelsel ook lankal in hulle sak

Rocketman ·

Jy mag nie n passasiersvliegtuig met n lisensie vir vragvliegtuie vlieg nie. Jy kan egter n president van die land wees, sonder enige skoolopleiding! Niemand word skuldig bevind nie, so hoe kan iemand skuldig wees? En die wereld lag al meer .

Tarzan ·

Die karakter van hierdie manne helder soos daglig…. Hulle is tevrede…..
Julle (minderheid) is ontevrede….. En hulle sê…. sluk n chll pilllll….

Basjan ·

@fred, kan jy vir my die term “rampokkery” omskryf, asseblief?

Maljan ·

Verbaas my ou zuma kan tweet. Miskien doen iemand dit namens hom. Wie weet, dalk nog sy knapie, malema homself. As hy seker sy blik wurms oopmaak, gaan dit alles maaiers wees. Wha ha ha ha ha ha ha! Dan gaan ons sien hoe vlokkie mahala voete gewas het vir moorde way in eie geledere plaasgevind het.

Barries ·

Ace jy moet dit se, want Jyt self dik geld gemaak saam die Zuptas. Pasop! Terwyl julle hooggeplaastes baklei oor wie die grootste moet skep, is voetsoldate besig om die skip te verlaat…BTW dit sal my glad nie verbaas as ons nuwe president NDZ of David Mabuza gaan wees nie. Dat Cyril nie die blatante plunderaars kan boelie nie, laat my wonner of hy nou eintlik in tjaarts is.

Gert van Wierdapark ·

As jou uitgelese naam lekker hoog op die LYS is, is jy veilig verby! Jy is verseker virseker van ‘n Huisie by die A en See!

hendrik ·

Hulle kan mos nie konkel met eerlike mense nie. En hulle dink ons weet dit nie, Jislaaik!!!

SjN ·

Ek dink dit is tyd dat Ace en van sy kaders se ys moet smelt en verdwyn.

Chris ·

Hier bewys hul net weer dat korrupsie een van die goue sleutels tot verhoging in aansien is in die ANC geledere. Hoe meer korrup jy is hoe beter, dis hul motto. Jammer die kiesers kan dit nie insien nie. Belowe hul die son, maan en sterre, gee hul ‘n t-hemp en ‘n kep dan stem hul vir jou, maak nie saak hoe groot liegbek jy is nie.

piper ·

nie een is skuldig gevind nie omdat nie van hulle aangekla is nie.

Robert ·

Natuurlik is hulle aangekla, hulle moes voor ‘n komittee verskyn

Chris ·

Hier bewys hul net weer dat korrupsie een van die goue sleutels tot verhoging in aansien is in die ANC geledere. Hoe meer korrup jy is hoe beter, dis hul motto. Jammer die kiesers kan dit nie insien nie. Belowe hul die son, maan en sterre, gee hul ‘n t-hemp en ‘n kep dan stem hul vir jou, maak nie saak hoe groot liegbek jy is nie. Daar is altyd apartheid om op terug te val wanneer daar verduidelikings gegee moet word oor hoekom die ekonomie daarmee heen is, infrastrukture nie meer bestaan nie, staatshospitale so pateties is, ens, ens… En almal se groot dryfkrag stembusse toe grondonteiening, dis soos om ‘n wortel voor ‘n donkie se neus te hou. Al hierdie partye maak my naar met al hul leë beloftes.

Jerry ·

Die staatskapers het die staat in opdrag van die ANC gekaap ten einde alle staatsinstansies eers van bo na onder deur staatskapers te beset, wit monopolie te breek en deur die ANC te beheer. Diegene wat ontslaan word kry goue handdrukke en word bloot deur staatskaping goedgesinde kaders vervang. Staatskapers se dade van selfverryking is in lyn met ANC sosialistiese strategiese denke en staatskapers is die revolusionere helde en die wat wel suksesvol vervolg sal word, sal as die slagoffers en martelaars vir die ANC uitgebeeld word. Die ANC se meesterplan is om teenrevolusioneres te mislei en stelselmatig te kondisioneer vir verandering na n meer sosialistiese staatsbestel. Die ANC het vir Zuma die masker opgesit van die rol wat hy moes speel ten einde die klimaat te kon skep vir die veranderinge wat CR met n ander masker op vir dieselfde ANC moet implementeer! Hierdie vier ANC staatskapers wat op die ANC lys verskyn is n tekende bewys dat hulle in opdrag van die ANC staatskaping uitgevoer het en dat die ANC hulle met mag en mening sal verdedig en vergoed. Nomvula Mokonyane word onder die revolusioneres gereken as n toekomstige president van die ANC. Die ANC wat in Luthuli huis sit is die ANC, wie Suid Afrikaners en die buiteland so meesterlik mislei dat nie eers hulle eie mense hulle kan vertrou nie! Ten spyte daarvan dat daar gereeld iets skeef loop wat die misleiding ontbloot, staan nie net gewone SuidAfrikaners magteloos daarteenoor nie, maar ook opposisiepartye!

Emma ·

Dit wys jou die anc kan se wat hulle wil daar gaan geen verandering wees nie speel die ou deuntjie tot hulle hopelik miskien n verkiesing kan verloor ek hoop net die meerderheid se oe gaan oop.

Diana ·

So per implikasie se ace ( wat self nie skoon is nie) dat almal op die lys korrup is deur te se die 4 kan nie uitgesonder word nie?
Dankie ys maar ons weet dit reeds!

Slim Jan ·

Een van hulle het getweet dat daar net 5 op die lys is wat onbesproke (skoon) is….. hulle kan nie nou bekostig om te diskrimineer nie.

John ·

En nou wil die onderdrukte cum uitgedrukte wittes weer soos soet kinders vir ure in rye wag om ‘bloed te skenk’ vir die bosluise terwyl ou ooms met staatgebonde armpies die terugslaanwerk doen… in diè nie-demokrasie? Al wat leef en beef wil ook na jare se gesmeek, gevry halsoorkop met ontsoute Kaapse drubbelwatertjies as stoere
Afrikaners herdoop word… met die prediker, soos van oudsher uit de Nederlanden, onder bewaring natuurlik, om die okàsie in hooghollands, hoogdrawend deur die drif te druk.
En dan kan al wat bangbroeke, kortbroeke en ooms met gewigte en teengewigte, in hul speedo’s, afwagtend langs die onderlaaier, aftree-huise op die vlaktes in hul eie eie eie konsentrasie-kompanje bou onder lyding van die liewe nuwe goewerneur Harry de K terwyl hul vir rus en vrede koes vir die buurtwag-gifpyle… Prost!

JohanL ·

John, LOL LOL jy moes ‘n skrywer geword het – skrywer van snert.

Pieter ·

Natuurlik gaan hulle almal net weer vir die ANC stem, wanneer gaan witmense leer om nie vir die mense geld en hulp te gee nie. Hulle stem vir `n regering om hulle te support nie ons nie.

Clipper ·

Net maar weer ‘n bewys dat die anc tot in die murg korrup is en nooit sal verander nie

Alan ·

“Doing the same thing over and expecting a different result” Hoe gaan dit beter raak met die selfde mense wat niks kon verander in meer as 20 jaar nie.

aj ·

As die meeste kiesers KRIMINELE is, dan moet daar mos KRIMINELE op die ANC se lyste ook wees …. om voor te stem!

Dis demokrasie!

Eerlike regeringsverteenwoordigers sal nie die kriminele kiesers se belange bevorder nie.

…. ‘a la Afrika’!

Die Skim ·

My-se-ma het daai ding ook gesê.
Waarvoor ons iets anders verwag of in vooruitsig stel slaan my soms dronk.
Pas jou verwagting aan by die mees waarskynlikste om teleurstelling te vermy.

Linda ·

Waarom kla julle, dis alom bekend dat almal sop uit dieselfde pot uit drink !!

Dries du Toit ·

Ons gaan hier tekere oor n paar korruptes wat op die lys van die ANC is. Ek kan jou verseker daai lys is vrot van die korruptes. Dan is korrupsie ook nie net in die nasionale regering nie maar in die provinsiale en munisipale regering. Praat nie eens van staatsamptenare in staatsentiteite nie. Ons is regtig baie diep in die moeilikheid mense. Ons kan nie kanse vat om vir enige party wat bereid is om koalisies met die ANC of Die EFF aan te gaan nie. Asb steun die party wat jou christelike beginsels en normes verwoord.

Salamander ·

Dit lyk eerder na ‘n lys van verdagtes, nie ‘n lys van kandidate nie.

Roeks Griessel ·

Goeie ding, ek het lanklaas in my lewe gesien hoe ver mense sal gaan om hulle self te vernietig. Die ANC is sy grootste eie vyand. Solank hulle die pad neem hoe beter vir almal. Dit is nie meer lank nie dan is die ANC deel van die Apartheids Museum.

Salomé ·

Dries,ek verstaan nou gladnie jou kommentaar nie?
Wie het van die VF+ gepraat?
Jy is totaal van die onderwerp af

George in Bloem ·

Die narre in die sirkus word net al hoe meer en die “gravytrain” se rekening net al hoe groter. Lekker man lekker. Kom ons Viva! lekker almal saam. Wat ‘n korrupte onbevoegde patetiese klug. Die grootste grap op aarde die spul.

Oom Willem ·

Sal net graag wil weet waar gaan die anc enigiemand kry om op die kandidate lys te sit wat nie korrup is nie. Maak nie saak wie nie, almal is dieselfde.

Riaan ·

@Salome
Ek dink jy het weereens jou lyne gekruis? Dries praat nie van VF nie maar da wat EFF koalisie het en korrupsie in munisipale regering (Pta)

Sanet ·

Kyk maar net onder my naam Riaan, jy sal jou oom driesie daar vind,wat uit die bus uitval ?

Neef ·

Ek dink Dries het n crush op Sanet.Ek het gister op ander artikels ook sy snedige opmerkings en kommentare op haar poste gesien wat sy pos

GRIET ·

Nugter weet wat Dries en Riaan hier soek behalwe skoor met DAMES want hulle is te bang vir die MANNE en negatiewe insette?

Riaan ·

Don’t flatter yourself!

Ek twyfel sterk of julle dames is soos julle aangaan. Dit is meer ‘n geval dat ek reageer op ooglopende oningeligte en/ of ongevraagde persoonlike kommentaar!

Neef ·

Riaan,jys n verleentheid vir ons manne.
Gedra jou asb en hou by die onderwerp

Neef ·

Verseker meer as jy,Riaan wat twak praat en jou verlustig om vroue aan te vat en van die onderwerp af te dwaal,word groot toe.
Jy is ñ tipiese sosiale media boelie,sies man!

Sê maar net ·

En dan moet ons minderheid blankes wat in baie groot moeilikheid is met die anc se korrupte besluite,nog sowaar onder mekaar veg en mekaar slegsê,wat n skande ene Riaan, jyself veg sekerlik onder hele paar ander skuilname, skaam jou

riaan ·

@Neef en Se maar net

Julle dubbele standaarde is verbysterend. Wie gee julle die reg om as sede bewakers op te tree? Regte tweegesigte wat daarvan hou om uit te deel maar dit nie kan vat as julle aan die ontvang kant is nie!
Julle het seker geen meningsvolle bydrae te maak nie daarom probeer julle ander afkraak. Pateties. As dit te warm raak vir julle gaan terug na julle hekel of brei klub toe.

GRIET ·

Dis net onbeskryflik,waarmee die ANC en EFF mee blatant wegkom!
Ons het werklik rede tot kommer hier aan die Suidpunt van Afrika.

Eunice ·

Die euwel van korrupsie is Sa se ondergang en ons minderhede se kans is so te sê nul,as ons nie vinnig gaan leer om ook SAAM TE STAAN AS Ñ EENHEID nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.