Staatskaping: ANC se ‘vertraagde’ optrede was ’n fout

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die tweede dag van sy getuienis voor die Zondo-kommissie. (Foto: Kim Ludbrook/AFP)

Ondanks ʼn oorvloed bewerings en later ook bewyse, het die ANC steeds jare lank getalm om in te gryp by staatskaping, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag, op die tweede dag van sy verskyning voor die Zondo-kommissie, toegegee.

“Ons het die bal laat val, ek sal dit toegee,” het Ramaphosa in sy hoedanigheid as president van die ANC gesê.

“Agterna beskou sal ons almal nou saamstem ons begrip en interpretasie van ʼn hele klomp goed is in daardie stadium deur gebeure verblind.”

Ramaphosa het gereageer op vrae van adv. Alec Freund SC, getuienisleier, dat daar honderde nuusberigte was oor beweerde staatskaping en die omstrede Gupta-familie se beweerde invloed oor onder meer die aanstelling van ministers, adjunkministers of voorsitters van staatsbeheerde ondernemings.

Ramaphosa het gesê indien die bewerings wel waar is, sou dit vir seker neerkom op ʼn ondermyning van die grondwetlike bestel. Volgens die president het die e-posse wat bekend staan as die sogenaamde “Gupta-leaks” jare later veel meer lig gewerp op die bewerings.

Ramaphosa het hierna die media, wat hy as ongelooflik en patrioties bestempel het, geloof vir die rol wat hulle gespeel het om bewerings van staatskaping deurlopend aan die groot klok te hang.

Freund het aan Ramaphosa gesê selfs nadat min. Fikile Mbalula destyds aangevoer het die Guptas het aan hom gesê hy sal in ʼn ministerspos aangestel word, was daar oënskynlik steeds nie te veel kommer daaroor in die ANC nie.

“In daardie stadium, en as jy nou terugkyk, het dit nie die kommer veroorsaak wat dit moes nie. Dít sal ek toegee. Jy wil jouself skop en sê dít was tekens waarna ons moes oplet. Die ligte het geflikker en ons moes waaksaam gewees het,” het Ramaphosa getuig.

Freund het ook verwys na destydse adj.min. Mcebisi Jonas se openbare verklaring dat hy as minister van finansies aangestel sal word as hy die Guptas se opdragte uitvoer.

Ramaphosa het hierop geantwoord dat hy persoonlik nie getwyfel het aan die geloofwaardigheid van Jonas se stelling nie. Volgens hom wou die ANC deur sy interne partystrukture agter die kap van die byl kom, hoewel dit nie noodwendig beteken dat ʼn ander instelling nie beter ondersoek sou kon instel nie.

Ramaphosa het getuig die party het egter besef daar is beperkings op wat hy kan doen.

Freund het dit aan Ramaphosa gestel: Toe Natasha Mazzone, destyds die DA se skaduminister oor openbare ondernemings, gevra het dat ʼn parlementêre komitee ʼn omvattende ondersoek doen na die kaping van staatsbeheerde ondernemings, is die voorstel op aandrang van ANC-LP’s verwerp.

Ramaphosa het toegegee dat dit ʼn oordeelsfout was, maar bygevoeg dat dit wel later “reggestel” is.

Freund het ook aan Ramaphosa gesê sowat ʼn week ná Mazzone se versoek, het die ANC dit in ʼn verklaring bestempel as “waansinnig”, “belaglik” en “opportunisties”.

“Was dit betreurenswaardig?” het Freund aan Ramaphosa gevra.

“Die een ding waarvoor ʼn mens dankbaar moet wees, is dat Suid-Afrika se demokrasie, al is dit jonk, groei en volwassenheid bereik,” was Ramaphosa se antwoord.

Pleks van ʼn parlementêre ondersoek, het die ANC voorgestel dat mense die party, die polisie of hoofstuk 9-instellings nader met bewyse oor beweerde staatskaping.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Ramaphosa ook gevra waarom die ANC en die parlement eers jare ná die Waterkloof-landing in 2013 – toe vriende en familie van die Guptas by die lugmagbasis geland het – oënskynlik iets daaromtrent begin doen het.

“Dit lyk of daar ʼn vertraging was wat moeilik is om te aanvaar,” het Zondo gesê.

Zondo het aan Ramaphosa gesê indien die ANC en die parlement se portefeuljekomitees vroeër opgetree het, sou “van die skade wat intussen aangerig is, voorkom kon word”.

“Ek het vroeër gesê ek is nie hier om verskonings te maak nie en ek het ook gesê ek is nie hier om die onverdedigbare te verdedig nie. Ja, jy is absoluut reg deur te sê die vertraagde reaksie hierop was nie die regte manier om die situasie te hanteer nie. En ek sal dit toegee,” het Ramaphosa geantwoord.

Volgens die president het talle in die ANC, nes in ander dele van die samelewing, die verskynsel van staatskaping betwis, maar die party het nou die punt bereik waar die meerderheid van die ANC-lede saamstem dat staatskaping nie in die maatskaplike en ekonomiese belang van die land is nie én probleme soos verdeeldheid in die ANC veroorsaak.

“Wat goed is, is dat ons nou hier is,” het Ramaphosa gesê.

“Die vertraging het nie ons land gedien nie. Ons is hier om regstellende maatreëls in te stel.”

Ramaphosa het herhaal dat daar ʼn enorme “stelselmislukking” was en dat ʼn nuwe roete nodig is om die foute van die verlede reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Werner ·

En hulle en veral die hoof leier word vertraagder by die dag

Madz ·

Die hoof-opskif slaan daai spyker OP die KOP!!! “Vertraagde Optrede” in MEER as een sin…..

Misky ·

Die ligte flikker alweer Mr. Ramamparra…. moenie 10 jaar later weer jouselfde woorde herhaal en sê ons “moes” nie

RB ·

Daar is net een werkbare regstellende maatreël –
Staan terug!! Ja, jy en die hele party.
Gee die leisels oor aan n party wat meer bevoeg is. (Ek is nie eens seker dat ons so party hèt nie. Elkeen wil koning kraai op sy eie mishoop.)

Dit sal egter nooit ooit gebeur nie!!
Dus sal van hierdie kommissie se werksaamhede ook dadels kom.

koos ·

Vertraagde optrede wat pas by ‘n vertraagde politieke party.

Cd ·

Hy noem dit n stelselmislukking-eerder n A N C mislukking, n totale ineenstorting van n regeringstelsel wat funksioneel was.

Sambok ·

Bal laat val-Ga,hulle kan nie eens sokker speel nie,het in werklikheid nooit die bal gehad nie

JohanR ·

In enige ander land in die wereld sou julle as ‘n regering nou bedank het, en ‘n verkiessing gehou het. Do the honourble thing!

Johanncb ·

Anders as baie wat getuig, het ons President minstens die mannemoed om die ANC se foute te erken! Baie dankie daarvoor! Vraag is, wat gaan u nou daadwerklik daaraan doen? Gaan ons veranderings sien plaasvind? Gaan skukdiges aan die pen ry?

jzjz05 ·

Ramaposa en sy ANC is nog steeds verblind en glo om teen wit en minderheede te diskrimineer hy van suid Afrika n beter plek gaan maak,nou het hy baie verskoonings en steeds sien hy nog nie die lig wat voor hom op gaan nie.

Herman ·

Ons moes, ons wou,ons sou, ons kon . maar ons het die bal laat val. hahahahaha

Michael ·

Hy het toegegee dat die ANC nie in staat is om met geld te werk. Hy kan nou baie daarooor kla. Hy moet nou handel en klaarkry. Anderde is dit net bla bla.

Mariana ·

En terwyl hy dit sê is een van sy ministers reeds weer besig om geld te blaas en die res steeds besig om iewers met belastinggeld hul beursies vol te maak. Die ANC kan nie vertrou word nie, oor en oor bewys.

Jakkie ·

Ek wil graag ‘n voorspelling maak. Ek sien hier kom ‘n nuwe party. As ek so kyk na die uitlatings van Neil de Beer so ‘n rukterug teen oor die ANC en wat hy nou kwyt raak, sien ek rooi ligte. Hy en die Pres. praat nou uit een mond, maak die ANC sleg, stig ‘n nuwe party en koop sodoede die mense oor om dan vir die heros te stem. Ek sal nie verbaas wees as die Ruperts en die Oppenheimers ook agter die ding sit nie. Dit is maar net wat ek dink, kom ons kyk wat gebeur.

Martie Smartie ·

CR het in wese erken hy het ‘n misdaad gepleeg. Itv die POCA Wet v 1998 (Wet 121/1998) moet mense in ‘n gesagsposisie suspisies van korrupsie en brdrog/diefstal bo R100 000 aanmeld by die SAPD. Verder ook, mense in daardie posisies wat redelikwerwys moes geweet het of kennis gehad het moet dit ook aanmeld. CR erken dat hy in sy posisie redelikwerwys moes geweet het van korrupsie ind ie ANC. Hy het dit nie aangemeld nie. Dis n misdryf. So, Solidariteit, Afriforum, DA gaan julle klagtes le teen hom nou dat hy dit reguit erken het? Ons wag in spanning.

annie ·

… as enigeen nog respek vir CR se etiese redenasies het… Eintlik moet regter Zondo maar ‘n kursus in priesterskap loop. Jy’s vergewe kader… volgende… Nog snesies asseblief kaderina… van die Made in Sous-Africa-soort…

Nie Verbaas ·

ANC het nog nooit die bal in hul hande gehad nie so kon dit nie laat val het nie . Van dag een af korrup.

Francois ·

Enigste roete is bedank as president en laat n nuwe party regeer. Al wat ons hoor dit is aparteit se skuld. Bull. Dit is die ANC se skuld en om nou voor te gee hulle gaan dit regmaak is leuns. Oor 10 jaar gaan ons terug kyk en steeds se ons moes dit reggestel het daai tyd. Ramaposa koop net party politiek nou

Jerry ·

So wat nou, gaan daar opgetree word of is die maar weer net ” smoke and mirrors”

Tiptol ·

Suid-Afrika, demokrasie en volwasse. Pas definitief nie in een sin nie.

Jack ·

As jy skuldig pleit en om verskoning vra dan gaan die blaam by jou verby. Dis ons land se wetgewing. Hou maar dop.

Anoniem ·

Hiervan gaan daar ABSOLUUT niks kom nie….!!!!!!!!! Ramaphosa gaan alles onder die mat probeer invee!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.