Staatskaping: DA wil weet wie is 12 ANC-getuies

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die Demokratiese Alliansie het die kommissie van ondersoek na staatskaping versoek om te bevestig dat senior beamptes van die ANC, insluitend pres. Cyril Ramaphosa en oudpres. Jacob Zuma, geroep sal word om te getuig.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Donderdag gesê die party se klagtes teen al 12 die ANC-lede is ʼn saak van openbare rekord en dit moet deeglik ondersoek word. “Gegewe die feit dat die inligting reeds in die openbare domein is, is hul getuienis belangrik om die kommissie toe te laat om sy mandaat te vervul.”

Buiten Ramaphosa en Zuma, wil die DA ook getuienis hoor van Gwede Mantashe (minister van minerale hulpbronne), asook Jessie Duarte, Mosebenzi Zwane, Malusi Gigaba, Des van Rooyen, Lynne Brown, Tom Moyane, Arthur Fraser, David Mahlobo en David Mabuza.

Maimane het gesê getuienis wat die kommissie tot dusver aangehoor het, het dit duidelik gemaak dat die ANC bewus was daarvan dat staatskaping besig is om te gebeur en “absoluut niks gedoen het om dit te stop nie”.

“Mantashe en Duarte is Dinsdag geïmpliseer in getuienis namens Standard Bank, terwyl mede-ANC-topseslid en adjunkpresident David Mabuza al drie jaar agterstallig is om inligting openbaar te maak oor sy reis in 2015 na Moskou op ʼn Gupta-vliegtuig toe hy die premier van Mpumalanga was.”

Die omstrede Gupta-familie word daarvan beskuldig dat hulle hul persoonlike bande met Zuma misbruik het om onregmatig invloed uit te oefen op die regering en staatsbeheerde organisasies.

Die kommissie het versoek dat Zuma ʼn beëdigde verklaring moet indien, maar dit is nog nie duidelik of hy in persoon sal getuig nie.

“Daar is nog steeds nie enige aanspreeklikheid ná die Guptas honderde miljoene rand, wat geoormerk was vir die Estina-suiwelprojek, self ingewin het nie,” het Maimane gesê. “Voormalige minister van minerale hulpbronne Mosebenzi Zwane moet getuig oor sy betrokkenheid in dié grootskaalse plundery.”

Maimane het gesê die ANC moet aanspreeklikheid aanvaar vir sy rol in staatskaping en sy senior leierskap moet voor die kommissie getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna ·

Die kas met wurms gaan hopelik nou oopgemaak word. Mag die skuldiges aan die man gebring word en die koppe uiteindelik rol. Die korruptes kan nie vir ewig met hul toesmeerdery wegkom nie! Genoeg is waaragtig genoeg.

Wilma ·

Zuma n beedigde verklaring afle. Hu leka lag ek nou. Kan nooit glo wat hy se.

Charles ·

Wat sal gebeur as die Staatskaping saak klaar ondersoek is, gaan die skuldiges aan die pen ry of gaan die korrupte ondersoekers dit ook onder die mat in vee. Die hele ANC is korrup. Ek glo niks gaan gebeur nie..

marco polo ·

Dis net praat, praat, praat en die kommissie gaan weer miljoene kos, sonder dat daar enige iets van gaan kom. Wie gaan diegene wat geimpliseer word vervolg? Die tandelose Hawks en NVG? Daar is al soveel bewyse op die tafel gesit, maat nog niks het gebeur nie.

Willie ·

Die probleem is, die wurms is omtrent al die top betuur van die ANC, almal se hand was en is, in die koekie jar… Strategies is die korrup en bevoeg in poste gesit wat wet en orde moet handhaaf.. n vis vrot van die kop se kant af…

John ·

Wie het die voorsitter vaan die kommissie aangestel? Daar is duidelik woede aan die broei teen CR wat Sjina voorstaan en Zuma met sy Indiese cronies. Scramble for Africa som die’ stuk aarde se geskiedenis mooi op. Die Weste is uitgesuig en nou volg die Ooste. Ace verwys steeds na Zuma as president. CR gaan dieselfde paadjie as Trollip stap. ‘Wee die land…’

ap ·

presies ons weet nou hoekom daar aangedring was op swart bestuur , almal het geskep

Andre ·

Ek het dit al voorheen gese aen gaan dit weer se, die helle kommisie is n grap. Elke dag word die bevindinge van die kommisie bekend gemaak dan antwoord die wat skuldig is deur die media te gebruik. Hoe gaan al hierdie beweringe en bevindings ooit as bewyse gebruik word om die lot skelms wettig aan te kla en skuldig bevind. Soos die Gupta broer wat nou kwansuis bewyse het dat hy nie daar was met die onderhandelinge met Mcebisi Jonas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.