
Pres. Cyril Ramaphosa by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)
Die presidensie sal na verwagting later vandag formeel die derde volume van die verslag van die geregtelike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping, Korrupsie en Bedrog in die Staatsdiens, ontvang.
Die presidensie sal dié deel van die verslag publiseer kort ná dit aan die direkteur-generaal in die presidensie, Phindile Baleni, oorhandig is. Die sekretaris van die kommissie, prof. Itumeleng Mosala, sal die verslag omstreeks 17:30 aan Baleni oorhandig. Die verslag sal na verwagting teen 19:00 vrygestel word.
Die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, het die eerste deel van die verslag op 4 Januarie 2022 aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. Die tweede volume is op 1 Februarie 2022 aan die presidensie oorhandig.
Die Pretoriase hooggeregshof het onlangs twee maande (tot die einde van April 2022) uitstel vir die kommissie gegee om sy werk af te handel.
Die hooggeregshof het gevolglik ook uitstel van vier maande van die ontvangs van die finale deel van die verslag vir die president gegee om ʼn implementeringsplan aan die parlement voor te lê in reaksie op die bevindings van die verslag.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Kom ons kyk of ons president murg in sy pype het en of hy net ‘n leë blik is…
Dieselfde ou stories dag na dag , hulle het deel gehad aan die kaping , hoekom het hy geen poging aangewend as adjunk president nie .
Wil jy vir my se hy niks geweet het nie ?.
Hulle het klaar die land verwoes.