Staatskaping: Dís wanneer Zuma moet getuig

Voorsitter van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping, adjunkhoofregter Raymond Zondo (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping het minstens vyf dae in Julie geskeduleer wanneer oudpres. Jacob Zuma voor die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo moet getuig.

Die kommissie het gesê hy is al sedert 30 April met Zuma se prokureurs in gesprek en Zuma tevergeefs versoek om skriftelik te onderneem dat hy voor die kommissie sal verskyn. Zuma het die kommissie versoek om ʼn lys van vrae aan hom te stuur wat hy in die getuiebank sal moet beantwoord.

“Kragtens reël 2.1 en in reaksie op medianavrae, bevestig die kommissie dat 15 tot 19 Julie 2019 geskeduleer is vir die voormalige president, mnr. Jacob Zuma, om sy kant van die saak te stel voor die kommissie, in reaksie op verklarings en getuienis van sekere getuies, insluitend mnr. Themba Maseko, me. Vytjie Mentor, mnr. Nhlanhla Nene, mnr. Pravin Gordhan, me. Barbara Hogan, mnr. Ramathlodi, mnr. Fikile Mbalula en mnr. Muofhe en om vrae te beantwoord wat aan hom gestel word.”

Die kommissie het gesê Zuma is nie geregtig daarop om die vrae voor die tyd te ontvang nie.

“Die kommissie is van mening dat dit wat hy gehoor het, genoeg is, en dat hy die geleentheid sal kry om sy kant van die saak te stel in reaksie op dit wat sekere getuies in hul verklarings teen hom gesê het, en die vrae sal verband hou met dié kwessies.”

Zuma hou vol dat hy niks verkeerd gedoen het nie, ondanks toenemende getuienis teen hom voor die kommissie. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy vriende, die Gupta-broers, toegelaat het om honderde miljoene rand in hul sak te druk danksy staatskontrakte toe hy die president was. Die voortvlugtige Guptas het in 2016 inderhaas landuit gevlug toe sekere e-posse uitgelek het. Die sogenaamde GuptaLeaks het die omvang van die beweerde staatskaping van staatsbeheerde ondernemings onthul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann cb ·

Dit help niks dat almal getuig sonder dat daar vervolging is nie!

Manie van Worcester ·

Daar sal nooit enige vervolging wees nie, maar net nog n komissie wat geld opvreet sonder resultate

Roberto Betta ·

The South African justice system is slower than a clock with no batteries.

PJC ·

Dit lyk of JZ nou begin bekommerd raak. Sover doen regter Zondo baie goei werk. Ek hoop hy kry die nodige ondersteuning sodat hy hierdie spul kan uitrook.

LHS ·

Skriftelik versoek dat hy onderneem om………… hoekom nog n versoek rig en dan moet hy onderneem om……… wat vir n grappie is dit. Dagvaar hom om in die hof te gaan getuig onder behoorlike kruisondervraging, wat se versoeke rig is dit, absurd.

Jan Botha ·

LHS
Stem volkome saam. Hy is nou n gewone burger en behoort nie spesiale behandeling te kry nie

Chrisn ·

Kan ek die oranje overhaul borg en oorhandig. Ag groot asseblief tog.

Ja Nee ·

Om te dink die was ons president, geheel en al van sy trollie af.

Chris ·

Die hoofman is geensins bekommerd nie want hy weet die komissie is tandeloos . Die vrae soos versoek sal nie amptelik aan hom gegee word indien hy dit nie reeds ontvang het nie. Hy was mos die hoof kader van intelligensie weet hoe om geheime dokumente te bekom . Ontkenning sal sy standaard antwoord wees met n he he arg arg daarvy

jakes ·

Oom Zumpie is nie alleen te blaam vir wat hy alles aangevang het nie. Die ANC moet almal pa staan vir sy sondes want soos almal reeds weet was hy nooit bevoeg om so n pos te beklee nie. So ook is 95% van die huidige spul ook totaal onbevoeg om in die kabinet te dien. Dis egter die ANC se tradisie om enige Jan Trap aan te stel in enige pos solank hy n kader van hulle is.

Andrea van Vuren ·

Ek sou bitter graag ‘n lys van die huidige kabinet se akademiese kwalifikasies wil sien.

Eliz ·

As hy opdaag sit ek sommer verlof in om dit te kyk, dit gaan groot sports wees en daar gaan weer baie meme’s geskep word oor sy antwoorde.

AJ. ·

Oompie Zumpie gaan niks oorkom nie. Hy weet te veel van al die ander kaders se geraamtes in die kas. Die kaste met almal van die aa en see se geraamtes staan letterlik store vol. As hy begin praat, dan betrek hy die algehele kabinet plus baie ander saam met hom en voor hom.

SjN ·

Hy lyk vir my so baie na tant koek se hoe……………………………….?

Attie. ·

Mense, vat jul beleggings buiteland toe, jy kry daar amper geen rente nie maar jou geld sal in terme van Rande, geweldige groei toon. Woon in Suid Afrika maar belê elders, moenie sê jys nie gewaarsku nie. Eiendomsbelegging in SA is geen belegging nie, net ‘n las.

ne ·

Zumpie moes eerder in die hof verskyn. Hy is SOOOOOOO onskuldig! Kan nie ‘n vlieg skade aan doen nie…..

Anoniem ·

Hy soek die vrae vooraf sodat hy sy antwoorde haarfyn kan beplan sodat hy homself nie in ‘n hoek vaslieg nie.

Theo ·

Shame gee hom die vrae want dit gaan seker handel oor veskillende bedrae wat hy die Gumptas mee gehelp het. dan kan hy net oefen solank hoe om dit uit te spreek

pierre de villiers ·

Die regering moet by die “slegte” Apartheids Regering leer hoe jy ‘n minister tronk toe stuur. Minister Pietie Du Plessis is tronk toe gestuur. Google dit maar self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.