Staatskaping: Guptas ‘moet nie toegelaat word om getuies te ondervra’

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Die kommissie van ondersoek na staatskaping het Donderdag gehoor dat die voortvlugtige Gupta-familie nie die geleentheid gegun moet word om die staatskapinggetuies te ondervra nie.

Vincent Maleka, lid van die kommissie se regspan, het aangevoer dat die Guptas se aansoek van die hand gewys moet word.

Maleka het gesê die Guptas mag nie toegelaat word om via ʼn video-skakel uit Dubai aan die kommissie deel te neem nie – dít na hul aantygings dat die Suid-Afrikaanse owerhede “onbekwaam” is.

Maleka het ʼn beroep gedoen of adjunkhoofregter Raymond Zondo om adv. Mike Hellens, Ajay Gupta se regsverteenwoordiger, se aansoek om Themba Maseko, voormalige woordvoerder van die regering, en Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, te ondervra van die hand te wys.

Maleka voer aan dat Zondo nie in staat sal wees om sy gesag af te dwing nie as gevolg van jurisdiksie-beperkings.

“As ons op sigwaarde in ag neem wat hul prokureur aan jou oorgedra het en in goeder trou reël dat hulle vanaf ʼn plek van hul keuse getuig, wat as hulle dan meineed pleeg tydens hul getuienis? Jy sal aan die genade van hul getuienis oorgelaat word en jy sal geen mag hê om hulle te dwing [om te antwoord of te getuig] nie,” het Maleka gesê.

Maleka het gesê ʼn mens weet uit die onlangse saak van die premier van die Wes-Kaap teen die minister van polisie in die konstitusionele hof dat ʼn kommissie sonder die mag om iemand te dwing nie waardig is om die mag wat aan hulle toevertrou is te ondersoek nie.

Ajay en Rajesh Gupta en Duduzane Zuma, voormalige pres. Jacob Zuma se seun, het deur middel van hul regsverteenwoordigers aansoek gedoen by die kommissie om die getuies te kruisondervra.

Mike Hellens, die Guptas se regsverteenwoordiger, het Donderdag aan die kommissie gesê dat sy kliënte nie na Suid-Afrika gaan terugkeer en hulself aan onbekwame polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan onderwerp nie.

Maleka het Hellens se argument afgemaak en gesê die broers se getuienis sal niks beteken vir die kommissie en die publiek nie. Hy meen ook die koste daaraan verbonde om ondersoekers na Dubai te stuur om die Guptas se ondervra, ook nie deur Ajay in ag geneem is nie.

Maleka het gesê hulle het nie hier te doen met mense wat sê hulle is bereid om die ekstra koste te dra om getuienis vanuit die buiteland te lewer nie en dat hul nie eens gesê het hoekom dit in openbare belang sal wees om dit toe te laat nie.

Die Guptas het dus volgens hom geen vertoue in Suid-Afrika se regsprosesse nie en vertrou nie die land se wetstoepassingsbenadering nie, selfs al hét hulle al sake in die land gewen.

“Oakbay [in die Guptas se besit] het ʼn saak in Pretoria gewen en gesê dat hy vertroue in die land se regstelsel het … wat het verander? Ons kan nie toelaat dat individue wat sulke strydige posisies inneem die kommissie se werk nutteloos laat nie,” het Maleka gesê.

Zondo het gevra of dit moontlik is dat iemand kan probeer om van ʼn land se regstelsel weg te hardloop, maar ook die voordele van daardie einste stelsel wil benut.

Maleka het geantwoord dat die Guptas daarop aandring om die getuies te ondervra met die doel om die getuies se getuienis te diskrediteer en hul “beeld van onskuld aan te blaas” deur te onderneem om uit die buiteland te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lynette ·

‘n Klomp skelms wat nooit toegelaat moes word om die land te verlaat nie. Hul moes toegesluit word.

marous ·

Voortvlugtend , beteken dat hulle gesoek word vir misdade . Hulle het geen regte om enige eise te stel nie .

Wonder net ·

Ek weet nie wat aldie regsaspekte is nie maar dit klink na inmenging met getuies.
Die Guptas wil nou die ondersoek kaap.
Laat hulle hier in die hof sê wat hulle te sê het.
Wie is hulle om nou op hulle terme te wil handel.
Regter Zondo meot sterk staan. Moenie dat iemand oor jou loop nie.

tjk ·

Inden hulle dan ‘onskuldig’ is van enige oortreding, hoekom is hulle dan bang om in die land te wees?

Johann cb ·

Arresteer hulle! Water “reg” het hulle om enige persoon te ondervra!? Eish!

Irma ·

Adv Hellens vir die Guptas sê eintlik sy kliente kan nie na SA kom nie omdat hulle in hegtenis geneem kan word en hulle kan bedrieg maar sien nie kans vir die tronk nie. Hoe sê die spreekwoord. Geld wat stom is maak reg wat krom is en hulle het baie geld dis verseker. Ons geld. Die rede waarom ons almal nou moet bloed sweet.

Cherokee ·

As hulle die getuies wil ondervra moet hulle dit in Suid Afrika doen en nie via video nie.
Dit behoort die minste van die vereistes te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.