Staatskaping hoort nou tot verlede – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa.

Meer as ʼn duisend dae nadat die eerste getuienis voor die kommissie na staatskaping aangehoor is, sê pres. Cyril Ramaphosa die uitkomste van die kommissie gaan pogings versterk om weg te breek van die staatskapingsera.

Ramaphosa het verlede week in sy hoedanigheid as president van die land voor die kommissie getuig. Slegs enkele ander getuies moet nog voor die kommissie verskyn.

Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief selfs voordat adjunkregter Raymond Zondo, kommissievoorsitter, se bevindings en aanbevelings oorhandig word, kan mense saamstem dat die kommissie se werk reeds van onskatbare waarde was.

“Oor die verloop van drie jaar het ons getuienis aangehoor oor beweerde korrupsie op ʼn massiewe skaal. Ons het gehoor van optrede wat gelei het tot die diefstal van miljarde rande se staatsgeld. Ons het gehoor hoe talle staatinstellings en staatbeheerde ondernemings doelbewus verswak is.”

Die president sê die bekendmaking van die aard en omvang van staatskaping het nie agter geslote deure plaasgevind nie, maar dat dit vir die hele land uitgesaai is en dat dít gehelp het om openbare vertroue in die demokrasie en die manier waarop dit openheid en deursigtigheid bevorder, verhoog het.

Ramaphosa sê ook dank is verskuldig aan die groot getal mense, sommige van hulle onbekend, wie se optrede tot die vestiging van die kommissie gelei het. “Dit is danksy hulle dat ons nou van staatskaping in die verlede tyd praat.

“Staatkaping het nie op sy eie tot ʼn einde gekom nie. Dit is beëindig deur die optrede van Suid-Afrikaners van oral oor wat op verskillende gebiede gewerk het om die waarde van ons konstitusionele demokrasie te herstel. Dit is nou ons plig om te verseker dat dit nooit weer toegelaat word om te gebeur nie.”

Ramaphosa sê hoewel die staatskapingsera verby is, is korrupsie nog nie verslaan nie. “Bedrog en korrupsie kom steeds voor en is diep gewortel in die openbare en private sektore. Hoewel dit dalk nie op die skaal van staatskaping is nie, kom die misdadigheid ons land duur te staan, dit verswak ons instellings en ontneem Suid-Afrikaners van talle basiese geleenthede.”

Hy sê hoewel korrupsie op sy beste immoreel is, is dit te midde van ʼn humanitêre krisis veel erger.

“ʼn Mens praat hier van die laakbare optrede in die verkryging van goedere en dienste wat benodig is in ons stryd teen die Covid-19-pandemie. Ons het vinnig opgetree om korrupsie te stuit, diegene verantwoordelik daarvoor te identifiseer en stappe teen hulle te doen. Dit is bewys van ons verbintenis om korrupsie uit te roei.”

Ramaphosa sê die skade wat staatskaping aan die land aangerig het, was diep en gaan nog jare lank gevoel word. Verskeie regulasies is egter verskerp, die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) is by magte om alle Covid-19-verwante bewerings van korrupsie te ondersoek en die besonderhede van alle Covid-19-verkrygingskontrakte is beskikbaar vir almal om te sien.

Hy sê ander stappe in die stryd teen korrupsie en staatskaping sluit in die versterking van instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag, die Inkomstediens en die polisie. Nuwe instellings, soos die Ondersoekende Direktoraat is op die been gebring, terwyl die SOE se spesiale tribunaal help om gesteelde geld te herwin.

“Ons het die leierskap by verskeie strategiese staatsbeheerde instellings verander en begin met die proses om dit weer finansieel en operasioneel te versterk.”

Ramaphosa gee egter toe dat die stryd voortduur en op sommige plekke veel stadiger is as wat verwag is. Dié kwessies geniet egter aandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Nie Verbaas ·

En korrupsie, opgeblaaste tenders en kader ontplooing? Of is dit nie ook maar deel van staatskaping nie?

Erik ·

As staatskaping in die verlede hoort dan hoort apartheid ook in die verlede.

Riaan ·

Nee … Dit sal as afgehandel beskou word as die skuldiges tronk toe gaan en daar BLY, nie een vir een vrygelaat word op mediese parool nie.

Persheks Adri ·

Jy lieg lekker Cyril! Wanneer sit jou mense huh? Dit moes in die 1ste plek nie gebeur het nie, maar stel nog van jou mense aan pffft

Pieter ·

Nooit. Staatskaping steeds aan orde van die dag want julle is te dom en lui om self werk te skep en ‘n dag se eerlike arbeid te verrig. Byvoorbeeld, Cyril kry voordeel uit voertuie wat die Staat huur by sy maatskappy. Die ANC se rekening is in die rooi, dus ANC gee tender in ruil vir gunste. En so gaan ons aan.

efjy ·

Alles wat deur die Zondo kommissie aangehoor is oor die afgelope drie jaar was ou nuus. Alles was reeds deur die media bekend gemaak oor die laaste tien jaar. Niks is nog egter daaraan gedoen nie. Voel meer soos sout in ou wonde.gaan daar nou enige gevolge wees vir die beskuldigdes, of gaan dit nog tien jaar neem.

Keith ·

He should be sharing a hospital bed with his friend Zuma, in the psychiatric ward.

melaney ·

Wag totdat daar ‘n paar biljoene opdaag vir hulp vanaf die buiteland, en siedaar, binne ‘n dag hoor ons dit het verdwyn.

Harley Davidson ·

Goed so en wanneer volg die diskriminernde wette teen die huidige benaadeelde minderhede,ek bedoel dit het baie jare voor die staatskaping begin?

Heinrich ·

Ja sure Cyril, dis beter om die land kaal te stroop vanuit die ANC as om buitelanders het daarvoor in te kry. Die land was reeds op randjie van die afgrond voor Covid agv julle gestelery, slegte beleid en powere dienslewering. Maar julle dring daarop aan om so voort te ploeter. Met julle aan die stuur is ons gedoem.

Margaret ·

Ongelukkig sien n mens nie berigte van staatsamptenare wat tronk toe is nie. Hoe kan dit dan verby wees? Die punt van n kommissie is nie net om daaroor te praat nie!

dada ·

Gaan enige een gestraf word? Getuig by Zondo-kommissie is nie genoeg nie

LekkerOuJan ·

Wat van jou vorige minister van gesondheid? Watter stappe is al teen hom geneem?
CR dink jy ons is dom?

Misky ·

Staatskaping is nie agter ons nie. Julle is steeds druk besig en raak net meer gulsig

Danie ·

Mr President. How can you State Capture is of the past. We as citizens want to see people in prison and you have promised us that those people will be charged and send to prison. Why are you scared Mr President. What do you hide from the citizens of South Africa. Why and how can you say that its of the past. No Mr President you must step and and show that you are worthy to be the President. You must gain respect from the citizens. We want a President who are strong and could stand his man. Do what you have promised SA.

Hennie J ·

Jaaa, so se jy!!!!! Kyk gerus die spotprent in vandag se Daily Maverick.

Baardman ·

Dream on CR, staatskaping het net ander name gekry onder jou bewind. Julle plunder nog lekker voort.

fs ·

en steeds nog nie een wat vir ons pose in oranje…. al daardie inligting en bewyse… en NIKS gebeur.. Z is nou skielik dood siek.. maar hy het die dag voor sy inhegtenisname niks makeer en lekker gedans saam die gepeupel…. miljoene rande later en NIKS sal daarvan kom…. ek hou my asem op.. maar hoop vir niks.. history repeats itself

Kobus ·

Hartroerend,selfs ‘n traan of twee gekry oor hierdie ” engel” waar botter nie in sy mond kan smelt nie.Hy weet hoe om met woorde te speel.Niks direk erken nie,belowe net heeltyd.Almal weet hy lieg behalwe hy. Well done CR

TO ·

Nee mnr wanneer word jou kronies vervolg of sal dit ook ‘n Zuma voortrekkery? In hierdie is mos nie geregtigheid nie

Porseleintjie ·

Bere maar die heuningkwas ou Cyril. Die skrif is al lankal teen die muur. Geweeg en te lig bevind.

Genis ·

Kom ons vergeet aparheid ook toe ou Cyril… Julle wil die korrupsie toesmeer

jou gewete ·

hahahahahahahahaha my maggies, wie sou dit nou kon dink. hahahahahahah. ek dink nie daar is iemand dom genoeg om dit te glo nie nowhereman

Delilah ·

En dit is al wat Cyril kan doen praat praat praat…….
niks verder nie

Jannie van Niekerk ·

Hy is reg. Staatskaping GAAN ophou. Op 31 Februarie. En so waar as wragtig, Kersvader, die Tandmuis en die Paashaas bestaan ook jou werklik….

JohanR ·

Weer te veel gesit en dink en droom op ‘n Sondag ou Cyril, en dan op ‘n Maandag die nasie van jou dinke en drome wil vertel!

annie ·

Die kommissie is nie ‘n lekker-hof nie… Vader Eli het nou gehoor wat almal sê (of nie wil sê nie) en julle moet nou net belowe om dit nooit ooit weer te doen nie? Hoor? Belowe? En nou gaan ons weer aan en kyk vorentoe en vergeet al die lelike dinge wat gebeur het. Ek sal jul sakgeld verhoog, maar onthou: Nie te veel roomys koop nie… Hoekom glimlag jy so Jannie?

Jr ·

Ooh hierdie Syrypy Cyril. Ja en ek is n ruimte mannetjie. Hy dink hy praat met onnoseles. Moenie my intelligensie beledig

Jakkie ·

Ok staatskaping is nou op ‘n einde, wat is die pad voorentoe ?

Winnie ·

Ek het nou net my almanak opgeskeur want dis foutief dit wys die 1e April in plaas van 17 Augustus. Ai tog watter drukkers het daai gruwelike fout gemaak

Janee ·

Net soos dit hom pas nê!!…Hulle het apartheid holrug gery….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.