Staatskaping: Klankopname van Zuma-onderhoud gelek

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma se kantoor het Maandag gesê hy het ʼn klag by die kantoor van die openbare beskermer (OB) gelê nadat ʼn klankopname van sy onderhoud met adv. Thuli Madonsela, die voormalige OB, aan die media gelek is.

Volgens die presidensie is die klankopname aan eNCA gelek. “Die presidensie wil duidelikheid van die OB-kantoor hê oor die instansie se beleid rakende die vrystelling van klankopnames van onderhoude wat gedurende ondersoeke gedoen word,” het die presidensie gesê.

Die klankopname het deel gevorm van Madonsela se ondersoek na die omstrede Gupta-familie se saketransaksies met die staat en bewerings dat dit uitvoerende besluite, onder meer kabinetaanstellings, beïnvloed het. Die verslag van 355 bladsye oor die ondersoek is verlede week bekend gemaak nadat Zuma sy poging om die vrystelling daarvan deur ʼn hofinterdik te voorkom, laat vaar het.

ʼn Transkripsie van Madonsela se onderhoud met Zuma waartydens hy geweier het om vrae te beantwoord, is by die verslag ingesluit. Madonsela het bevind Zuma het moontlik die uitvoerende etiekkode oortree en het hom opdrag gegee om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel om die bewerings verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

die nuwe OB is sy skoothondjie, maar die nuwe OB word nou verkla. Hoe werk dit???

regtig ·

sou die klank opname met opset aan dienedua gekek gewese het met die doel dat die gereg dit onregmatig sal verklaar en die sak geuienis ten spyt sal uitgooi? baie slim.

Justice ·

Zuma en sy prokureur was vooraf gewaarsku en het goed geweet dat die onderhoud opgeneem gaan word sodat feite gedurende die gesprek nie weerle of verdraai kan word nie. Is die patetiese weergawe van hul getuienis op band nou vir hulle `n verleentheid? Waarom mag die feitlike inligting uit die spreekwoordelike perd se bek nie bekend gemaak word nie? Het hulle enigsins `n idee hoeveel mense by die OB se kantoor werk aan so `n verslag? Sekerheid kan nie gewaarborg word nie.

zahn ·

Waaroor die bohaai zuma? Jy het dan geweier om die vrae te beantwoord? Is jy bang om jouself te hoor NEE sê? Ons weet almal dis nie in jou alledaagse gebruik nie, veral nie in guptania nie.

Henk ·

dis darem ongelooflik hoe daar altyd bandopnames waarby hierdie korrupte staatsman betrokke is altyd gerieflikheidshalwe “gelek” word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.