Staatskaping-kommissie: Zuma ‘dink eers’ daaroor

Voormalige pres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma het gesê hy wil eers nadink oor adjunkhoofregter Raymond Zondo se uitnodiging om te antwoord op die bewerings van staatskaping teen hom.

Zuma se regspan het in ʼn verklaring gesê dat die voormalige president die kommissie van ondersoek steun.

Volgens Zuma se regspan was daar tydens elke sitting van die kommissie, waar daar getuienis gelewer is wat die voormalige president kan impliseer, regsverteenwoordigers teenwoordig. “Hy het verder gehoor gegee aan al die kommissie se versoeke wat deur sy regspan vir hom gebring is.”

Zuma het gesê hy respekteer die kommissie en dat hy betekenisvol daartoe wil bydra. “Hy sal om dié rede daaroor nadink en die voorsitter van die kommissie antwoord sodra hy sy regspan geraadpleeg het.”

Zondo het Donderdag versoek dat Zuma ʼn beëdigde verklaring indien met sy weergawe oor getuienis waar hy geïmpliseer is.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Karen Sandison/ANA

Zuma is deur die voormalige ANC-LP, Vytjie Mentor, en voormalige hoof van die regering se kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS), Themba Maseko, geïmpliseer.

Maseko het vroeër getuig dat hy ʼn oproep van Zuma ontvang het om die Guptas te help om advertensies te kry vir hul media-instansies, The New Age en ANN7.

Mentor het getuig Zuma was by die Guptas se huis in Saxonwold toe die broers haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied het.

Zondo het Donderdag beslis dat Duduzane Zuma, Jacob Zuma se seun, getuies mag kruisondervra. Die Guptas se aansoek in dié verband is egter van die hand gewys.

Zondo het ook die Guptas se versoek om via ʼn videoskakel vanuit Dubai aan die verhore deel te neem geweier, aangesien hy nie in staat sal wees om die kommissie se “magte” af te dwing in só ʼn geval nie.

Die kommissie gaan intussen Maandag voort met sy sittings wanneer verteenwoordigers van die vier groot banke sal getuig oor die sluiting van die Guptas se bankrekeninge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

zoom zoom ·

Zuma is nie iemand wat kan dink nie hy is ‘n doen man

Ekke ·

O, Zuma sal besluit! Né? Dink hy is verhewe bo die reg. Hy moes al lankal agter tralies gewees het, maar daar is te veel wat hom beskerm. Dit is siek!

ZAR ·

Die helfte van die ANC moes al eintlik agter tralies gewees het.. maar dis ‘n storie vir ‘n volgende keer (The ANC’s keepers)

Mielie ·

Jip hy gaan n redelike tyd neem om daaroor te dink….Die gewone onkuldiges sal waar moontlik alle doen om hulle onskuld te bewys, dis die gewone mens……

Kobus ·

Sy aand en morepraatjies stem ook nie ooreen nie. Eers verwerp hy die ondersoek as geldmors en nou respekteer hy dit! Daar is soveel getuienis teen hom. Waarom word hy nie strafregtelik aangekla en voor die hof gebring nie? Hoe lank gaan hy die land nog regeer? Hy en sy bondgenote moet nou aangekla word. Die NVG moet begin om hulle werk te doen.

Raad ·

Jy weet seker hooggeagte vader Zuma dat jy nie gaan getuig nie, want jy gaan vou onder kruisverhoor. Maar ten minste maak jy of jy wil. Jy gaan mos nou sê die kommissie is bevooroordeeld

Willie ·

JM was reg toe hy gese het CR is papbroek…ek moet hom dit gee…

H.A. ·

Onthou net, As jy die mag en geld het, is die wêreld joune… Toets dit eendag.

Alida ·

O ja wie dink hy nogal is hy. Nou dat die strop stywer om sy nek span nou wil hy dink. Dink en lees is nie sy sterk punte nie.

Hanna Hoekom ·

“People who have nothing to hide, hides nothing…” Ja, ou Zuma, jy soek maar net tyd om jou volgende liegstorie te spin!

Lerato ·

Willie
Jy beweer Cyril is n papbroek.

Miskien moet jy gaan kyk hoeveel hy reeds in n kort tydjie vermag het.

Kyk hoeveel Zumaniete by verplaas bet.

Chris ·

Vir seker sal hy gaan maar gaan net die heeltyd “ uhm arg arg he he “ en verder witmonopolie kapitaal en poletiekke konkelary die skuld gee . O ja en dan gaan hy sy ontkenning strategie gebruik iets wat die hele anc reken hulle is goed in he he arg arg he he

Andre ·

Die anc stel jaarliks honderde kommisies aan on verskeie beweringe te ondersoek. Die probleem is dat min hiervan egter op strafregtelike optrede uitloop. Die kommisie loop dieselfde gevaar met zuma wat dit in n sirkus sal verander. Al die beweringe moet by die polisie aangegee word word sodat almal wat geimpliseer word strafregtelik aangekla kan word.

Andre ·

Oops ! Die Regter het ‘n moeilike vraag aan hom gevra en hy sal nie getuig nie.

Snowball ·

Nkaaaaandla, he he he he! State capture he he he he! ….Corruption with a pension he he he he!

Johann cb ·

Hoekom tyd gegee word om daaroor te “dink”? Die man is nié bo die wet verhewe nie! DWING hom om te getuig! ?

Jerry ·

Zumpi, Zumpi sat on the wall,
Zumpi, Zumpi had a great fall!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.