Staatskaping-kommissie: Zuma soos ʼn kat op ʼn warm sinkplaat

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

President Jacob Zuma se aanwysing van ʼn regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping soos bepaal deur die verslag van die vorige openbare beskermer (OB), Thuli Madonsela, word verwelkom, maar dit is nogtans duidelik ʼn desperate poging van pres. Zuma om polities te oorleef en nie herroep te word nie

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hy sê die feit dat die besluit gisteraand laat aangekondig is, net voor die ANC-NUK se vergadering, asook die feit dat Zuma appèl aangeteken het teen die hofuitspraak rakende die kommissie waar hy wou verhinder dat die voorsitter deur die hoofregter aangestel word, wys dat hy soos ʼn kat op ʼn warm sinkplaat optree.

“Deur die hoofregter te vra om te besluit oor die voorsitter, waar adjunk-hoofregter Raymond Zondo nou wel aangewys is, wys dat pres. Zuma bereid is om homself te repudieer in ʼn poging om te verseker dat hy polities oorleef deur nie herroep te word nie.

“Die feit dat hy ook die verwysingsraamwerk van die aanvanklike aanbevelings in die verslag van die OB wil uitbrei deur opdrag te gee dat alle staatskaping en alle persone wat daarby betrokke is behoorlik ondersoek moet word, is ʼn verdere bewys dat pres. Zuma alles in sy vermoë sal doen om aan te bly as president van die land. Hierdeur stuur hy ʼn boodskap dat hy nie alleen die verantwoordelikheid van staatskaping op hom gaan neem nie.

“Die VF Plus se standpunt is dat almal wat by staatskaping betrokke was en korrupsie in die proses gepleeg het, die volle prys daarvoor moet betaal.

“Die kommissie se raamwerk moet net nie só omvangryk gemaak word dat die ondersoek nie behoorlik gedoen kan word en Zuma op dié manier gevrywaar word nie,” voeg Groenewald by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarel Strydom ·

Kommisie aangestel deur Zuma???????
Nog ‘n Zuma grap.

Chris Ws ·

Kan daar regtig nie van die president ontslae geraak word nie.Hy aleen het die land ongekende skade berokken en sal voortgaan daarmee as hy nie NOU gestuit word nie.Cyril gaan ‘n bankrot land oorvat!

Alida ·

Het die Hof hom nie BEVEEL om die kommisie aan te stel nie? Hy sou dit nie vrywilliglik gedoen het nie!

Muffin ·

Chris Ws stem met jou saam. Zuma is skatryk waaroor worry hy nog. Sit meer druk op homself.

Martin ·

Eks onder die indruk dat Ramaphoza die aanstelling moet maak!!.

Elsa ·

zuma gee oor , bely en laat staan, die skrif is aan die muur, waarvoor wag die man dan nog? sy tyd is op soos in op….liegstories werk net nie ,, loop voordat jy verder verneder word, kom uit by waarheid en buig jou knieg…

Kobus ·

Cyril moet die hoof van nvg aanstel, Hoofregter Mogoeng moet die ondersoek regter aanstel. so al wat nog uitstaande is is die aanstel van die vervolgingsgesag hoof in die plek van Shaun en Cyril moet dit doen. groete

Justice ·

Dankie vir die verduideliking Kobus – ek het dit ook soos Martin ingesien – dit maak nou logiese sin.

ZUMPIE ·

AG NIKS SAL gebeur nie mense, kat op ‘n warm plaat se voet, hy het tot nou toe nie ‘n oog geknip teen al die aanklagte teen hom of die mosies van wantroue wat teen hom ingestel is nie. Hy het die WENNER oral uitgestap, van die verkragtingsaak, tot die bedrogsake, Nkandla opgraderingsen al die ‘mosies’. Wie verstaan nie dat hy STEEDS ondersteuners het – hy het hulle baie spesifiek aangestel in strategiese posisies – om homself te beskerm .. kan nie glo mense wil nog tyd en geld mors om hom te impeach nie .. as julle hom nie uitgestem kry nie, GAAN HY NERENS heen nie .. so maak vrede met hom as president TOTDAT sy eie mense hom uitstem . as hulle dit nie wil doen nie sit ons met hom vir ewig.

Wors Rol ·

Stem saam, Zuma gaan niks oorkom nie. Dis nie Zuma wat probleem is, dis die hele ANC.

Martin ·

Hy maak seker sy maatjies word aangestel sodat hulle hom kan los lieg.

Antjie ·

Ek was onder die indruk Zuma is bevooroordeeld VERKLAAR en MAG NIE betrokke wees by die loods vd ondersoek nie. Sy huidige gedrag, in my opinie, kom neer op minagting vd hof asook inmenging in ʼn ondersoek, maw, regsverydeling. Beide is nie afhanklik daarvan of hy uiteindelik ook op staatskaping skuldig bevind sal word nie. Is dit nie genoeg om hom onmiddelik as president te suspendeer nie?? Waarom is politici en media dan stil hieroor??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.