Staatskaping: Madonsela versoek om stil te bly

Thuli Madonsela. Foto: OB/Facebook

Thuli Madonsela. Foto: OB/Facebook

Die presidensie het Vrydag sy misnoeë teenoor die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, uitgespreek.

Die presidensie het Vrydag gesê dat Madonsela geen reg het om oor pres. Jacob Zuma of die staatskaping-verslag te praat nie.

Hulle is ook bekommerd oor die “voortdurende stellings” wat sy aan die publiek maak oor Zuma in terme van die statskaping-verslag.

“Adv. Madonsela is nie meer die openbare beskermer nie en het geen verdere rol om te speel in die proses rakende die verslag nie. Haar ongegronde openbare aanvalle op die president soos die een in Stellenbosch Donderdag is onbetaamlik en dien geen doel nie.

“Sy behoort terug te tree en die geregtelike en die grondwetlike prosesse hul gang te laat gaan,” aldus die presidensie.

Madonsela sê in haar staatskaping-verslag dit is kommerwekkend dat die Gupta-familie bewus of moontlik bewus was dat min. Nhlanhla Nene uit sy amp verwyder is, ses weke nadat adj.min. Mcebisi Jonas hom meegedeel het dat hy glo deur die Guptas ʼn pos aangebied is in ruil vir gunsies aan hul familie-ondernemings.

Volgens Madonsela is dit ook kommerwekkend dat min. Des van Rooyen wat Nene vervang het, minstens sewe keer “geplaas kan word” in die Saxonwold-gebied, insluitend die dag voor hy minister geword het. “Dit lyk onreëlmatig, gegewe die feit dat hy in daardie stadium ʼn lid van die parlement was wat in Kaapstad gebaseer is. Nog ʼn kommerwekkende toeval is dat min. Nene verwyder is nadat Jonas hom in kennis gestel het dat hy verwyder gaan word.”

Daar is dié week ʼn onderhoud uitgesaai op eNCA wat Madonsela met Zuma gevoer het tydens die ondersoek.

Die presidensie het bygevoeg dat die “lek” van die onderhoud kommerwekkend is. “Dit het ernstige gevolge in terme van etiek, vertroulikheid en die beskerming van inligting wat bymekaargemaak is tydens die ondersoek wat die OB gedoen het.

Hulle voer aan dat dit vir hulle onduidelik is hoekom sy “gekies” het om net haar onderhoud met Zuma te lek ondanks die feit dat sy verskeie onderhoude met rolspelers gevoer het.

Die president het versoek dat alle betrokke partye volgens die Grondwet moet optree en die prosesse wat nou gevolg moet word, sal respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Kiepie ·

Miskien moes die presedensie van die begin af aangedring het dat Zuma “volgens die Grondwet optree en die prosesse respekteer” dan was die helfte van die ondersoeke teen hom en sy daaropvolgende vermoring van tyd en geld om dit te probeer beveg, nie nodig nie.

Will i am ·

Hoekom net sy gesprekke lek. Hy is die enigste een wat die hele tyd sê sy het nie met hom gepraat nie. Wie lieg nou

Buitestander ·

OB wou net Nr1 se valsheid weer lê het omdat hy ontken het dat sy met hom samespreking gehad het.
Al is die leun hoe snel die waarheid agterhaal hom wel.

Antoinette ·

Dankie, Thuli! Jy bewys weereens jy het altyd besef openbare belang weeg swaarder as individuele belange van ampsdraers en hul aanhangsels. Wens die media wil dit snap en verder voer vir die publiek…

Jan ·

Wat ‘n kabouterbrigade het ons nie as ‘n regering nie, met die kortste enetjie wat op die stoel sit en twak praat. Leef in sy eie wêreld in die woud, toetentaal afgesonder met sy denke, tel net sy stafies goud.

Elsa Hanekom ·

Ek het ongelooflik respek vir haar. Sy kan ons eerste vroue president word.

Cherokee ·

Jan, Rabes en Elsa Hanekom het blykbaar nou anc gedraai en probeer Thuli Madonsela tot dieselfde te oortuig want ons almal weet dat die President is (huidig) ‘n lid van die anc en steeds stem hulle vir haar. Hulle was seker DA want slegs die da-lede sal so maklik oorskakel na die anc.

Lucas ·

Siestog Presidensie. Wie dink julle beskou julle as geloofwaardig?

Oupa ·

A la George Orwell / Animal Farm moet die waarheid nou dood geswyg word.

popeye ·

“Etiek”, rerig? Kan die kantoor rerig daai woord in hul terugkap gebruik? Hulle se computas werk nie lekker nie!

Elsa Hanekom ·

Hy beplan om jou dood te maak. Nie een van die twee nie!!!!!!!

lettie ·

Thuli Madonsela is n intelligente vrou wat haarself sal handhaaf en nie strafregtelik sal oortree nie. Sy sal egter nou versigtig moet trap want die jz-wolwe sal haar integriteit wil vertrap en slegmaak.

Peter dp ·

On beskaamd het Zuma en sy gardis die mense beroof sonder om n oog te knip.
Maar ooo wee die een wat hul aan die klok hang. Die is verkeerd wand hul (Zuma en kie ) doen niks verkeerd nie.

Lance ·

Thuli hang asb alles wat jy weet aan die groot klok …basuin dit uit oor die vlaktes ! Die verslag is daar en niemand kan dit verander nie …die pitsweer gaan nog pop….eskom se man is die eerste man wat padvat !

Antikorrupsie ·

Dis duidelik dat die ANC nie besef dat Zuma besig is om hulle party Groot skade aan te doen nie! Tot voordeel van die opposisie. Dis tog so duidelik dat Zuma weereens gelieg het oor sy stelling dat hy nie tyd gehad het om op die verslag te antwoord nie. Doen so voort MNR die President. Jou val is onvermydelik. Tuli se ondersoek sal julle almal aan
die pen laat ry.

Leendert ·

Hierdie party is besig om homself te ondergrawe, met Zuma aan die spits. Sy saak gaan uitgedien wees na Zuma se termyn, miskien sal die ANC nog so vyf jaar hou, en die ANC is self daarvoor te blameer. Dit is soos die NP van destyds wat gedisintegreer het, na hy sy doel gedien het, die ANC volg dieselfde pad.

lettie ·

Jan ook weer waar! Nie daaraan gedink nie. Dan maar die JZ teddiebere lol

Jan ·

Mmmm, wolwe het ook sterte (leidraad oor hoekom ek dit hier bo gesê het. nog ‘n leidraad, Sparrow).

John ·

As ek Thuli was sou ek my sekuriteit opskerp. Haat is ontketen en groof geld ter sprake. Waarheid is ‘n skerp swaard en dit lok ‘n teenreaksie uit van die ernstige beseerdes.

Frans ·

Die sirkus word net groter en groter en die narre al hoe meer..

Melanie ·

Vrou met integriteit … Bittermin van Thuli se kaliber!! Ek stem: sy sal n radikale ommekeer in hierdie land veroorsaak sou sy staan vir president, Ai!

Johanna Botha ·

Kan Thuli asb net president word ek glo die Rand sal versterk tot ongekende vlakke en SA sal weer blom ….maar nou ja die vrot is al so diep met die anc kan die skade ooit herstel

Leon van Rensburg ·

Mense, ou des (ja kleinletters) het net gaan kyk waar sy pêl se sjhebeen is om ook aandele te koop!!

Emma ·

Thuli redeneer soos onse mense en het haarself vasgeloop teen ń muur andersdenkendes. Snaaks genoeg is lg haar eie ANC kamerade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.