‘Staatskaping moet ondersoek word’

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het gesê die egtheid van bewerings van staatskaping moet dringend ondersoek word.

Ramaphosa het op vrae gereageer in die Nasionale Vergadering en gesê indien die bewerings waar is dat die skuldiges aan die pen moet ry. Volgens Ramaphosa steun almal, insluitend pres. Jacob Zuma, ʼn kommissie van ondersoek na staatskaping.

Hy het gesê ʼn kommissie van ondersoek sal diegene wat betrek word die geleentheid gun om hul onskuld te bewys. Ramaphosa het gesê Zuma is in gesprek met sy regsverteenwoordigers oor ʼn voorstel.

“Die bewerings is ʼn saak van ernstige kommer vir talle Suid-Afrikaners. Staatskaping, in watter vorm ook al, is afskuwelik en iets wat ons as Suid-Afrikaners nie kan of moet duld nie.”

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand gesê hy steun die totstandkoming van ʼn kommissie van ondersoek.

Zuma het vroeër ontken dat hy só ʼn kommissie teenstaan, maar het hom tot die hof gewend om adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se aanbeveling dat hy die kommissie moet aanstel, te hersien.

Madonselsa het aanbeveel dat hoofregter Mogoeng Mogoeng ʼn regter moet aanstel om die kommissie te lei.

“Die voortdurende onthulling van bewerings van staatskaping het ongetwyfeld en verstaanbaar die openbare vertroue in ons land, ons land se leiers en ons instellings ondermyn,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Noujatoe, vertel jy my nou iets nuuts. Moet sê dit is ongelooflik insiggewend. Dankie man, jy is ‘n yster.

Glenn Baard Namibia ·

Vertragings taktiek Cyril, en almal sien deur dit behalwe die ANC. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie.
Lees die Madonsela report. !!

Die belastingbetaler sal weer miljoene moet opdok vir n ANC vriendelike “konsultant” wat in die ANC se guns sal beslis.

Jakobus ·

Ek sien in die media die nuwe Openbare Beskermer (Busisiwe Mhkwebane) gaan dit weer ondersoek. Dalk is sy nie tevrede met die vorige ondersoek se bevindinge en uitkomste nie.

BOLANDER ·

My genade, Zuma is self betrokke by die staatskaping. Hie siek kan jy kry!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

al ·

Op hierdie stadium glo ek sal die ondersoek na staatskaping Ramaphosa se gewildheid onder kiesers ñ hupstoot gee as presidentskandidaat.
Ek gaan lewe spreek deur te vra dat die Heilige Gees sy hand hou oor daardie staatskaping verslag en dat die volle waarheid ontbloot sal word.

janee ·

Lagwekkend….Die moordernaar ondersoek self die moord wat hy gepleeg het.

Andries ·

Kommissie van ondersoek gaan niks uitklaar nie behalwe dat dit die Belastingbetaler duisende rande van belastinggeld gaan kos, want so ‘n Kommissie word deur die Regering aan bewind nl. die ANC asook President self aangestel. So ‘n ondersoek moet gedoen word deur ‘n onafhanklike regspan in samewerking van die Openbare Beskerming. Hier kom weereens ‘n toesmeer soos waaraan ons nou al teen die tyd gewoond moet wees.

marous ·

Die man pas sy stories aan soos die wind waai . Glo nie ‘n woord wat hy uiter nie.

Skoeter ·

“Staatskaping moet ondersoek word”
Waar was die man die afgelope jare? Daar is mos nou al ‘n volledige verslag hieroor – hierdie mense tree op soos iemand wat water in ‘n emmer gooi wat vol gate is en nie kan verstaan dat die emmer nie vol water kan raak nie. SIEK, SIEK land waarin ons bly, is daar nie ‘n “entstof” teen hierdie bedrog nie? Of nog beter… ‘n entstof wat intelligensie verbeter…….

Hennie ·

Die kommissie sal ook gekaap word en Zuma onskuldig verklaar.

Bruno Stef ·

Pratende Koppe rek die hele aanklag oor kwessie van jare uit en dit sal vanself weggaan of andersins as jy jouself vasverf los n agterdeur oop waarheen jy kan ontsnap sonder om verantwoording hoef te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.