Staatskaping: ‘Nene moet bedank as hy klaar getuig het’

Nhlanhla Nene. Foto: GCIS

Die EFF het Dinsdag gesê Nhlanhla Nene, minister van finansies, behoort uit sy pos te bedank sodra hy klaar voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het.

Dié party het die uitlating gemaak voor Nene Woensdag as getuie voor die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, geroep word.

Die EFF beweer Nene is as minister van finansies aangestel deur die “gekaapte” oudpres. Jacob Zuma aangesien hy saam met die Guptas gewerk het.

“Toe hy minister van finansies was, het hy nie meer hul oproepe geneem nie en probeer om onafhanklik van die Guptas te werk,” beweer die EFF.

Nene is in Desember 2015 deur Zuma afgedank nadat hy glo geweier het om tesourie-goedkeuring te gee vir ʼn ooreenkoms om ʼn kernkragaanleg in Suid-Afrika te bou. Dié aanleg sou tot voordeel van ʼn uranium-maatskappy wees wat deur die Guptas besit is, asook talle ander ooreenkomste waarby die familie sou baat.

Die EFF het die laaste paar dae beweer dat Nene vir én saam met die Guptas gewerk het terwyl hy adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie was.

Nene is heraangestel nadat pres. Cyril Ramaphosa by Zuma oorgeneem het. Volgens die EFF het Nene voorgegee of hy die slagoffer was nadat hy afgedank is.

“Die EFF is bewus van baie ander onderhandelinge en donker geheime wat Nene in die gedrang bring en sal alles bekend maak as hy nie uit sy eie uittree as minister van finansies nie,” lui ʼn verklaring van die EFF.

“Die EFF maak nie dreigemente nie; ons maak beloftes en alle inligting wat ons het, is korrek oor al die kaskenades en skelms van die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Salamander ·

Methinks daar is eerder die in die bed springery met ‘n sekere tabakhandelaar ter sprake.

Ray ·

En wie moet dan aangestel word? Dessie. Die EFF kan geen rekord gee van enigiets opbouend wat hulle bydra tot die ekonomie nie. Al wat hulle kan wys is hoe hulle afbreek en dreig. H&M as voorbeeld. Al wat hulle op roem is hoe hulle afbreek en dan word hulle toegejuig oor hoe goed hulle is.

Dra ‘n slag by tot iets positief. Gaan bou ‘n huis of iets en laat die ekonomie kans kry om positief te groei. Om te roem op stakings by instansies soos universiteite, SOE’s en politieke gewin deur opposisie wat hulle werk doen uit poste te haal is nie opbouend.

Ek daag die EFF om iets positief te doen vir ‘n slag vir Suid Afrika instede van vir eie gewin en Politieke Punte. Staan op om die Vaalrivier te red of so iets instede van om te kla oor die water vuil is.

Hennie ·

Dan moet alles wat die EFF gedoen het tydens Zuma se beheer ook gekanselleer word.

Hoc est bellum ·

Die teikens wat die eff op hul eie rûe plak word al hoe GROTER!

honourable member ·

En wie gaan hulle aanstel? Maar net weer die volgende useless person. So gaan die chaos net aan en aan en niks word ooit opgelos nie.

AW ·

“Daily we witness the spectacle of people in high office escaping judicial scrutiny and retribution because they are able to manipulate the levers of office to deflect any scrutiny of their action.
In South Africa, the ruling party under Jacob Zuma has routinely manipulated the National Prosecuting Authority to deflect the criminal trail of Zuma for fraud.
The ruling party has saturated the bench with minions and political cronies often of mediocre talent in order to achieve its political will.
(Page 170 : Justice Denied – The Role of Forensic Science in the Miscarriage of Justice by David Klatzow – 2014)

John ·

Miskien moet daar breer gekyk word, veral na die buiteland en sy vuil vingers in die vrot paai; mense soos Soros, aangesien hy en RC mekaar onlangs in New York soos bloedbroers gegroet het en Oosterse ooms wie se Made in… so goed hier verkoop. Die beleggers wat die ANC soek word fyn uitgesoek… en dalk is die Gumpies steeds besig met hul legkaartbouery.

L ·

Eff is skuldig aan obstuction of justice, net deurdat hulle nie die inligting in hul besit, na vore bring in die belang van die land en sy burgers nie, wetend dat daar ondersoekke en wetlikke betrokkenheid is. Dis ook blackmail!

Antjie ·

Mense wat inligting van skelmstreke van die publiek en polisie weerhou, is saam met die oortreders skuldig. Dis tyd dat gekyk word na die EFF se motiewe teenoor die publiek. Is hulle net mense wat inligting oor skelmstreke wegsteek, of is hulle bang hulle eie skelmstreke kom ook uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.