Staatskaping-ondersoek: ‘Regering moet samewerking gee’

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, het Maandag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om na vore te kom met inligting en bewyse wat die kommissie in sy ondersoek kan bystaan.

Zondo het die eerste dag van die kommissie se sittings geopen en gesê die reaksie van die publiek op ʼn vroeëre beroep om na vore te kom met inligting, was teleurstellend. “Ek wil die publiek versoek om na vore te kom met inligting. Ons weet daar is baie mense daar buite wat bewyse het. Dit baat nie die land of die kommissie om hierdie inligting te weerhou nie,” het hy gesê.

“Hierdie kommissie is ʼn geleentheid vir ons almal om die land te help en by te dra. Mense in munisipaliteite en plaaslike regering kan moontlik inligting hê. Ons vra julle om na vore te kom en die kommissie by te staan.”

Zondo het gesê die kommissie sukkel met ʼn voortgesette gebrek aan samewerking van amptenare in regeringsdepartemente. Hy sê die staatsekuriteitsagentskap is ook nie juis gretig om te help om die personeel wat deel vorm van die ondersoek top-sekuriteitsklaring te gee nie.

Volgens Zondo het hy al twee keer aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, geskryf om hom te vra om in te gryp in die gesloer deur sy departement se beamptes wat die finansiering van die ondersoek hanteer. “Die minister het by twee geleenthede suksesvol ingegryp. Die kommissie benodig die volle samewerking van almal – regeringsdepartemente moet hul volle samewerking gee,” het hy gesê.

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Voormalige pres. Jacob Zuma het die kommissie op die been gebring om ondersoek in te stel na bewerings dat die Gupta-familie onbehoorlike invloed oor die regering en staatsinstansies uitgeoefen het en miljarde rande deur onwettige kontrakte met die staat bekom het. Dit het gekom na aanleiding van voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se verdoemende staatskapingverslag waarin talle top-regeringsbeamptes, politici en hoofde van staatsentiteite by die staatskapingbewerings betrek is.

Zuma het aanvanklik probeer om deur middel van ʼn hofaansoek ʼn stokkie te steek voor die bekendmaking van die verslag, maar dit is uiteindelik in November 2016 bekendgemaak.

Zondo het die hooggeregshof genader om die geallokeerde tydsraamwerk van 180 dae na twee jaar te laat verleng om die kommissie genoeg tyd te gee om sy werk af te handel. Die hof het vroeër vandeesmaand dié versoek toegestaan.

Getuies wat na verwagting vandeesweek voor die kommissie sal verskyn, sluit in Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, Themba Maseko, voormalige regeringswoordvoerder; Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP; en Phumla Williams, die huidige regeringswoordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marous ·

Wat ‘n spul twak! Komissie vir twee jaar wat biljoene gaan kos en hulle maak gewag van die man op straat om ‘n staat se vernietiging te bewys? Die grootste bedrog spul in die moderne geskiedenis en dit gaan net aan!

Nita ·

Daar gaan dadels kom van hierdie hele kamtige ondersoek na staatskaping. Veral as die man op straat nou moet help. Ons beweeg nie in die Guptas en ANC se hoes,se kringe nie. Ons betaal maar net belasting en BTW dat ons oe traan, en almal in die townships is nog net so sleg af soos voor 1994. So die ANC en al hul trawante moet asseblief vir ons vertel wat hulle met al die biljoene der biljoene rande gemaak het.

Alida ·

Niemanf sal praat nie want dan word hulle vermoor. Dit is mos SA se nuwe stokperdjie. Die enigste een wat ALLES weet is mos Zuma en sy Gupta pelle. Hulle weet mos wie almal betrokke was of moet ons dit uitspel. Al die onbekwame ministers wat Zuma so mildelik aangestel het weet mos.

Groenie ·

Dit sal nogal interessant wees om te hoor wat die vergoeding van die lede van die kommissie sal wees. As hulle vir hulle tyd betaal word, sal die ondersoek mos so lank as moontlik uitgerek word en Zuma sal aanhou uitstel vra.

Elm ·

No one is going to talk. Cele is already refusing police protection for whistle blowers. This commission is just another scam. An indepth audit (not by KPMG…) will show the paper trails. Indeed, why involve the man in the street? Smoke-screen. Same-old, same-old.

My best friend was murdered for his investigation of massive fraud at Uni Fort Hare – mid 1990’s. I took over tracking the massive fraud in the mid-90’s & 2 days after handing in my 319 page affidavit at AG Bisho I was shot at for my troubles. Last two months on campus I had two PRIVATE bodyguards and was wearing a bullet proof vest!

Banana republic indeed. Our taxes fund the criminals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.