Staatskaping: Presidensie moet opdok vir appèl

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdag beslis dat die presidensie verantwoordelik is vir die koste van die aansoek om verlof tot appèl teen ʼn hooggeregshofuitspraak wat met die voormalige openbare beskermer se staatskapingverslag verband hou.

eNCA berig die presidensie was Woensdag in die hof om formeel kennis te gee van pres. Cyril Ramaphosa se besluit op 6 April om die aansoek om verlof tot appèl, wat deur oudpres. Jacob Zuma ingedien is toe hy nog president was, terug te trek.

Zuma het dié appèl in Desember voor sy bedanking in Februarie by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien. Hy wou verhoed dat Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), se staatskapingsverslag bekend gemaak word, maar die hof het beslis dat dié verslag in openbare belang is.

Die hof het ook beslis dat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid vir die regskostes van sowat R10 miljoen moet betaal, waarna hy geappelleer het.

News24 berig Isaac Chowe, vir die presidensie, het Woensdag gevra dat die hof ʼn kostebevel vir die appèlaansoek maak tot op 6 April. Chowe het ook aangedui dat Ramaphosa se terugtrekking van die appèlaansoek nie vir Zuma verhoed om in sy persoonlike hoedanigheid teen die hofuitspraak te appelleer nie.

Regterpresident Dunstan Mlambo het die presidensie se terugtrekking van die aansoek om verlof tot appèl toegestaan en beveel dat die koste van hierdie terugtrekking deur die presidensie betaal moet word.

Zuma is egter steeds aanspreeklik vir die ander regsonkoste wat aangegaan is voordat die appèlaansoek in Desember ingedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Duncan Potgieter ·

Die geld kraantjie vir die korrupte ANC se JZ het nou opgedroog. JZ en sy trawante moet maar hul mates vir die “Orange overhauls” neem en deurstuur na die tronk owerhede.
JZ, jou dag het aangebreek in die hof – jou korrupte “Presidents Keepers” wat jy aangestel het en die hele staatsbestel beheer het om JZ uit die tronk te hou, is nie meer in beheer nie om miljoene belastingbetalers se geld te verbruik /vermors vir jou eie gewin en medelopers .

humor ·

Maroela dankie vir die sprekende gesigsuitdrukking. Waar is die giggellaggie dan nou?

Moeggewag ·

Zuma gebruik nog altyd elke triek in die boek om sy dag in die hof te systap. Dit kan maklik nog 5 jaar of langer duur. Dan is hy 83 jaar oud. Dan agiteer sy beskermers. Ag siestog, hoe kan julle so ‘n ou weerlose man nou tronktoe stuur.?

Piet Snot ·

Soos die ou wat sy ouers vermoor het, en toe ter versagting pleit fat hy ‘n arme weeskind is.

marous ·

Ramaphosa en hy het twee weke terug saam rongevlieg in Limpopo en gekuier . Op die belasting betaler se koste!

H. Stoltz ·

En toe, wie betaal vir die gedeelte wat deur die “Presidensie” betaal moet word? Is dit nie jy en ek die belastingbetalers nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.