Staatskaping: ‘Ramaphosa weerspreek homself’

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het bekend gemaak dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa AfriForum se gesamentlike hofaansoek in die konstitusionele hof teenstaan.

Dít volg nadat AfriForum, die Quaker Vredesentrum en die F.W. de Klerk Stigting op 8 Junie vanjaar ’n aansoek in die konstitusionele hof gebring het om ’n bevel te bekom om Ramaphosa te las om ’n kommissie van ondersoek in die lewe te roep om bewerings van staatskaping te ondersoek.

Die aansoek is teen Ramaphosa, president Jacob Zuma en die Suid-Afrikaanse regering gebring. Al drie respondente het die aansoek teengestaan.

“Ramaphosa se onlangse uitlatings in die media dat hy die aanstelling van ’n kommissie van ondersoek goedkeur, is teenstrydig met sy teenkanting van AfriForum se aansoek. Die aansoek het juis ten doel om hom te bemagtig om dié kommissie saam te stel,” het Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid gesê.

AfriForum gaan voort met die regsproses en meen dat Ramaphosa nie die aansoek sou teenstaan as hy ernstig oor ’n kommissie van ondersoek was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

willie ·

Hy swaai maar net die septer na die wind! Jy kan nooit die ANC vertrou nie!

Dom ·

Ag man, hy is net so kop en een mis met die res van die ANC regering. Hy praat net op die stadium ten gunste van S.A. se mense om hulle guns te wen – tot hy in die president stoel sit.

Oswald Strauss ·

Hoe lui die spreekwoord,waar bloed
nie vloei nie,daar kruip dit.

Mielie ·

Twee gesig. Hy maak staat op onkundige kiesers en sê net die regte goed, maar voeg geen daad by woord. So CR in my oë is jy n bangbroek. Sal jou ook defnitief nie kan vertrou nie. Niks nuut nie dit blyk NIEMAND in die ANC kan vertrou word….

Pieter Streicher ·

Dit wys sy ware kleure. Hy kan nie vertrou word nie en alles wat uit sy mond kom moet jy vat met n tikkie sout. So is ek ook van meening hy Sal sy siel verkoop vir geld en dan nog lieg daaroor ook. Sy tipe se een ding voor jou en agter jou rug gaan doen hulle presies die teen oor gestelde en as for boomerang blameer hulle jou want sy tipe is mos altyd onskuldig. Dis hoekom daar n hel is.

Leendert ·

En ek wat nou al vir maande lank kommentaar teen Cyril Ramaphosa lewer, ook oor sy ekonomiese beleid betreffende radikale ekonomiese transformasie, hy met alle mag teen Zuma inklim, NA die madia en bykans almal vir Zuma reeds teen die planke het, en NOU wil hy kom klits. Na ek bogemelde berig gelees het, kan ek net sê: “I rest my case”.

De Villiers ·

Dis die tweede keer waarvan ek weet dat Ramaphosa homself weerspreek. Die vorige keer was dit toe Pravin Gordhan, toe nog minister van finansies, dringend van die begrotingsberaad in die Verenigde Koningkryk moes terugkeer op Zuma se versoek. Die media het toe begin spekuleer dat Gordhan sy amp as minister gaan verloor aangesien Zuma ‘n kabinetskommeling oorweeg. Ramaphosa het die publiek toe gerus probeer stel dat dit nie die geval is nie, en toe Gordhan wel in die pad gesteek is, het Ramaphosa skielik ander verskonings gehad.

Se maar net ·

Sal interessant wees om CR se eerlike kant te hoor…. dit wat sy gewete v hom se.

Karel ·

Ongelukkig is dit ‘n feit soos ‘n koei dat geen politikus vertrou kan word nie.

Jakobus ·

Quote form Shrek script: “I ant the sharpest tool in the shed.”

Nico ·

Hulle kan nie vir zuma sink nie hulle gaan saam met hom moet tronk toe as hy gaan van die bestaan van die anc jok hulle en beskerm mekaar mbeki en malema het net te ver gegaan

Johann Marx ·

Hoe weet jy wanneer ‘n politikus homself weerspreek? Wanneer sy lippe beweeg….

Leendert ·

Die Matie studente is vertel: “Shape up, or ship out”. Nou waarom dit nie vir die egering vertel nie …. mmmmmmm

lw ·

Dat die ANC Zuma nie vasvat nie, is baie agterdogwekkend en CR weerspreek homself gereeld. Thabo Mbeki sê dat optrede teen staatskaping te gedemp is, maar hoe kan ons SA’ners onsself beskerm indien die regering wie zums verkies het, eerder hom beskerm?

Mark ·

SR kan nes Jacob Zuma nie vertrou word om in belang van die hele SA op te tree nie. Die land se toekoms lê nie met die ANC nie.

tom ·

Almal se die adj pres is die een wat die land uit die moeilikheid gaan haal ,ek se hy is deel van die reg wat vrot is ,vertrou hom niks

Johan ·

Wolf in skaap klere….jy kan die ou net so min vertrou soos zuma

jakie ·

SR se draadsittery oor uitsprake wat hy maak bewys maar net weer dat hy steun probeer wen om Zuma op te volg. Ek sal graag wil weet hoe hy aan sy rykdom gekom het? Ek is van mening dat hulle is almal vrot van bo tot onder.

Eish ·

Dis te verstane veral wanneer die hofaansoek uit hoofsaaklik n wit bron gedryf word. Die ervaring deesdae met die regerendes is dat enige voorstel, idee of raad uit n blanke sektor van die samelewing outomaties n teenkantingsmeganisme het wat inskop. Dit maak dus die howe vir ons die enigste oorblywende meganisme om goeie regering en wettige regte af te dwing.

Eish ·

Die FW de Klerk stigling wat ook n party tot die aansoek is, kan maar liefs n maandelikse bydrae aan Afriforum maak. Daar bestaan onder blanke geledere soveel antagonisme teenoor die resultaat van ons onderhandelde skikking wat die helhool tot gevolg gehad het, dat ek oortuig is die Burgerregte organisasie sal strate beter kan doen met die middele.

moelf ·

As die vis se kop vrot is kan die lyf nie reg wees nie……. sê maarnet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.