Staatskaping: Regering probeer verlore geld terugkry

Nhlanhla Nene (Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie)

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Donderdag gesê die regering werk saam met internasionale instellings om al die geld wat deur staatskaping uit staatskoffers gesteel is op te spoor en terug te vind.

Nene het gesê dis moontlik dat die skade wat staatskaping gedoen het soms onderskat word. “As jy kyk na maatskappye wat in staatsbesit is – dít is waar ons grootste uitdagings op die oomblik lê, want as dit nie daarvoor [staatskaping] was nie, sou hulle basis nie so weggekalwe gewees het soos wat dit nou is nie. Ons moet nou die staatsinstellings wat die ergste geraak is herbou,” het Nene gesê.

Hy het gesê sy departement werk saam met verskeie multilaterale instansies wat hulle in staat sal stel om verslag te gee van geld wat onwettig herlei is, dié geld op te spoor en terug te kry waar moontlik.

Nene het die media toegespreek tydens die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) wat gehou word saam met die Suid-Afrikaanse regering en internasionale sakeleiers om insig na die land se ekonomiese en politiese vooruitsigte te bekom.

Dié gesprek sal ook as grondslag dien vir Suid-Afrika se beleggingskonferensie wat na verwagting later vanjaar sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

Hulle het dit soos ‘n spaarvarkie geplunder asof hulle bang was dit gaan uit die mode uit. maar nou is hulle nog nie klaar nie, nou kom grond aan die beurt.

hertjie ·

hulle mienie al die goue handdrukke en nkandla vergeet nie. of om molefe te gaan omdop vir sy “pensioen” waarop hy nie geregtig is nie.

Joshua ·

Begin by die korrupte diewe Guptas, ,Zuma, ,oud base van Transnet,SARS,Eskom,GEPF se PIC, KPMG, Malema, Ace,Mkize,Gigaba en nog vele meer van die ANC..

Elsa ·

Wat n bly dag sal dit wees! Dan kan ons minder belasting betaal

Wonder maar net ·

Sal graag weet na hoeveel hulle soek. Ek twyfel of hulle ooit weet.

Adam ·

Wat ‘n grap. Julle kanse is beter om die Kruger miljoene te vind.

John ·

Groot show vir die buitewereld om beleggings te lok. Die ou manne se impak is zero. Ons is reeds naby die afgrond.

Hansie ·

Mense, die manne in bewind het grootgeword met “stokvel” Elke dag kry iemand anders n beurt

Snowball ·

ANC, julle het julle korruptes soos honger wolwe losgelaat op Staatsinstansies. Julle wil massas paai met beloftes van grond want alles is reeds geplunder. Hoe gouer almal in SA besef die ANC sal die burgers van hierdie land laat slag soos skape om aan bewind te bly, hoe beter.

Colleen ·

Hulle hoef nie ver te gaan soek nie. Die meeste Suid-Afrikaners met meer as een breinsel kan presies sê waar die geld is.

Sarel ·

Hoe lekker lag ek nou en die Buiteland glo seker die stories. Geen Amptenaar wat geld vermors het, dink aan die Treine van Prasa, bedrog by SAL en Eskom en SAUK is nog gedagvaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.