Staatskaping-saak: Hof lewer uitspraak

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer in die DA se hofaansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.

Die hof het beslis dat Zuma nie onmiddellik só ’n kommissie op die been hoef te bring nie hangende sy aansoek om Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), se remediërende stappe in haar staatskapingverslag te hersien. Dié aansoek word in Oktober aangehoor. Die hof het gelas dat die DA en OB die regskostes van die aansoek moet betaal.

Madonsela het in Oktober verlede jaar aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek aanstel wat onder die voorsitterskap van ʼn regter sal staan. Die DA het die hof genader om te beslis dat Zuma versuim het om aan Madonsela se aanbevelings gehoor te gee.

Zuma het egter ’n teenaansoek gebring om die remediërende stappe op die ys te plaas totdat sy hersieningsaansoek afgehandel is.

Madonsela het aanbeveel dat ʼn regter deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangestel moet word om die kommissie te lei wat verder ondersoek moet instel na die kanalisering van staatshulpbronne na sakemanne met noue politieke bande.

Zuma het egter in sy aansoek aangevoer hy is nie verplig om aan die OB se verslag gehoor te gee indien hy die korrektheid daarvan in twyfel trek nie.

Adv. Anton Katz SC, vir die DA, het verlede maand toe die aansoek aangehoor is gesê Zuma se hofaansoek is nie ʼn goed genoeg rede waarom die president nog nie die kommissie van ondersoek aangestel het nie.

Busi Mkhwebane, die huidige OB, het die DA se hofaansoek gesteun om te versoek dat Zuma verplig word om ʼn kommissie van ondersoek na staatskaping aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Die man kan darem die kieries swaai! Daar word die DA n bloedneus gepiets. Die OB bly haar aan die ontvangkant van die uitgedeelde slae bevind. Eers die Reserwebank nou dit.
Wag vir Oktober, dis om die draai.

Johann ·

Hehehehehe…hys dalk net n glorified bokwagter maar daai terroris opleidung het hom goed geleer om homself met slem mense te omrung wat potaal word om hom uit die snodder te hou. Gly teen n opdraande uit. En bluf blaf kaf om die huidige OB ook te laat sê Zumpi moet doen wat die vorige tannie gese het! En om.te dink ons.praat van ons land se president????? Skikkend. ANC LEGACY: SA herdoop na ZUPTOPIA met ZUMAIKIES aan bewind.

Michelle ·

Thuli Madonsela kan haar beslis president maak, sy is regverdig.

Johanna Botha ·

So gaan dit nou al in die ronte en steel ons net verder soos ons gaan ….so MOEG vir die anc diewe !

Jacques ·

Ons gaan nie wen nie maar net hoop ons kry n nuwe pres wat dan die saak kan verder vat. daar kan nie n manier wees dat hy daarmee kan wegkom as hy nie pres is nie

Boet Fasie ·

Nee wat niemand gaan iets kan doen aan hierdie shark se vere nie. Hy kom met alles weg en gaan nog bitter oud raak as president van hierdie land so julle moet maar geduldig wees met sy laggie.

James ·

Ons sogenaamde wonderlike Grondwet is eintlik maar n wonderlike gemors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.