Staatskaping: Uitspraak voorbehou oor Zuma se hofaansoek

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak voorbehou oor pres. Jacob Zuma se teenaansoek teen die DA se hofaansoek om hom te dwing om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.

Regter Motsamai Makume het lang voorleggings van regspanne aan Zuma, die openbare beskermer en die DA aangehoor voordat hy gesê het hy het tyd nodig om oor die saak na te dink.

Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), het in Oktober verlede jaar aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek aanstel wat onder die voorsitterskap van ʼn regter sal staan. Die DA het die hof genader om te beslis dat Zuma versuim het om aan Madonsela se aanbevelings gehoor te gee.

Zuma het intussen Madonsela se staatskapingverslag, wat veral lig werp op Eskom se transaksies met die omstrede Gupta-familie, hersien omdat hy nie met haar aanbeveling om die kommissie van ondersoek aan te stel saamstem nie. Madonsela het aanbeveel dat ʼn regter deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangestel moet word om die kommissie te lei wat verder ondersoek moet instel na die kanalisering van staatshulpbronne na sakemanne met noue politieke bande.

Madonsela het Zuma 30 dae gegee om die kommissie van ondersoek aan te stel en die DA het hof toe gegaan om hom te dwing om hierdie aanbeveling toe te pas.

Zuma het in Junie hierop gereageer deur ʼn teenaansoek teen die DA se aansoek in te dien om uitstel te versoek op die inwerkingstelling van Madonsela se aanbevelings totdat die hersiening gefinaliseer is, indien nodig. In sy aansoek voer Zuma aan hy is nie verplig om aan die OB se verslag gehoor te gee indien hy die korrektheid daarvan in twyfel trek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Wat ‘n voorbeeld vir die kriminele wêreld! Jou dag sal kom Jakob [hakskeen byter, korrupte diaken van satan], dat jy armoede sal pleit terwyl jou kerrie tjommas lekker lewe in Dubai!

Jacques Venter ·

Geskiedenis herhaal homself.Net soos met Israel word n goeie koning opgevolg deur n slegte een. Dit het tot gevolg dat die volk ly.

Die magte van ons president is te onbeperk. As daar aan die grondwet verander moet word, moet hierdie saak ernstig oorweeg te word

Plantasie Gorilla ·

So ons is in elk geval uitgelewer aan die briljante brein van n diktatoriale president. As hy besluit hy stem nie nie saam nie, einde van storie. Wat is dan die sin van die hele OB departement. Wha ha ha. Welkom in Afrika.

Afrikaanse Knaap ·

Mag hy so gou moontlik van sy amp ontneem word en die volle mag van die reg voel.

Daan Erasmus ·

Hoe eet jy ‘n olifant op? Happie vir happie. Geluk DA. Baie geluk. Almal. Ek ook het gedink die mosie van wantroue is futiel. En toe die laaste een toe gebeur dit. Veral vir Desere van der Walt van Limpopo vir die harde werk. Ons sien dit raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.