Staatskaping: Verhore hervat dán

Raymond Zondo. Foto: ANA.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het Woensdag laat hoor dat adjunkhoofregter Raymond Zondo Donderdag sal uitspraak lewer oor die Gupta-familie en Duduzane Zuma se aansoeke om getuies te kruisondervra.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het gesê die verhore sal Maandag 17 September hervat waartydens verteenwoordigers van banke bewyse sal lewer rakende hul sluiting van Gupta-maatskappye se rekeninge.

Maroela Media het Dinsdag berig die verhore is onbepaald uitgestel as gevolg van “ongelukkige omstandighede”. Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, sou Woensdag voor die kommissie getuig.

“Sekere berigte gister in die media dat die kommissie van ondersoek na staatskaping se werk opgeskort is, is nie korrek nie. Die werk van die kommissie en die verhore duur voort,” het Stemela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hansie Slim ·

Die mense word nou natuurlik geïntimideer wat die proses gaan stop of “onbepaald” gaan vertraag.
So, waarskynlik nog ‘n doodloop!!!

Alida ·

Ou taktiek van die ANC om uit te stel. Die regter moes dit nie toegelaat het nie.

Wessie ·

Vertragingstaktiek!
Dis seker waaroor die geheimsinnige vergadering in Dbn gegaan het.
En skiekik is Zuma se pensioenvoordele ook ter sprake in die parlement, hy moet al sy eendjies in ‘n ry kry want die getuies teen hom en sy mede-skelms stapel op!

LB S ·

Raai, raai, daardie geheime samesprekings met Zuma in die Durbanse hotel was die rede hiervoor. Hy het hulle by die korthare en natuurlik daar aangedring op sy Pensioen en volle voordele, plus seker dat Duduzane nie vervolg mag word nie. Baie “ongelukkige omstandighede” inderdaad. Want net die volgende dag word dit afgekondig dat hy sy Pensioen en alle voordele gaan ontvang! Dis MY mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.