Staatskaping-verhore onbepaald uitgestel

Raymond Zondo. Foto: ANA.

Die verhore van die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, is onbepaald uitgestel.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê al wat hy in dié stadium as die rede vir die uitstel wil voorhou, is “ongelukkige omstandighede”. Hy wou nie verder uitbrei oor die rede vir die uitstel nie.

Maroela Media het Dinsdagoggend berig dat Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, Woensdag voor die kommissie sou getuig.

Hogan se naam is twee weke gelede deur Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, genoem tydens haar getuienis voor die kommissie wat deur adjunkhoofregter Raymond Zondo gelei word.

Mentor het gesê Ajay Gupta het in 2010 vir haar die pos as minister van openbare ondernemings aangebied om Hogan te vervang. Mentor was in dié stadium die voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke.

“Die kommissie sal Woensdag nog ʼn verklaring uitreik rakende die program vorentoe. Daar sal dus nie môre ʼn verhoor plaasvind nie,” het Stemela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mielie ·

Dit kom nie as n verrasing nie, Zuma taktiek. Hier sal niks van kom nie. Mens moet eintlik vir die spul lag, hulle dink die publiek weet nie van beter nie. Ek glo vas hulle het nie n idee hoe om dit te hanteer nie en geld speel natuurlik n groot rol.

Johan Mostert ·

Geen werklike verassing nie omdat die ANC werklik sukkel om enige projek van die grond af te bring. Daar moes liewer na die oposisie gekyk word vir leiding as iets hiervan gemaak wil word.

Snotklap ·

Die ondersoek het sy doel gedien. Ramaphosa moes ondersoek om van sy volgelinge tevrede te stel and nou is dit gestop want dit sal te veel van die anc lede impliseer by die kaping.

Tinkie Bling ·

Dit is nou glad nie n verrassing nie. Welkom in Suid-Afrika. Ons was geraak is het in die stilte vertrou die Zondo kommissie sal dit kan deurvoer tot op die einde. Weer eens ons tyd, ink en papier gemors

zoom zoom ·

Het die ontmoeting van zuma en ace en supra plus dir amc jeuglid wat toevallig naby zuma en sy kaders was iets te doen met die stop vsn Zondo se ondersoek of trek Zondo nou kleinkoppie??????

LB S ·

My eerste gedagte was ook die “geheime ontmoeting”. Iets gaan binnekort ontplof!

Bosveld ·

Dudu het geweet dit sal gestop word. Skielik sou hy getuig, skielik afgestel…. Cover – up, meesters met dit

Gustav ·

Wel daar is regtig geen rede waarom hulle nog meer tyd en geld moet mors nie, almal weet wie die skuldiges is, dit is tyd dat daar aksie moet wees en hulle moet toegesluit word en wie glo hulle is nie skuldig nie moet dit dan bewys om self hof toe te gaan

John ·

Barbara het dalk ‘n video-opname wat as bewys gelewer sou word. Ons geagte regter is deur ons voormalige eerbare president sy edele Jacob Zuma aangestel en hy kan seker met die geagte regter doen wat hy wil, veral omdat JC steeds die president ‘in waiting’ is, aan wie almal verslag doen. CR lyk in elke geval al meer en meer na die waarnemende president wat woer-woer speel tot die regter aankondig dat geen bewyse gevind is nie en dan kan die ‘regering’ weer terugkeer na Saxonworld en Zuma weer sy troon bestyg vir rondte no 3. Kry ‘n valhelm.

Frikkie Geld en huis ·

Die Zondo-kommissie was van die begin af ‘n doring in die vlees vir die ANC, want almal is korrup. Dit is ook die rede waarom Zuma nooit ontsetel kon word tydens een van die DA se vele mosies van wantroue teen die skelm nie. Hy het geweet elkeen het iewers ‘n vinger in ‘n pie en sal daarom nie teen hom kan draai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.