Staatskaping: Verslae by kommissie ingedien

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Verskeie verslae oor die bevindinge van ondersoeke na staatskaping by staatsinstansies is Maandag by die kommissie van ondersoek, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ingedien.

Adv. Thandi Norman het die verslae aan die kommissie voorgelê. Dit het ingesluit die verslae van voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela, die Werksmans-verslag oor Transnet se aankoop van 1 064 lokomotiewe, die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings se verslae oor Eskom, Denel en die Gupta-familie se burgerskap, adv. Geoff Budlender se verslag oor die Trillian-ondersoek en die ENS Forensics se verslag oor die Estina-suiwelplaasprojek.

Navorsingsverslae van nie-regeringsorganisasies, akademici en individue wat dit op hulself geneem het om die omvang van staatskaping binne die Suid-Afrikaanse regering en sy entiteite te ondersoek, is ook ingedien.

Daar is ook transkripsies ingedien van Madonsela se onderhoude met getuies wat ondervra is gedurende haar ondersoek na bewerings van staatskaping. Dit sluit onder meer in onderhoude wat Madonsela gehad het met voormalige pres. Jacob Zuma, Rob Davies, Fikile Mbalula, Julius Malema, Pravin Gordhan, Nhlanhla Nene, Themba Maseko, Vytjie Mentor en Barbara Hogan.

Norman het gesê die Nasionale Vervolgingsgesag het die kommissie in kennis gestel dat die voortgesette hofsaak oor die Estina-suiwelplaasprjek tans in Bloemfontein aangehoor word waar nege mense verhoor word.

Norman het aan Zondo gesê daar is meer as 122 bokse vol dokumente wat steeds gepagineer moet word. Van die navorsingsverslae moet geverifieer word, het sy gesê.

Die kommissie sal op sy tweede dag van sittings getuienis aanhoor van Ndleleni Willie Mathebula oor die verkrygingvoorskrifte en beleid van die nasionale tesourie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Prevention is better than cure, né? Maar daaraan steur niemand hulle nie…..Nou speel ons kommissie-kommissie om die kiesers te paai, want volgende jaar is daar alweer ‘n verkiesing, en nog baie meer om te verdoesel…. Almal het nog nie ‘n snoet in die trog gehad nie en wag geduldig hulle beurt af.

Colleen ·

Nog ‘n kommissie. En waar is die kommissie wat toesig moet hou oor hierdie kommiessie? Nee wat klink weer na ‘n korrupte spul besluite om kastig ‘n kommissie aan te stel.

Francois vRvO ·

Klink soos die geskiedenis homself herhaal , selfde tipe komisie van ondersoek soos wat John Voster gely het nadat Safendas vir Verwoerd vermoor het , weer een of ander toordokter se skuld.

Bernard Hellberg ·

Zondo gaan lekker sous skep – nagenoeg R260-miljoen. Tel dit by die R420-mil vir Life Esidimeni en Marikana, en dink daaraan dat niemand in die tronk beland het nie. Net ‘n simplistiese, tipiese Afrika-speletjie?

Stuiwer ·

Hierdie is net ‘n mors van tyd en geld en daar gaan NIKS van kom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.