Staatskaping-verslag bekend gemaak

openbare-beskermerThuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se verslag oor staatskaping moet bekend gemaak word.

Die hooggeregshof in Pretoria het pas gelas dat die verslag voor of teen 17:00 vanmiddag bekend gemaak word. Politieke partye het versoek dat die verslag onmiddellik bekend gemaak moet word nadat pres. Jacob Zuma sy aansoek, om te probeer keer dat die verslag bekendgemaak word, laat vaar het.

Dit kom nadat die hof Dinsdag beslis het dat vier opposisiepartye en Vytjie Mentor mag ingryp in Zuma se aansoek. Die aansoek is met koste toegestaan.

Die verslag is opgestel na bewerings dat die welgestelde Gupta-familie onbehoorlike invloed gehad het in die aanstelling van ministers.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het ook Maandag ʼn aansoek om ʼn interdik ingedien. Hy meen die verslag is oorhaastig saamgestel sonder dat sy grondwetlike regte in ag geneem is.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is ook Maandag weer hof toe in ʼn poging om te verhoed dat die verslag bekendgemaak word. Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien om te keer dat Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskaping-verslag bekendgemaak word.

Die Guptas het ook vroeër gedreig om ʼn interdik te probeer bekom maar toe daarteen besluit.

Die staatskaping-verslag is tans in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

Nou is die pad mos skoon vir die nuwe OB, Busisiwe Mkhwebane. Kom ons kyk of sy haar kant gaan bring, of dalk ‘n haas uit die hoed trek.

Johann ·

Ok miskien is ek naíef en desperaat vir iets wat bewys dat die regbank NIE korrup is nie.MAAR….JIPEDEEDOOODAAAAWHOOPEEEE YEEEEEEEEES! Vat so Zumaikies en kie. Nou natuurlik die inhoud? En die reaksies….????? Hier kom dit.

Joh. 3:16 ·

Oppas, Zuma is ‘n baie hoogmoedige leier. Hy hou nie van verloor nie. Van uit sy karakter maak dit nie sin dat hy sy saak sommer so sou tref trek nie. Dit sal my nie verbaas as die bekendmaking van die verslag geen effek op sy posisie gaan hê nie; of hy dit gaan ignoreer; of die verslag eers na die bekendstelling sal beveg nie. Tog hoop mens hy word uitoorlê dat Thuli Madonsela die volgende president kan word. As hierdie verslag Zuma uit sy pos kan kry, salueer ek haar. Dan het sy iets reg gekry wat die burgerregte organisasies en die howe nie kon regkry nie.

C ·

Johann ek voel net so opgewonde soos jy. Ek sit in spanning en wag om te hoor wat in daardie verslag staan. Ek het baie vertroue in Thuli, en ek glo sy sou haar werk deuglik deurdink het voordat sy enigiets net op papier sit. Hehehehe, ek bewe in my vel van opgewondheid.

Nico ·

Ek hoop nie Zuma gaan nou bedank nie. As hy in die stoel bly is ons hopelik daarvan verseker dat die ANC in 2019 beheer oor ten minste Gauteng verloor.

marlene ·

Nou gaan die poppe dans – en die sherbet behoorlik die fan slaan!

Buitestander ·

Nou kan deursigtheid eindelik seevier en die warheid op die lappe kom.
Nou moet die hele proses om ‘n nuwe OB van vooraf begin.

bakoor ·

Dalk n surprise vir almal of dalk nie. Sal moet wag en sien

hoe nou ·

Hoe gaan of sal ons as gewone mense opsyraat weet of fie verslag regtig agter slot en grendel was. Wat is die kans dat die kamtige nuwe OB nie reeds die ding self gelees het en versprei het na sekere elemente in die parlement. Hoekom is Cyril so stil asook Mbete die speaker. Iets nie lekker

Joh. 3:16 ·

Iets is nie reg nie. Hoogmoedige mense soos Zuma verander nie sommer hulle afslag as dit hulle nie bevoordeel nie…

CF ·

As Zuma en sy maats onskuldig is, hoekom keer hulle so dat die verslag bekend gemaak word?

Johann ·

Ok…ek vermoed n paar palings in die putu pap (eerder as n slang in die gras). Verstaan ek reg dat die nuwe ZUMAIKIE O.B eers die verslag as korrek en gereed vir “bekendmaking” moet verklaar? En in aggenome die blatantheid waarmee met ons logika omgegaan word: is ons SEKWR dis die WERKLIKE verslag?

JR ·

Skielik flits daar iets deur my gadagtes. Wonder hoeveel Immodium vandag al verkoop is…..

Jurie ·

Almal verkeerd. Zuma het aansoek terug getrek want hulle weet reeds wat is in die verslag en vannag verdwyn die verslag uit die kluis en n gewysigde een verskyn later.

Cherokee ·

Dit is nou werklikwaar va die domste raaiskote. Dink julle werklik dat Madonsela nie ‘n weergawe het nie? Dink realisties.

humor ·

Laat my dink aan die groot klip waarop geskrywe was ” draai my om en kyk wat le onder my” Almal was vrek nuuskierig en met groot moeite is die klip uitendelik omgedraai. Daar onder staan toe geskryf” dankie nou le ek weer op n ander sy”

Linda B ·

kom ons hoop net dis die oorspronklike een en nie ‘n “edit” een nie!!!!

sorry ·

Die verslag gaan nie vrygestel word alvorens Zwane se intetdik aan gehoor is. OB het gese sy moet eers sekermaak oor dinge. Sien berig in Sowetan op internet

Jakobus ·

Ek sien die Sowetan dra wel dieselfde berig as die ander. Op die laatste @17h00 vandag moet die verslag bekend gemaak word en op die OB se webwerf beskikbaar wees.

Alida ·

Ai Ai mense watter deel verstaan julle nie. Al peuter hulle met daardie verslag daar is BAIE afskrifte ver gebêre. Vestaan dit tog.

JakesJ ·

Alida, asb, as jy een het stel hom vry. Ek hoop net ware kopie het Thuli self bewaar, kluis tel nie, want wie dra die sleutel…..?

Denise van Tonder ·

Ek ste m heelhartiglik saam – Thuli sou nie so dom gewees het om dit in die hande van die nuwe OB te laat sonder om afskrifte daarvan te maak en te bêre nie – sou dit gebeur is die nuwe OB net so korruk soos die ander en sal sy ook aan die pen ry en word sy dalk gouer uit haar nuwe stoel gelig.

Heksie ·

Ek glo nie Thuli was so dom om nie n afskrif te gehou het nie. Ek is seker sy gaan luister wanneer hulle die verslag bekend maak, en as daar gepeuter is gaan sy inspring en die regte een gee

willie ·

GESKIEDKUNDIGE DAG.REGSTAAT NIE GEKAAP NIE.EN IN DIE STRATE STAAN S.A.- BURGERS SAAM OM ONS LAND TERUG TE VAT UIT DIE GULSIGE KLOUE VAN ZUPTA

humor ·

Ag, Maroela magtag tog my kommentaar is bedoel om so n bietjie die spanning van die afgelope tyd te breek. Kan jul voorstel hoe al die sensasie sal vedamp en teleurgestel sal mense wees as alles reg en in orde is.

Mariska ·

Ag daai skrywe is klaar verander om vir Zuma en die Gupta’s te pas. Dis my siening. Daai papier is seker nou ‘n niks werd scrap paper nie

zoom zoom ·

Zuma gaan dalk ‘n Paul Kruger op ons trek.en padvat na Dubai

My opinie ·

Ek dink ook dat zuma en kie reeds weet wat in die verslag staan en dat hul regsadviseurs alreeds die roete vorentoe beplan het. Heelwaarskynlik is daar met die verslag gepeuter, maar ek is seker dat adv Madonsela ook daarvoor voorsiening sou gemaak het. Gedagtig aan hoe zuma te werk gaan kan mens verwag dat daar ‘n slang in die gras is. Hoekom anders nou die 360° omkeer

Denise van Tonder ·

Ek dink regtig dit het tyd geword dat Zuma en sy makkers aan die pen ry – hulle kan net nie altyd wegkom met alles nie – dit is regtig bedrog op bedrog en waar gaan dit eindig – ons moet saamstaan en veg dit is ons land nie syne nie – dit sal goed wees as hy wil padgee!!!

Pieter Ellis ·

Dit is goeie nuus, maar ek vermoed daar is n skroef los. Zuma het heeltemal te geredelik sy saak laat vaar. En, na aanleiding van Generaal Johan Booysen se boek, Bloed op hulle hande, kan ek net dink dat die OB se verslag dalk “subtiel verander” is. Hopelik sal Thuli Madonsela ons kan reghelp as die verslag nie die ware boodskap bevat nie.

Mike de Beer ·

As jy niks verkeerd gedoen het nie dan het jy mos niks te vrees nie Zuma, Van Rooyen en Zwane? Die Openbare Beskermer het duidelik iets beet wat julle nie van hou nie.

Mix ·

As ek Thuli was het ek vir die die afgelope week weggeraak waar niemand my kon kry nie tot alles uitgelewer was. Zuma se maats is tot enige iets instaat om Zuma te beskerm. En ja hy gaan verseker oornag net wegraak, hoekom is daar sakke vol geld saam dubai toe?

John ·

Die ANC-jeugliga in Natal het klaar die geheim verklap. Die prez het die kabinet skynbaar oortuig die ou antie in die clan die beste opvolger sal wees. Sy sal die leivoor se troebelwatertjies laat voortdribbel en die Guppy Bears se produksielyn voortstu vir groter winste… Ons moet miskien eerder ons hoop plaas op die diep blou see wat dalk nou skrikkerig sal wees vir vreemde maatjies… hy is net tjoepstil en glo ook nie gewild by die EFF nie.

Piet ·

Die beste nuus vir ‘n lank tyd. Ek is net bekommer dat JZ gaan bedank. Omdat, as hy uiteindelik besluit om dit te doen, hy sy eie voorwaardes kan gaan stel. Hy behoort ge-eer te word met die order van die “Skop met die skoen” dat hy van Kaapstad to Nkandla trek en in sy vuurpoel te lande kom. Alle voordele van pensioen vir hom, sy vroue, alle byvoordele, ‘n helikoper, staatskar, lyfwagte, ens. moet van hom weggeneem word. Daarna moet hy op alle 763 aanklagte aangekla word, plus alle aanklagte wat sinds die tyd nog bykekom het. Dis die allerminste wat hy “verdien.” Wenste dat Gordhan of Thule hom sou kon opvolg, selfs Trevor Manuel sou doen, maar dit sal seker teveel gevra wees. Maar ‘n mens hoef mos nooit te twyfel wanneer jy bid nie. Kom, ons los dit in die hand van die Here.

Marina ·

Ek wil nou nie negatief wees nie maar hulle vertel ons mooi waar word die verslag toegesluit. More het hy spoorloos verdwyn

Johann ·

Eendag, nie te lank gelede nie, was daar n ywerige bokwagtertjie… Sien al.die VOORWOORD van die verslag.

Ben ·

” Ek sien ‘n rooi bul wat met ‘n swartbul argumenteer. Die bruin bul het ‘n boek in sy bek en kou daaraan. Onweer steek op in die Suide en ‘n man sonder hare ry in die lug. Hy het baie bagasie.Hy het nie velskoene aan nie, sy voete is kaal ” – ek wonder wat sou ou siener oor hierdie saak te sê gehad het !

JR ·

As ek die hoofstroom media so dophou is die wat keelvol is, nie net uit opposisie geledere nie. Die Luthuli House pot borrel lekker. Die unies knor. Privaat sektor wys tande. Nee maters ek dink die NR 1 stoel is warm en ongemaklik. Te veel invloedryke mense het einde van geduld bereik……

Karin ·

OMW! Maar ek hou vn amal se kommentaar, ht iemand al iets gehoor vn hierdie verslag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.