Staatskaping-verslag: ‘Dit is in openbare belang’

Lede van die EFF het buite die hof betoog.

Lede van die EFF het buite die hof betoog.

Drie regters het Dinsdag redes aangehoor oor hoekom politieke partye pres. Jacob Zuma en twee anders ministers se aansoek rakende die staatskaping-verslag teenstaan.

Regter Dunstan Mlambo, adjunk-regter-president Phineas Mojapelo en regter Dawie Fourie het die saak in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Zuma, Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, wil ’n interdik bekom om die uitreiking van adv. Thuli Madonsela se finale verslag te keer.

Adv. Etienne Labuschagne SC, namens die DA, het aangevoer sy kliënt het ʼn reg om toegang tot die bevindinge van Madonsela se verslag te kry aangesien hulle een van die partye is wat die ondersoek aangevra het na bewerings van staatskaping. Labuschagne het aangevoer dit is in openbare belang dat die inhoud van die verslag bekendgemaak word.

Adv. Thembeka Ngcukaitobi, namens die EFF, het gesê sy kliënt het ʼn reg om ʼn aansoek in te dien. Hy het gesê die publiek het ʼn reg om te weet wat in die verslag staan en dat politieke partye ʼn belang in landsake het.

Adv. Dali Mpofu SC, namens die UDM en Cope, het aangevoer dat sy kliënte verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering het en dat die openbare beskermer se verslae deur die parlement ontvang word. Mpofu het gesê Zuma is bang hy word herroep of daar word ʼn mosie van wantroue in hom ingestel. “Indien die bewerings wat gemaak word waar is, beteken dit die president het strydig met die Grondwet opgetree.”

Adv. Nicole Lewis, namens Vytjie Mentor, het gesê haar kliënt het sekere openbaarmakings gedoen en dit was moontlik die katalisator vir die versoek om ondersoek in te stel na staatskaping. “Sy was gevolglik deel van die openbare beskermer se ondersoek en as lid van die publiek het sy ʼn reg op die verslag.”

Adv. Anthea Platt SC, namens Zuma, het gesê hulle staan al die aansoeke om tot die saak toe te tree teen. Sy het gesê die president het sekere prosedurele regte, wat die publiek nie het nie. Sy het aangevoer dat Zuma se aansoek “om sy regte uit te oefen”, naamlik om vrae aan getuies wat in die verslag genoem is te vra, nie ʼn invloed op die ander partye sal hê nie.

Die saak is hierna vir 15 minute verdaag. Die onderskeie partye se regsverteenwoordigers het hierna geantwoord op Platt se voorlegging.

Adv. Stephen du Toit, namens Van Rooyen, het hierna gesê hy kort nog tyd om te reageer op die EFF se aansoek om toe te tree tot Van Rooyen se aansoek. Van Rooyen het Maandag weer ʼn aansoek ingedien om te verhoed dat die verslag bekendgemaak word. Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien.

Die regters het die saak hierna tot 14:15 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

WitBlits ·

Ek sien JZ en trawante forseer transformasie op almal af deur wetgewing, maar wanneer hulle eie lewens op die spel is leef hulle iets anders uit.
Geagte menere wat julle eie basse wil beskerm – “practice what you preach”!

GES ·

Regspleging is besig om te ontaard in ʼn tydvertragingspeletjie. Die party met die meeste geld kan die hofsaak so lank as moontlik uitrek. Dit bedreig die konsep dat almal gelyk is voor die reg. Of is dit ʼn mistasting?

Marcel ·

Des bring ‘n dringende aansoek en dan vra hy vir uitstel….hahahahaha hoe werk dit dan nou?

bakoor ·

Die saak gaan nog baie geld en tyd vat en die publiek gaan noks wus word nie. Zuma is n meester met tyd en woorde

hoe nou ·

Zuma se span gaan die rondte wen. Alles gaan op die einde van die dag dieselfde pad loop soos die wapen saak. Nou is PetroSA ook nog n saak wat ons as belasting betalers nie gaan weet wat het van R14 bn geword het

Sapraais! ·

Hoe nou, jy gaan ‘n heerlike verrassing kry! Eierdansery kan nie die verloop van regspleging omseil nie – hier kom nog ‘n GROOT pakslae vir JZ en sy trawante – die tande is vir hulle ingeslaan en gaan nie gelos word nie! Die wiel draai, stadig… maar seker!

John ·

Daar is darem nog die Grondwethof. As die regters bang is vir die president terwyl die OB se werk juis gebaseer is op die beskerming van die openbare lewe teen staatsvergrype, dan gaan ons ‘n donker tydvak binne waarin vergrype erg mag toeneem en opposisie se lewens bedreig kan word.

wat wou ·

Doen julle self die guns en gaan lees die kommentaar wat lesers van die Sowetan dagblad op hulle kommentaar blok sit. My bek het oop gehang. Dit is gratis. Dit wat ons op maroela plaas is nie n patch teenoor dit op die Sowetan

Jakobus ·

Baie mense stuur sulke kommentare, maar Mar ..la sensureer dit voor dit geplaas kan word, by tye net na dit verskyn het.

Manie ·

Wat sê Zuma wanneer dit hom pas.”i want my day in court”Met sy baie teenaansoeke lyk dit nie of hy baie graag daardie dag wil sien. Wonder hoekom

Leendert ·

Ek dag dan die Grondwethof (Hoofregter Mogoeng Mogoeng) het ‘n tyd gelede bevind die OB se verslae is bindend en kan net in ‘n hof bevegword, as mens daarmee sou wil verskil. Dis hoekom Zuma wil verhoed dat dit bekend gemaak word. Hy probeer dit nou vooraf keer. Dit sal nou interessant wees om te sien hoe hierdie drie regters by hierdie ene verby gaan kom, om Zuma ‘n reddingsboei te gee, dalk vind hulle Zuma moet nog ‘n kans kry, ongeag? Maar dan weet hulle nie wat in die OB se verslag staan nie.

Johann ·

Zuma en sy Zumaikies knyp kluite! Of uit hul.eie “logika” of uit die opinies van BAIE duur “regslui”… hulle dag is naby!

snork ·

Die uitslag is reeds bekend. And the case and cash goes to ????.

Lance ·

Die zuma is BAIE skelm …intussen brand SA en gaan alles tengronde ….jy kry maar presies waatvoor jy stem seker !

Alida ·

As die uitslag negatief is sal die DA nie los nie. Onthou OUTA is ook nog daar
JZ se turf sal sit kom wat wil. Sy vieslike kekkel laggie gaan hom nerens bring nie. Glo my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.