Staatskaping-verslag: Madonsela versoek dié stappe

Voorblad van die staatskaping-verslag wat op 2 November 2016 bekend gemaak is

Voorblad van die staatskaping-verslag wat op 2 November 2016 bekend gemaak is

Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, beveel in haar staatskaping-verslag aan dat pres. Jacob Zuma ʼn kommissie van ondersoek onder die vaandel van ʼn hoofregter aanstel om die bewerings soos in die verslag vervat, te ondersoek.

Madonsela het in haar verslag, wat Woensdag bekendgemaak is, gesê weens die omvang van die bewerings wat rondom die kwessie gemaak is, en die feit dat uitgebreide hulpbronne benodig word om al die bewerings te ondersoek en ʼn tekort aan befondsing, dit nie vir die OB se kantoor moontlik is om die ondersoek ten volle uit te voer nie. Daarom moet Zuma binne 30 dae ʼn kommissie van ondersoek, wat deur ʼn regter gelei sal word, aanstel om die bewerings te ondersoek.

Volgens die regstellende stappe wat deur Madonsela in die verslag uitgestippel is, sal die hoofregter alleenlik besluit wie aan die hoof van die kommissie van ondersoek sal staan en sal hy of sy Zuma inlig wie die persoon sal wees. Die OB het ook beveel dat die Nasionale Tesourie moet toesien dat die kommissie die nodige hulpbronne het om die ondersoek uit te voer.

Die regter wat aan die hoof van die kommissie staan moet die mag hê om sy of haar eie personeel aan te stel om die bewerings in die staatskaping-verslag te ondersoek en moet die verslag as beginpunt gebruik vir hierdie ondersoek. Die OB het ook beveel dat die kommissie dieselfde magte as die OB moet hê tydens hul versameling van bewyse.

Die kommissie moet binne 180 dae hul ondersoek afhandel en ʼn verslag met hul bevindinge en regstellende stappe aan Zuma gee. Die president sal dan 14 dae hê om aan die parlement verslag te lewer oor hoe hy beplan om die regstellende stappe in die verslag te implementeer.

Madonsela het ook aanbeveel dat die parlement binne 180 dae die uitvoerende etiekkode moet hersien om beter leiding te gee in terme van lede se integriteit en die vermyding en bestuur van konflik van belange. “Die verantwoordelikhede van persone in magsposisies rakende behoorlike reaksie op fluitblasers en fluitjieblaser-inligting moet duidelik gedefinieer word,” het die OB gesê. Die president moet dan verseker dat die parlement se etiekkode aangepas word volgens die hersiening.

Die OB moet ook enige moontlik onwettige optrede, wat deur die ondersoek ontbloot is, onder die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke se aandag bring.

Die OB sal die implementering van die regstellende stappe van die staatskaping-verslag monitor. Die sekretaris van die parlement en die direkteur-generaal in die presidensie word beveel om aan die OB verslag te doen oor die vordering van die implementering van die regstellende stappe.

Lees meer oor die bewerings in die staatskaping-verslag en die OB se bevindings hierop.

Lees die volledige staatskaping-verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

gert ·

Mooi man hier peul al die vrot wurms nou uit. Ek sien Duarte se naam word ook genoem. Het geweet alles is nie pluis met daardie groot vet wurm nie. Daar gaan nog ander wurms ook nog uitpeul.

Sue ·

So…jy laat steel n super luukse motor dan ry jy lekker rond…dan vra jy iemand om die kar van jou te steel in n vals kaaping…en dan maak jy seker jou assuransie (die staatskas) betaal jou welig uit… dan was jy jou kar by die laundry..en ry weer more met diesslle kar rond..net soveel skoner as wat hy gister gelyk het?En die bestuurder se naam is Zuma! Die kaper se naam is Zuma. Die staatskas se naam is Zuma. Die Laundry se naam is Zuma! En my naam bly steeds TAX. Sug

Nico ·

Hoop Zuma bly aan. Dit is ‘n Seker manier om die ANC te ontneem van Gaureng in die 2019 verkiesing.

martien ·

So bly jy noem dit. Sedert die gemors met Zuma begin het, het ek verklaar….. ANC verloor 2019 verkiesing. Ja… hou asb vir Zuma aan as president!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Om z verantwoordelik te maak in enige iets in hierdie onersoekproses klink vir my na n doodloopstraat.

rudi ·

Zuma Zuma Zuma.Maar die probleem le steeds by die ANC ondersteuners. Hoekom stem hul nog steeds vir die party wat hom beskerm? Die antwoord is maklik, ANC ondersteuners haat ander inwoners van die land

Piet Boer ·

Rudi:
Die antwoord se naam is SASSA.
Ons tax geldjies word elke maand aan nagenoeg 16 miljoen ‘ondersteuners’ uitbetaal by OTM masjiene deur ons mooie land. Hulle weet nie van die OB se verslag of inhoud nie.

humor ·

Wie sal die regter wees wat die kommisie van ondersoek lei. Die een aangekla vir dronkbestuur wie se saak reeds 9 jaar hangend is en verryk is met meer as 14 miljoen???? z se keuse.

Nico ·

Goeie idee! Laat Nkola Motata bietjie werk vir sy 14 miljoen salaris. Hy kan -nugter of dronk – nie slegter wees as enige ANC Kabinetslid op Gupta “payroll” nie…

snoefie ·

die kommissie van ondersoek sal oor sewe jaar nog ondersoek en zuma sal aanbly in sy amp “pending investigation ” gr8 stuff.

Jakobus ·

Dankie Maroela vir die spoed waarmee julle die afgelope paar dae hierdie berigte aan ons beskikbaar gestel het.

Louwrens ·

Ek glo nie dit sal gebeur nie, maar dit sou gaaf gewees het as Madonsela deel van hierdie kommisie kon wees. (Dalk as hoof-ondersoekbeampte)
Ons het almal gebid vir uitkoms en g-aand het ek vir vroulief gese dat hierdie die Here se manier is om ons gebede te verhoor. Zuma sal nie Desember nog president wees nie. Ek glo dit nou met my hele hart. Die mens wil maar God beskik.

m ·

So die can of worms is nou oopgemaak en wat nou verder. Hierdie mense kom net nooit iets oor nie want hulle word beskerm. Die ANC gaan nie sy eie mense sink nie. Die mense stroom nogsteeds om vir hulle te stem en hulle sal ma in 2019 weer wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.