Staatskaping-verslag: Strafregtelike klagte teen Zuma en Kie

Dr Llewellyn Curlewis, strafregkenner, en Monique Taute by die polisiestasie. Foto: Verskaf

Dr Llewellyn Curlewis, strafregkenner, en Monique Taute by die polisiestasie. Foto: Verskaf

Strafregtelike aanklagte is Vrydag amptelik teen pres. Jacob Zuma en ander persone, wat in die voormalige openbare beskermer se staatskaping-verslag genoem word, aanhangig gemaak.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die klagtes by die Moot-polisiestasie in Pretoria teen Zuma, Ajay Gupta, Tegeta en Eskom se raad, asook teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, aanhangig gemaak.

Dit volg ná die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, se veelbesproke staatskaping-verslag Woensdag bekendgemaak is.

“Die staatskaping-verslag dien as prima facie-bewys dat die bogenoemde persone en amptenare se optrede moontlik onwettig kan wees en dat hulle moontlik skuldig is aan sekere misdade. Dit sluit in, maar is nie noodwendig beperk tot, bedrog, diefstal, korrupsie en geldwassery,” het Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, by die polisiestasie gesê.

AfriForum is van mening dat Zuma afgedank moet word aangesien hy ’n enorme verleentheid vir die land is.

Die DA het Donderdag aangekondig dat die party ook klagte teen onder andere Zuma, sy seun, Duduzane Zuma, en lede van die Gupta-familie aanhangig gaan maak.

Die party het gesê die staatskaping-verslag het bevestig wat talle Suid-Afrikaners reeds weet en dit is dat die regering deur ʼn “mafia” beheer word.

Die DA het klaar ʼn mosie van wantroue in Zuma ingedien en het reeds bevestiging ontvang dat die mosie volgende Donderdag in die Nasionale Vergadering gedebatteer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jean ·

Wat is die kans dat hy iets gaan oorkom? Aankla is een ding, maar wat se sukses verwag julle?

Katryn ·

Gaap…
Liewe Jacob, kan ek jou nou asb kom help jou tassies pak?
Moeg om jou naam te hoor.

André ·

Is die Guptas nie reeds land-uit nie? Dubai ? Kan hul uitgelewer word as hul daar is? Is dit hoekom RSA so vinnig uit die Internasionale Strafhof wil bedank ?
So baie vrae en so min antwoorde.

Alta ·

Sover ek weet het die Guptas weer teruggesluip. Dit het nie juis die koerante gehaal soos hul opspraakwekkende vertrek gedoen het nie.

Andre K ·

One weet mos al by die tyd dat die ou spulletjjie hulle nie gaan steur aan enige hof se bevel nie. Sela.

Sê maar net ·

Volgens Madomsela se verslag moet hoofregter Motsneng die paneel saamstel wat sekere punte – oa Eskom – in haar verslag verder moet ondersoek. Dit moet befonds word deur die tesourie. Tydraamwerk gegee.
Sal dit nie n BAIE goeie idee wees as regter Motseneng vir Adv. Madomsella vra om op die paneel te dien nie. Ek glo sy is fie beste persoon om dit vetder te vat. Dan kan Mnr Molefe mos die feite deurgee wat hy en die voorsitter van Eskom nou nie kon doen nie.
Ek glo sy sal daarvoor te vinde wees.

Deon Koegelenberg ·

Afriforum vertel ons asseblief wat kan of sal gebeur indien hierdie korruptes skuldig bevind word? Wat jul doen is goed maar die vraag is net sal ons as land baat vind daarby

popeye ·

Die foto ondersteun die tema maar ek is bevrees…die ware JZ is hehehehe…..middelvinger almal!

Vic van Wyk ·

Dis voortydig. Wag tot die ondersoek afhehandel is anders gaan hy wegkom omdat Madonsela nie bewyse lewer nie.

Koos ·

As ons regstelsel so goed werk moet die howe van die geleentheid gebruik maak om Zuma uit sy pos te lig so gou moontlik en nie wag vir sy party om dit eendag moontlik te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.