Staatskaping-verslag: Zuma maak ommeswaai

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma se regsverteenwoordiger het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria aangekondig dat die president sy aansoek rakende die staatskaping-verslag met onmiddellike effek laat vaar.

Zuma, wat noue bande met die omstrede Gupta-familie het, het kort voor Thuli Madonsela se termyn as openbare beskermer verstryk het, ʼn aansoek ingedien om te probeer keer dat sy die verslag oor staatskaping bekendmaak.

Adv. Anthea Platt, vir Zuma, het Woensdag in die hof net bekend gemaak die president gaan sy aansoek laat vaar. Geen rede is hiervoor verskaf nie.

Dit kom nadat die hof Dinsdag beslis het dat vier opposisiepartye en Vytjie Mentor mag ingryp in Zuma se aansoek. Die aansoek is met koste toegestaan.

Die verslag is opgestel na bewerings dat die welgestelde Gupta-familie onbehoorlike invloed gehad het in die aanstelling van ministers.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het ook Maandag ʼn aansoek om ʼn interdik ingedien. Hy meen die verslag is oorhaastig saamgestel sonder dat sy grondwetlike regte in ag geneem is.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is ook Maandag weer hof toe in ʼn poging om te verhoed dat die verslag bekendgemaak word. Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien om te keer dat Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskaping-verslag bekendgemaak word.

Die Guptas het ook vroeër gedreig om ʼn interdik te probeer bekom maar toe daarteen besluit.

Lees alle vorige berigte oor staatskaping op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Columbiana ·

KOSTES KOSTES KOSTES!!!
Maak sommer ‘n bevel teen Zuma se geleerde (nie) regs span. Hulle het mos van dag een af geweet hierdie aansoek so frivolous en vexatious. Salam hulle Almal met kostes

Rynhardt ·

Zuma het heftig beswaar eers gemaak teen die vrystelling van staatskapingsverslag en selfs sy maatjie, Des van Rooyen het hof toe ook gehardloop.Nou is Zuma nie meer gekant teen die vrystelling van verslag nie.Is dit omdat hy reeds weet dat die verslag gedokter is??

Shrek ·

Ek het nou vandag van die werk af gebly nou dit Zupta kon gister al dié besluit geneem het. EK is trots op Zupta hy het n Hero’s besluit geneem

Lions ·

Net bly hulle nou al met die saak gestop anders was dit nog miljoene uit die staatskas. Kom ons hoop die verslag word so spoedig moontlik bekend gemaak

Will i am ·

Hy weet dinge raak nou warm. Gaan nie meer verder kan lieg nie. Sy eie mense begin nou teen hom draai

Johann ·

Wil my tof voorkom dat iemand iewers wel die ZUMANIA probeer inhok? Wie weet? Iemand wat nie joodwendig n zir omgee om belasting geld gewetenloos te spandeer op REGSKOSTES vir al die ZUMAIKIES nie…maar dalk net besef daaes wel n paar REGTERS en n STELSEL wat nie gekoop kan word nie!!!! Op Zuma ae gewete kab mens nie peil ttek nie want hy het bloot nie een nie, maar op sy beslisde strategie om solank moontlik met soveel moontlik weg te kom en weg te stap is n beslisde! En as n DRONK REGTER al vir 9 jaar…jip 9 jaar steeds nie vervolg of afgedank is nie…watch vir Numba Whone!!!!!

dalk weet hy iets wat ons nie weet. ·

Dalk weet ou Zupta’tjie die verslag is weg of verbrand en daarom kan die verslag nie uit nie.
Jammer ek ruik n groot vet rot

Alida ·

Daar is BAIE afskrifte van daardie verslag. Troos jou daaraan.

Vic ·

Gaan lees maar oor Anthea Platt – Zuma se regsverteenwoordiger. Jy sal verbaas wees om te sien waar sy SIT!

Christine ·

Ja nee kyk ek ruik ook iets! dit is soos jy se dit is of verdwyn of so verdraai soos net hulle dit kan doen. Ons behoort teen die tyd te weet van al die korupsie en samesweringe. Wens dit kon net stop.

Anoniem ·

Hahahahaaa… wonder hoe lank gaan dit neem voordat Des van Rooyen en Mosebenzi Zwane hulle aansoeke vir interdikte ook terugtrek?

Tannie ·

As die verslag vrygestel word en Thuli bevind daar is mee gepeuter, maak dit hul saak net nog slegter! Hierdie pitsweer moet oopgemaak en skoongemaak word.

Leendert ·

Die verslag is in die nuwe OB se hande, die vraag is, wat gaan sy daarmee maak?

foxi ·

Gemene sameswering………..n vulkaan bars net uit as die drukking te hoog word.
Wag in spanning………

Wicus ·

Beslis is iets nie pluis nie, 3 moontlikhede:

– land uit
– skrap grondwet ………
– is gepeuter met verslag met gevolglike regsprosesse om die teendeel te bewys wat jare gaan duur en genoeg tyd vir opsie twee gee

George ·

Die ROT wat ek ruik is lankal dood, maar dit is ‘n reuk wat my bang maak. Wat is die redes vir die skielike omkeer, voorspel niks goed nie,

Marietjie ·

Nou gaan die poppe dans. All the king’s men all the king’s horses couldn’t put humpty together again?☠️

Eric ·

Al wat hierdie is die manupilasie van die rand
Sit jou tee en rand val koop miljoene se aandele wag n ruk laat vaar dit en rand raak sterker verkoop dit en maak miljoene

Paul ·

Dalk het daai toordokter wat hy ingevoer het se dolosse hom sy toekoms gewys ook.

bakoor ·

Ek ruik ook iets en dit is nie modder nie
Dit lyk soos modder maar dit ruil en proe nie soos modder

John ·

En nou het ‘n hoe amptenaar uit die kantoor van die OB skielik bedank. Ek hoop nie dit hael ook vandag in Pretoria nie…

Rupert Ashford ·

Sy handperde sal die geveg voortsit en sy handjies kan dan skoon lyk .

anna ·

nou ja daar is net 1 op losing swaar vlug war jy is in groot……….

LOUIS ·

Ek wonder of Zuma nie van plan is om pad te gee nie. Hy gaan seker die Guptas join waar ook al hulle nou is. Moet maar die lughawens en grensposte dop hou want daar is nog BAIE ander aanklagte.

Robert Strauss ·

Hopelik het Thuli n copy van die verslag gemaak. Zuma was eers heftig gekant teen die bekend making van die verslag en nou onttrek hy sommer sy aansoek net so?!. Hier is n slang in die gras.

Willem ·

Dit is en sal wees wat n’ mens van so n’agterbakse slapg=t te wagte moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.