Staatskaping: Zondo boos oor uitgelekte verklaring

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, hoof van die kommissie van ondersoek na staatskaping. (20 Augustus 2018). Foto: Karen Sandison/ANA

Adjunkregter Raymond Zondo het Maandag sy ontevredenheid uitgespreek dat ʼn belangrike getuie in die staatskapingsondersoek se beëdigde verklaring aan die media gelek is. Zondo het gesê hy sal Dinsdag dié vertroulikheidsoortreding ondersoek.

Dit was nie onmiddellik duidelik watter van die kommissie se riglyne oor mediadekking deur verslaggewers oortree is nie.

Die verhoor van die kommissie van ondersoek na staatskaping sou vanoggend hervat het, maar dit is tot 12:00 uitgestel omdat die getuie, voormalige Bosasa- operasionele hoof Angelo Agrizzi, ʼn ander afspraak moes nakom. Zondo het gesê die twee uur wat vanoggend verlore gegaan het, sal ingehaal word deur oor die volgende twee dae elke dag die verhoor met ʼn uur te verleng.

“Ek was van plan om ʼn verklaring te lewer oor die gedrag van sommige koerante, joernaliste en redakteurs rakende sekere artikels wat gister in sommige koerante geplaas is. Maar aangesien ons reeds vandag laat begin het, sal ek dit môreoggend doen,” het Zondo vroeër gesê.

Sondagkoerante het die naweek breedvoerig berig oor hooggeplaaste regeringsbeamptes wat in Agrizzi se getuienis by oortredings betrek word.

Dit sluit in Nomvula Mokonyane (minister van water en sanitasie), Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi (geskorste beamptes van die Nasionale Vervolgingsgesag), Dudu Myeni (voormalige voorsitter van SAL) en oudpres. Jacob Zuma. Volgens die berigte was die amptenare almal ontvangers van omkoopgeld wat Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa, betaal het om ondersoekers en moontlike vervolging af te weer.

Angelo Agrizzi. Foto: Itumeleng English/ANA

Luidens Agrizzi se verklaring is Zuma na bewering R300 000 ʼn maand betaal, terwyl Jiba R100 000 ʼn maand ontvang het en Mrwebi R10 000 per maand. Mokonyane het na bewering elke Kersfees groot hoeveelhede kruideniersware ontvang, terwyl Myeni na bewering R300 000 kontant en ʼn splinternuwe Louis Vuitton-handsak ontvang het.

Zondo sal Dinsdag ook aankondig wie in die posisie as sekretaris van die kommissie sal waarneem. Dit volg nadat dr. Khotso de Wee wat voorheen in dié posisie gedien het spesiale verlof geneem het hangende die uitkoms van die kommissie se ondersoek na die bewerings teen hom.

Agrizzi het in sy getuienis beweer De Wee het geld by Bosasa ontvang in die tyd dat hy die hoofbedryfsbeampte van justisie en grondwetlike ontwikkeling was. Dié geld het glo verband gehou met die toekenning van ʼn tender in 2013 om ʼn veiligheidstelsel vir howe oor die hele land te verskaf.

Agrizzi het aan die kommissie gesê hy is ingelig oor die omkooptransaksie, maar het geen ander inligting om die geloofwaardigheid daarvan te bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zoom zoom ·

Hy lyk nie vir my boos nie. Hy lyk eerder vir my of hy dimk aan ‘n rede om te vra vir ‘n verhoging in sy pay check.

Onnie ·

Nee wat ek hou van ou Zondo, hy lyk heel agtermekaar. Ek wonder nt hoekom di sekretaris vd kommissie di pos aanvaar ht as hy weet hy’t ook n vinger in di pie. Ht hy gedink dt sal dalk ni uitkom ni?? Ek hoop ni hy gan nog betaal word ook ni!

J ·

Ondersoek Zondo kommisie se personeel vir die uitlek van inligting. Niemand is betroubaar nie .

Alida ·

Nel die vraag is eerder wat gaan met die skelms gebeur. SA was 100% voor die ANC oorgeneem het. Daar is letterlik NIKS oor nie.

MJ ·

My vraag is.. Wat gaan van al hierdie oortreders word? Gaan hulle vervolg word en in die tronk gaan sit? Die korruptheid is om elke hoek en draai. Elkeen se doen en late is 100% vir eie gewin! En ons wat hard werk en onsself verarm om belasting te betaal kry absoluut NIKS daarvoor nie. Ek moet my eie vullis wegry, tevrede wees met vuil water (as ons het), in vuil strate bly en die fat cats sal fat cats bly!

Wielie walie ·

As ek die Taxman (Sars) was sou ek ‘n lysie gemaak het van al die bedrae en diep onnersoek instel. Ons gewone mense moet van elke sent rekenskap gee, geen wegkom kans nie, hierdie ouens kom met moord weg. Tax op n ekstra R3milj per jaar inkomste vam Zuma, is n hela paar honderd duisend!

JohanL ·

Wielie Walie – hopelik sal dit gebeur noudat onse Tom daar weg is – hy was immers die man wat al sulke ondersoeke in die verlede gestop het – as dit tot by daardie punt gekom het.

Met die muwe man aan stuur – kom ons hoop dit gebeur, want ek raak keel vol dat ek elke jaar ge-oudit word en my belastingopgawe is redelik “straight forward”. Dit terwyl daar ander mense is (soos dit nou uitkom by die Zondo kommissie) wat SARS moet soek en uitsniffel.

Nel ·

Nee Alida op verskeie en indien nie op alle gebiede nie onderskei ons, onsself as ‘n nasie wat sy morele kompas verloor het. Dis wat.

Johanna Botha ·

Genade met al die onthullings kom mens net agter hoe SA verkrag is deur al die diewe !

Petro ·

Wat van die blankes, vooraanstaande familie met blykbaar Christelike waardes, wat volgens bewering die omkoopgeld betaal het? Die verrotting van die Suid-Afrikaanse samelewing is diep!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.