Staatskaping: ‘Zuma-era was waansin’

Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale hulpbronne, getuig voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Dimpho Maja/ANA

Die kommissie van ondersoek na staatskaping het Woensdag gehoor die tydperk van oudpres. Jacob Zuma se presidentskap was deur “waansin en verlamming” gekenmerk terwyl hy en sy sterk faksie binne die ANC net gedoen het wat hulle wou.

Só het Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale hulpbronne, voor die Zondo-kommissie getuig.

Ramatlhodi, eens ʼn getroue Zuma-ondersteuner, was deel van die pro-Zuma-groep in die ANC wat wou gehad het die voormalige president moes by die Mangaung-konferensie in 2012 vir ʼn tweede termyn verkies word. Oudpres. Kgalema Motlanthe het destyds teen Zuma te staan gekom vir die amp as ANC-president, maar moes die knie voor Zuma buig.

Ramatlhodi het aan die kommissie vertel van ʼn gesprek wat hy met Mavuso Msimang, ʼn ANC-veteraan, gehad het in aanloop tot die konferensie. Msimang het hom gevra hoekom hy vir Zuma ondersteun as hy weet dit sal hom later inhaal.

“Ek het vir hom gesê ek wil nie sien gebeur wat ons aan [oudpres. Thabo] Mbeki gedoen het nie, waarna [die ANC-wegbreekparty] Cope gestig is. Ek was van mening ons moet Zuma toelaat om sy tweede termyn te hê en eerder versigtig wees. Maar nadat hy begin doen het waaroor nou hier getuig word, Voorsitter, kon ek hulle [die lede wat teenstand teen Zuma gebied het] nie in die oë kyk nie. Hulle het my gewaarsku dat wat ons doen, sal terugkom na ons toe,” het Ramatlhodi gesê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Ramatlhodi gevra of die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ongelukkig was oor Zuma en sy verhouding met die Gupta-familie en of die NUK die voortsetting van die verhouding gefasiliteer het.

Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale hulpbronne, getuig voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Dimpho Maja/ANA

Ramatlhodi het geantwoord die ANC-leierskap kon nie veel doen nie, omdat Zuma te veel mag gehad het, asook die ondersteuning van ʼn baie sterk faksie binne die ANC. “Die mag spruit uit die ondersteuningstelsel binne die NUK, dit is waar die mag vandaan kom. Jy kon praat tot jy blou word in die gesig en hulle [die Zuma-faksie] sal net so vir jou kyk. In ʼn stadium raak jy moeg gepraat en bly jy maar net stil en kyk by die NUK,” het hy gesê.

“Ons praat nou van die ‘hernuwing van die ANC’. Die rede daaragter is om faksies in die ANC op te breek en seker te maak dat ons in staat is om besluite te neem wat in die beste belang van die land is en nie van sekere individue nie. Dit is wat ons probeer doen…

“Dit gaan nie maklik wees nie, want ʼn faksie groei soos ʼn boom, en jy moet dit ontwortel. Ons het ʼn beskermheerskap gehad wat hierdie boom gevoed het en die beskermheerskap het van bo af [Zuma] gekom. Ons kon daarin slaag om van bo af te begin verwyder… daar is ʼn element van vordering.”

Ramatlhodi sê die Zuma-faksie was in beheer en sou koukus en dan die besluite in die NUK neem. “As die faksie nie in staat was om dit te doen nie, sou Zuma dit eenvoudig self doen. Dit was ʼn tydperk van waansin en ʼn verlamde NUK wat net hulpeloos kon toekyk. Hy het die uitvoerende gesag aan die Guptas verkoop wat gedoen het wat hulle wil en van die staat en die land se burgers gevat het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

ANC LEGACY. Klomp mede vergrypers en Zumaikies wat gewetenloos gevat en gegryp en magsdronk die samelewing tot hul eie selfsug verskeur het en met n klomp leuns die ras kaart verhewe het tot n siek magsbasis. Nou skielik is party se bekke groot oor hul pogings om Zuma te keer?

jakes ·

Die Zuma era sogenaamd is om van naar te word. Hy en sy maters moet opgesluit en die sleutel weggegooi word. Wat kommerwekkend is, ons weet nie of die CR era veel beter gaan wees nie.

Johann M van Heerden ·

My vraag is elkekeer hoe ons gaan keer dat dit weer en weer gebeur? Ons as wit mense is so ‘n klein minderheid en is magloos.

Karolis ·

Wanneer jy ‘n boom ontwortel, dan dan belemmer jy sy groei en hy dood.

Al ·

Die ANC het hierdie Zuma baba gevoed totdat hy in ñ enorme monster verander het.
Geen president mag weer so ñ geweldige invloed hê oor ons land nie.
Hoe gaan ons dit verhoed?

Tammy ·

Ek stem saam met die kommentaar van almal gelewer. Dit gaan NIE beter gaan nie asseblief moenie jouself paai nie. Kyk na Ramaphosa se werkskeppingprogram vir mense van kleur… wit uitgesluit. En kyk na Ramaphosa se uitsprake…. ons moet deel met die wat nie het nie…jammer maar ek deel net met my eie mense, want ek het nie soos Ramaphosa saam op die trein gery nie, ek moes 18 uur per dag werk om te kom waar ek vandag is en ek moes daardeur my gesondheid opoffer. Hy kan sy eie fortuin uitdeel, maar doen hy dit? Nee ontvang liewer nog meer.

Jacques ·

Dit is nou alles goed en wel dat die man se die Zuma era was waansin . Wat gaan egter nou gebeur dat ons almal in die hool bewus is van al die diefstal van bealstingbetalers se geld ??
Gaan diegene nou mooi gevra word om dit nie weer te doen nie ? Was dit n gewone man op straat was hy lankal in n oranje speelpakkie agter n staal hek . Feite .

Fortis ·

Die hele sogenaamde ‘nuwe Suid-Afrika’ is waansin. Dit het alles begin met Frikkie se roemlose oorgawe aan die ANC.

Dries du Toit ·

Frikkie en sy stigting glo nog steeds dat hulle die regte ding gedoen het. Waar gaan ons eindig

Ag seblief ·

Zuma loop dan nog los. Die faksie lede is dan nog almal in die kabinet. So hoe kan ons beter as die “waansin” verwag. Kyk net bv na eskom tariewe wat van plek tot plek tottownship verskil. Gn mimister veroordeel dit nie. N kw gaan ewe ver in vosloorus as in waterkloofrif

JAN ·

PIK PARK is steeds waansin vir 50 jaar al ń teater van die absurde

Abe ·

JAN,
Wat op aarde is PIK PARK? Kan jy nie maar se wat jy bedoel dat ons kan verstaan waarvan jy praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.