Staatskaping: Zuma gee ondersoekregulasies

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Pres. Jacob Zuma het Vrydag die regulasies vir die geregtelike ondersoek na staatskaping vrygestel.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, het gesê die regulasies verskaf die wetlike raamwerk vir die opstel van kommissies van ondersoeke.

“Die regulasies stel die voorsitter in staat om bewyse te versamel en getuies te dagvaar om voor die kommissie te kom getuig en enige dokumentasie in belang van die ondersoek voor te lê,” het Zondo gesê.

Die regulasies is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.

Zuma het Zondo op 9 Januarie, op aanbeveling van hoofregter Mogoeng Mogoeng, as voorsitter van die kommissie aangewys.

Zuma het op 13 Desember ʼn tweede bloedneus in die hooggeregshof in Pretoria gekry toe ʼn volbank regters eenparig Zuma se aansoek dat Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskapingverslag hersien moet word, met koste verwerp het. Die hof het toe ook beslis Zuma moet binne 30 dae ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aanstel om kwessies wat in die staatskapingverslag genoem word te ondersoek.

Dit kom nadat die hof vroeër beslis het Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste van die hofaansoek wat hy in 2016 ingedien het om ʼn interdik te verkry wat Madonsela sou verhoed om haar staatskapingverslag vry te stel. Dié uitspraak is eenparig deur ʼn volbank regters beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ander Annie ·

Oom Jacob, al wat ons nou graag in die media wil lees, is van jou finale groet as nommer 1. Dankie vir die aanstelling my Oom, maar doen ons nou almal ‘n guns en groet. Dankie Oom Jacob. Ons hou met groot verwagting die media dop.

Gustav ·

Ek weet nie hoekom kommunikeer hulle nog met hom nie.. Sluit hom net toe vergoed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.