Staatskaping: Zuma wil appelleer

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma het ʼn aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof in Pretoria ingedien teen ʼn hofbeslissing waarin hy beveel word om binne 30 dae ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.

Zuma het verlede week ʼn dubbele opstopper in die hooggeregshof gekry toe sy aansoek dat Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskapingverslag hersien moet word, met koste, van die hand gewys is.

Die hof het ook beslis Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste van die hofaansoek wat hy in 2016 ingedien het om ʼn interdik te bekom wat Madonsela sou verhoed om haar staatskapingverslag vry te stel.

Die hooggeregshof het Zuma beveel om binne 30 dae ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel om kwessies wat in die staatskapingverslag genoem word, te ondersoek. Die voorsitter van die kommissie moet deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys word omdat Zuma in die staatskapingverslag geïmpliseer word.

Volgens eNCA wil Zuma appelleer teen die hof se beslissing dat die staatskapingverslag nie hersien moet word nie, asook die hof se beslissing dat hy uit sy sak vir die 2016-hofaansoek moet betaal. Zuma appelleer ook teen die hof se bevel dat Mogoeng die voorsitter van die kommissie van ondersoek moet aanwys.

Zuma se woordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Boeremeisie ·

Ag wat is nuut! Dis Zuma se modus operandi. Wees skelm word aangevat in die hof, verloor in die hof, appeleer. He he he he

Lientjie ·

Die ligte is aan , maar daar is niemand by die huis nie. Hy kry net nie die boodskap nie!!!!!!!!!

FM ·

Hou net vol met die druk op zuma. Sy uitkomkans word net al minder. Hou net aan met die druk, hy moet net vou!!!Wat n disgrace van n sp is hy?

Anoniem ·

As jy hoor wil hy appelleer miskien verstaan hy dit nie so lekker nie hy wil seker appels plik gee hom asseblief n leer en laat hom appels plik in langkloof

Daan ·

Onthou hy is BAAS. Baas oor die Howe, Polisie, Regering en ook oor die Hele Suid Afrika. Self beskou hy hom hoër as Jesus, want die ANC sal regeer tot Jesus kom

LHS ·

Sy regspan is skynbaar ook nie baie skerp nie, al wat hier gebeur is n duidelike skuld erkenning. Net n skuldige sal so hard veg om die saak uit die hof te hou.
Onskuldige sal juis sy onskuld wil bewys.

Domvraag ·

Nee LHS vir hulle gaan dit net om geld en te hel met die res of skade wat SA aangedoen word. Solank hulle betaal word sal hulle aanhou om belastingbetalers se geld en howe se tyd te mors. Ons hele regstelsel is die oorsaak dat dit jare neem voor saak afgehandel word en solank daar geld is sal daar ge-appelleer word. Kyk maar ook na Oscar se saak. Almal weet hy is skuldig en het die minimum tronkstraf gekry behalwe sy verdediging.

Johan ·

Natuurlik gaan hy appeller…hy wil salaris hê tot 2019…..hou die spasie dop…..hy gaan nog uit die ding kom met n slim plan…..miskien om vroeër te gaan…..wil hy hê al die aanklagtes moet gelos word…..dalk gee Ramaposa hom n “pardon” jy kan hoor so onder die deledere hoe hulle praat….hoor wat daai dhlamini vrou gesê het toe sy sê almal moet staatskaping vergewe soos apartheid….hulle praat daar oor…..hou die spasie dop ….2018 gaan interessante jaar wees….

Blommie ·

Hy wil appel-leer. In graad 4 leer jy wel van appel(s) dan kan jy mos tel. SWEM JANNIE SWEM

Cherokee ·

Oèè Blommie (!)….ek hou van jou van jou swemlesse…

Alida ·

Met n IK van n 10 jarige verstaan hy nie mooi nie. Die Regters gaan hulle nie langer laat regeer deur n kind nie.

Eddie ·

Ons weet maar te goed ,Zumpie speel vir tyd ! Ek hoop die Howe raak ook gatvol daarvoor !

Lynette ·

Arressteer die man en gooi hom in die tronk. Hy verontagsaam hof bevele darem nou al te lank. Raak nou siek en sat daarvan.

Dinarie ·

As een van ons n hofbevel minag sal ons baie gou n besoek kry van mense wat n armband om elke arm sal wil sit en jou dan beleefd vra saam te ry na gratis staatshotel, waat jy baie.beleefd bedien sal word van slaapplek en n botd kos.

Penellope Jones ·

Hy is geimpliseer en dis so duidelik soos daglig dat hy skuldig is.
Hy wil natuurlik appeleer omdat hy dit wil vertraag.

Anoniem ·

Sorry Fransc ek lees en verstaan al maak mense spel foute gaan dit vir my oor wat die persoon se mening is ek is ongelukkig nie soos ander wat mense heeltyd met n vergrootglas ondersoek en hul spel foute uit te wys nie.

Johanna Botha ·

Hy is nou so desperaat en die regs mense skep nou hoor !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.