Staatskapingkommissie kry nuwe sekretaris

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Dinsdag ʼn waarnemende sekretaris vir die kommissie van ondersoek na staatskaping aangestel nadat die vorige sekretaris op spesiale verlof geplaas is.

Peter Pedlar sal tot 28 Februarie in die posisie as sekretaris waarneem.

Zondo is die voorsitter van die kommissie wat ondersoek instel na bewerings van kaping en onbehoorlike invloed by staatsentiteite.

Dr. Khotso de Wee is Vrydag versoek om op spesiale verlof te gaan hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na bewerings dat hy by omkooptransaksies betrokke was. Pedlar is ʼn korporatiewe bestuur‑kenner.

“Die voorsitter het mnr. Peter Pedlar aangestel as waarnemende sekretaris van die kommissie vir die tydperk van 22 Januarie tot 28 Februarie 2019. Indien die ondersoek teen dr. De Wee vroeër afgehandel is, kan mnr. Pedlar se aanstelling vroeër beëindig word,” het Zondo in ʼn verklaring gesê.

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa, het vroeër voor die kommissie getuig De Wee was een van die senior beamptes in die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling wat omkoopgeld by Bosasa ontvang het in ruil vir die toekenning van ʼn tender vir die installasie van veiligheidstelsels by verskillende howe  landwyd.

Agrizzi het wel toegegee hy het geen ander inligting om die geloofwaardigheid van hierdie bewering vas te stel nie.

De Wee is in Maart 2018 aangestel as sekretaris van die kommissie, maar in die tyd toe die tender toegeken is, was hy die hoofbedryfsbeampte by die departement. Die kommissie stel tans ondersoek na Agrizzi se bewerings in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

hb ·

Ooooo een van di dae kry hulle Agrizzi in sy kamer met selfmoord. 3 keer inni kop geskiet. Kanni glo hy leef nog ni maar ja die korrupsie le so diep die beskuldigdes weet seker hulle gaan niks oorkom ni

zoom zoom ·

Lientjie.
Kan jy vir ons bewyse gee dat hy dag en nag 24/7 opgepas word? Anderste gaan baie van ons jou nie glo nie. “The proof is in the pudding ?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.