Staatskapingkommissie ondersoek bewerings oor sekuriteitstender

Die kommissie wat ondersoek instel oor staatskaping in Suid-Afrika het Maandag gesê hy ondersoek bewerings dat die kommissie ʼn filiaal van ʼn maatskappy, wat van korrupsie beskuldig word, aangestel het om sekuriteit vir die kommissie te verskaf sonder dat behoorlike tenderprosedures gevolg is.

Adjunkhoofregter Ray Zondo, voorsitter van die kommissie, het in ʼn verklaring gesê die bewerings, wat oor die naweek in die City Press gepubliseer is, moet bestudeer word. “Ná die sekretaris van die kommissie, dr. Khotso De Wee, die saak onder die voorsitter se aandag gebring het, is die joernalis in kennis gestel dat die kommissie sal ondersoek instel en daarna terugvoer sal gee,” lui die verklaring.

“Hy het nie voldoende tyd aan die kommissie gebied [om te reageer op die bewerings nie]. Die kommissie stel egter wel verder ondersoek in en sal die publiek in kennis stel van die uitslag.”

Die City Press het berig Global Technology Systems (GTS), ʼn filiaal van African Global Operations (voorheen die Bosasa Group), het ʼn R10 miljoen-tender bekom om kringtelevisies te installeer en instandhouding daarvan te doen asook toegangbeheer by die Zondo-kommissie se perseel in Johannesburg.

Bosasa-beamptes word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld aan staatsamptenare betaal het om miljoene rand se tenders te bekom, aldus ʼn verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

Wie was verantwoordelik vir die Tender? Dit is nou ‘n Kommissie wat Staatskaping en derglike sake ondersoek?

tamboti ·

R10 milj? Is dit ‘n 3D kringtelevisie stelsel met “open view” en “show max” ingesluit??

humor ·

As ons tog maar net een maal kan hoor dat geregtigheid geskied het en dat n kader iets terug betaal het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.