Staatskapingsverslag: Des van Rooyen onttrek interdik-aansoek

Des van Rooyen. Foto: GCIS

Des van Rooyen. Foto: GCIS

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het sy aansoek teruggetrek vir ʼn interdik om te keer dat die voormalige openbare beskermer (OB) se verslag oor sogenaamde staatskaping openbaar gemaak word.

Pres. Jacob Zuma en Van Rooyen het verlede week twee afsonderlike hofaansoeke teen die voormalige OB, adv. Thuli Madonsela, ingedien. Van Rooyen se aansoek is op 14 Oktober in die hooggeregshof in Pretoria ingedien, om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord.

Die regter het voorgestel ʼn bewaringsbevel word uitgereik en dat ʼn aansoek dan later ingedien kan word dat die nuwe OB, Busisiwe Mkhwebane, dit moet bekend maak. Die aansoek sou 1 November hervat.

Volgens berigte het Van Rooyen egter Vrydag die aansoek teruggetrek. In ʼn kennisgewing aan die hooggeregshof het hy gesê die voorsetting van die aansoek sou geen doel dien nie, aangesien die verslag geen ongunstige bevindings teen hom bevat nie.

Zuma sin aansoek gaan steeds op 1 November voort.

Mkhwebane het intussen gesê sy laat die besluit, of Madonsela se verslag openbaar gemaak mag word, aan die hooggeregshof oor. Sy het ook aangedui sy gaan nie Zuma se aansoek teenstaan nie.

Madonsela se verslag bevat haar bevindings ná ʼn ondersoek oor bewerings dat die Gupta-familie ʼn uitgebreide invloed op die regering se besluite het met hul beweerde betrokkenheid by die aanstelling van kabinetsministers en raadslede van staatsbeheerde maatskappye, asook die familie se beweerde onbehoorlike en moontlik korrupte invloed op die toekenning van tenders en lisensies aan maatskappye wat bande het met die familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nico ·

Seker nie meer bekommerd nie, want die verslag is uit Thuli se hande. Ons gaan daardie verslag in JARE nie sien nie. Staat is berug met hofbevele verontagsaam.

Rower ·

Ek het moontlik half gelees of verstaan die praktyk nie, maar hoe op aarde kan hy sy interdik ontrek terwyl die knaap nie kan weet wat staan in die verklaring omrede dit mos onder n bewaringsbevel is !
Nou as dit so bewaar word dat die knaap weet wat daarin staan , is die bewarings bevel nie geslaag .

Cherokee ·

Hoe weet Van Rooyen wat in die verslag geskryf is? En Zuma? Waarom mag hulle insae hê voor dit vrygestel is aan die publiek? Opsigtelik was Van Rooyen bekommerd.

pieter ·

Weet klaar wat daarin staan seker so hy het niks om oor te worry nie Beste maatjies met nuwe OB

hoe nou ·

Van die verslag gaan daar dadels van kom. No1 het die regte mense op die regte plekke.

Johann Marx ·

Soooooo…uit ‘n hele kabinet vol ministers is daar TWEE wat aansoeke indien om die openbaarmaking van die verslag te verhoed….en nou gaan een en trek sy aansoek terug want die verslag bevat “geen ongunstige bevindings teen hom nie”? Hoe de hel weet hy dit? Het hy die verslag gelees? Waarvoor was hy bang, en so bang dat hy ‘n hooggeregshof vra om die bekendmaking van die verslag te verhoed?

Lance ·

Dan dit dan dat wys mens net hoe deurmekaar alles daar is . Ek wens regtig die verslag lek uit.

Sê maar net ·

En so begin die nuwe OB mense se vertroue ook te wen

Ben Prinsloo ·

Die onttrekking is voor die hand liggend. Noudat hy seker gemaak het die nuwe OB is in die Zuma kamp is daar niks meer vir hom te vrees nie.

Peet ·

Madonsela het weke terug gesê daar is niks rerig teen van rooyen nie. Dis hoekom hy wegskram!

Peet ·

Madonsela het weke terug gesê daar is niks rerig teen van rooyen nie. Dis hoekom hy sy as soek onttrek!

TM ·

Seker die verslag omgeruil met een van hulle eie weergawes en nou maak hulle asof hulle oor niks bekommerd is nie. Hulle onderskat die gemiddelde IK van die mense daar buite. Die waarheid sal uitkom…

Cherokee ·

Net agbaar vir jou.. nie vir ons. So, aangesien jy hom ag, vra hom.

Ander Koos ·

Bevestig Zuma is nog in beheer. Hy se mos sy voorvadergeeste vertel hom hy moet tot 2030 regeer. Hef aan le nog voor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.