Staatskapingverslag is ’n ‘saak van nasionale belang’

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, moet die sogenaamde staatskapingverslag, wat deur haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, opgestel is, so vinnig as moontlik vrystel, het AfriForum Maandag gesê.

Die burgerregte-organisasie het vandag in ’n formele skrywe die nuutaangestelde OB versoek om die verslag so vinnig as moontlik vry te stel, ongeag die politieke druk waaronder sy ook al mag verkeer.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het in die skrywe aangevoer dat die vrystelling van die verslag ’n saak van nasionale belang is en dat dit gevolglik ook die hoogste prioriteit van die OB moet wees om hierdie verslag aan die publiek vry te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jan ·

Jaap het gesê. Nee! nou spring sy saam die res. Ons sal nie daai Dokument sien nie

M ·

Die kabinet is vol mareonette….hoee gaan daai ou ou engelse liedjie “like a puppet on a string”

Jakobus ·

En vir wie moet ons bedank? Soos met Zuma, destyds, weer ‘n keer vir Julius. Net, dié keer het hy oopoë daarin gestap. Ek kan nog nie begryp hoe dit gebeur het, dat sy aangestel is, nie.

Rupert Ashford ·

Stem saam met Ernst maar sal verbaas wees as ons ooit die verslag vrygestel sien. Dit mag dalk uiteindelik gelek word as laaste uitweg.

Justice ·

Madonsela het gehoor gegee aan `n hofbevel dat die verslag moet wag tot 2 November vir `n besluit deur die hof – Mkhwebane het geen alternatief as om daaraan gehoor te gee nie. `n Regter en nie Mkhwebane gaan die verslag se uitkoms bepaal.

Johan Piek ·

Justice het nou net vir almal n mooi verduideliking gegee hoekom die verslag nog nie vrygestel kan word nie. Wat is so moeilik om te verstaan ? Dis mos alreeds ook in die pers en op die nuus
bespreek ! Maroela se berig oor Afriforum se aansoek is onvolledig en nou verstaan ek nie waarop Afriforum sy eis baseer nie want hulle het altyd sulke puik regsgeleerdes wat hulle bystaan.

Johan Piek ·

Waarop baseer Afriforum sy eise ? Die hof het mos klaar beslis dat niks kan gebeur voor die 1se November nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.