Staatskapingverslag: Zuma moet self betaal

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag beslis pres. Jacob Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste van die hofaansoek wat hy gebring het om ʼn interdik te bekom wat Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), sou verhoed om haar staatskapingverslag vry te stel.

Dié uitspraak wat eenparig deur ʼn volbank regters beslis is, is deur regterpresident Dunstan Mlambo gelewer. Mlambo het gesê die standpunt wat Zuma in 2016 ingeneem het oor die stand van die verslag was “heeltemal onredelik”.

Hy het gesê daar was geen gronde vir Zuma se aansoek om ʼn interdik teen die bekendstelling van die verslag te versoek nie. “Die president se volharding om voort te gaan met ʼn hofaansoek kom neer op misbruik van die regsproses,” het Mlambo gesê.

Zuma se aansoek om ʼn interdik te bekom om te verhoed dat die staatskapingverslag bekendgemaak word, is verlede jaar by die hooggeregshof in Pretoria ingedien. Zuma het in sy aansoek aangevoer hy het nie genoeg tyd gehad om oor die bewerings teen hom te reageer nie.

Op 2 November het Zuma se regsverteenwoordiger skielik ʼn ommeswaai in die hof gemaak en aangekondig dat die president sy aansoek rakende die staatskapingverslag met onmiddellike effek laat vaar. Die hof het toe gelas dat Madonsela se verslag nog dieselfde dag bekendgemaak moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cor ·

Ai Duduzane se pa dat dit nou met U moes gebeur , dit wil voorkom asof U die ancisters kwaad gemaak as alles hier op die laaste teen U begin draai. Hopelik sal Duduzane en sy venote U darem help betaal, dit is mos hoekom ‘n mens n kind groot maak , as hy in die moeilikheid is help n ouer hom. As n ouer in die moeilikheid kom help die kind weer die ouer, vernaamlik as n kind n vooruitstrewende sakeman is.

Karma ·

@Cor – ai, hoe lekker lag ek nou vir dié bietjie galgehumor!

Willem ·

Zuma se regsverteenwoordigers behoort in hierdie en vele ander sake eweneens de bonis propriis kostebevele teen hulle te kry weens hul bydrae tot die misbruik van die regsproses .

Speedguard ·

@Willem.. Onthou die regsverteenwoordiges tree op in opdrag van sy klient, dit is nie te se die regsmense dring daarop aan nie (alhoewel ek my eie stelling betwyfel wat betref die bodemlose put/koffers) (sho moes seker maak ek spel reg) Ek sal enige saak aanvaar wat my kant toe kom wen of verloor, jy oes altyd!! Die probleem is egter gaan Hy self betaal ??

Dafer ·

Willem ek stem 100% met jou saam. Dit is te maklik om te wil se ek voer net my klient se opdrag uit. Daar is so iets soos integriteit wat hier iewers redelik gereeld verkrag word net om geld te ‘verdien’.

Eish ·

Wonderlike nuus in die mistroostigheid van moedelose verval. Mens voel tog soms of jy bietjie olietjies in die ratte van die regsproses wil indrup. Alles is in oodrewe stadige, kykweer aksie.

Lekker ·

Is dit die rede waarom die petrolprys volgende maand weer gaan styg?

Henk ·

Twee persoonlike koste bevele teen Zuma en een bevel dat Madonsela se staatskapingverslag ten volle ondersoek moet word! Is Zuma se dae agter tralies in sig? Wat die kostebevel betref – moenie vergeet dat hy homself reeds self verryk het uit die staatskas nie. Moet ook nie vergeet dat dit alom bekend is dat die ANC maklik geld verplaas nie. So sal Zuma self betaal? Ons het tot op hede nog GEEN bewys gesien dat hy reeds SELF betaal het vir Nkandla nie…….

Theresa B ·

Ag siestog nê?! Dit wil ek sien…………………….

Boet Fasie ·

Wanneer is nie Nkandla veiling nou weer of het ek verkeerd gehoor.

Se maar net ·

Hy het nie ‘n probleem om te betaal nie want hy het die sleutel tot die staatskluis en daai sleutel staan bekend as ‘gigaba’ ( ‘n loper vir alle belasting geldjies)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.