‘Staatskoerant’ se webwerf lank buite werking

(Argieffoto: Pixabay)

Die Staatskoerant kan sedert die begin van Februarie nie aanlyn gelees word nie weens tegniese probleme by die staatsdrukker, wat verantwoordelik is vir dié publikasie – ook die aanlyn weergawe.

Maroela Media kon self nie Donderdag op die staatsdrukker se webblad inkom nie en verskeie lesers kla reeds sedert die begin van die maand dat hulle sukkel om aanlyn toegang tot die Staatskoerant te kry. Die laaste dokument wat skynbaar op die webwerf beskikbaar was, was die gewysigde regulasies met betrekking tot die ramptoestand wat op 1 Februarie gepubliseer is.

“Dit is eenvoudig skokkend dat die regering toelaat dat so iets gebeur,” sê Angel Khanyile, die DA se woordvoerder vir binnelandse sake. “Die Staatskoerant moet maklik verkrygbaar en toeganklik wees ten einde te verseker dat Suid-Afrikaners weet wat die wette van die land is en ingeligte besluite kan neem. Die regering se onvermoë om landsburgers ingelig te hou beskadig die kern van die verhouding tussen die staat en sy burgers.”

Khanyile twyfel of die regering self eers bewus was dat die webwerf nie werk nie en sê dis ʼn skande dat die ANC nie eens ʼn eenvoudige webtuiste kan onderhou nie. “Hoe kan ons hulle vertrou om die beloftes wat tydens die staatsrede gemaak is te implementeer?”

Die DA sal nou aan die minister van binnelandse sake skryf en vra dat die aanlyn weergawe van die Staatskoerant dringend opgedateer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
christo

Die staatsdiens val uitmekaar. Daar is nie net krake in die regeringstelsel nie, dis bouvalle. Dit, terwyl Ramaphosa toesprake lewer asof alles in SA normaal is.

Martin

Die publiek moet sommer dadelik begin geld insamel om die Staatskoerant weer op die been te bring. Ons begin sommer by Soweto om die eerste bydraes te maak…

Jack

Niks waar die anc hulself nie kan verryk nie sal ooit in stand gehou word nie. Skrik wakker uit jou droomwereld.

Schalk

Maar net nog ‘n gat in die muur waaruit geld sal verdwyn onder die vaandel van uitgediende stelsels en tegnologie. Probleme in die infrastruktuur van die land is nou al alledaagse verskynsel.

FrikkievV

Niemand op kantoor, ry rond, loop rond, stel nie belang in werk nie ons kry mos salaris.