Staatsmaatskappye vra nog R120 miljard

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Staatsbestuurde maatskappye het die regering om verdere hulpverlening ter waarde van R120 miljard vir vanjaar se aansuiweringsbegroting en die volgende jaar gevra, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in die parlement onthul.

Hy het geantwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag deur Wouter Wessels, VF Plus-LP van Bloemfontein.

Verreweg die grootste bedrag, R100 miljard, is deur die elektrisiteitsvoorsiener Eskom aangevra.

Twee staatsbestuurde maatskappye, te wete die bosboumaatskappy Safcol en die vervoermaatskappy Transnet, het geen hulp aangevra nie.

Die twee staatsbestuurde lugdienste, SAL en SA Express, wil onderskeidelik R15,5 miljard en R1,74 miljard by die nasionale tesourie en dus die belastingbetaler hê, terwyl die mynmaatskappy Alexkor om R100 miljoen aansoek gedoen het en die wapenvervaardiger Denel om R2,8 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jack ·

Gee daardie geld aan die dorpe en stede wat wil wegbreek van Eskom om eerder groen energie aan te skaf

Donker nag ·

Eskom moet val sodat Ramaphosa se nuwe krag network kan begin. Google bietjie Africa Rainbow Energy Power en dan kan ons saam praat.

Jepetto ·

Dis reso Gorden draai die kraantjies toe laat dit net drip vir oorlewing

Gert van Wierdapark ·

Net R120 000 000 000!!! Dis 120 duisend miljoen Rand. Weet die instansies se amptenarre en baie politici wat is die verskil tussen ‘n Miljoen en ‘n Biljoen? Dalk dink hulle die verskil is net in die Spelling. Wanneer gaan daar ‘n einde aan Regstelende Aksie kom, of sal ons maar nog 25 jaar geduldig daarvoor moet wag?

Gaps ·

Daar is mos nie verskil nie. Net nulle en n nul beteken mos niks. Lekker om te spend as dit nie jou geld is nie.

Johan ·

Die staatsmaatskappye glo nie in begrotings nie. Hulle glo eerder dis hulle reg om onreëlmatige uitbetalings te maak. Die Regering moet maar net gee en gee.
Maak eerder wetgewing wat hierdie oortreder swaar straf en hulle verantwoordbaar hou.

Lollie ·

Indien Soweto net hulle krag betaal dan is daar reeds ń groot hulp vir Eskom!
Waarheen gaan al die lotto geld? In die verlede het ons altyd gehoor vir watter instansies dit gegee word maar het bitter lanklaas iets gehoor. Waarom kan dit nie ook vir Eskom ens gaan nie? Seker omdat die belastingbetalers nie omgee om kort-kort te gee nie!?

Nuuskierig ·

Ek sal ook nogal wil weet waarheen gaan die lottogeld – in die begin het ons Dienssentrum ietsie gekry maar kry deesdae NIKS – net so pennie vd staat …….

fred ·

moenie die Zuma vra hoeveel 120 biljoen is nie…hy kan dit selfs nie uitspreek nie…maar ernstig nou: hoeveel van hulle besef rêrig hoeveel geld dit is en hoeveel privaat belastings betalers jy benodig om dit by mekaar te breng….en dan verdwyn dit

Trol ·

Wel, aangesien die belastingbetaler die HULPVERLENING befonds, kan ons eis dat elke instelling wat HULPVERLENING vra eers onder nuwe bestuur en nuwe direksie kom voordat hulle enige HULPVERLENING kry

Gemaskerde Sopbeen ·

That what you allow will continue….Dis tyd dat die hardwerkendes wat hierdie tipe geld voorsien begin om SELF die kraantjie toe te draai en nie vir Parafien te wag om dit te doen nie…..Daar word so baie vermors want daar is so baie om mee te mors….

Danie ·

Voordat BEE toegepas is het al hierdie instansies n wins getoon

henry ·

Ag..liewe Tesorie Kersfeesvader…ek beleef baie moeilike tye in armgat hool waar ek bly…kan u my asseblief help …nie om lang swart slap motors te koop nie ..ook nie elke aand KFC nie…ook nie duur Dubai vakansies nie…ek soek net R1,000 000 om my op die been te bring na Eskom se prysverhoging ,die hoe petrolprys en die stygende kruideniersware .

Johann cb ·

Wat op aarde is aan die gang? En waar op deeske aarde gaan al die geld vandaan kom? Lyk die belastingpligtige soos ‘n bankteller? Eish!

Irma ·

Regtig ! Hulle moes dit sien kom het want hulle doen nie veel om die situasie en probleme uit te sorteer nie. Die stert swaai nogsteeds die hond. Intussen kos dit die belasting betalers ‘n arm en ‘n been om los te kom van die houvas wat escom op alles het.

Jerry ·

Staatskaping was die begin van die einde vir SA as n ware demokrasie. Dit is nou eenrigting verkeer na n ANC beheerde sosialistiese staat. Die ANC elite en kaderstrukture gaan met al die geld hulself verder verryk ten koste van dienslewering aan die gewone mense van SA! SA benodig dringend n teenrevolusionere opposisie wat kan saamstaan en opstaan en dit stop, hoe dit ookal sy en wat ookal mag vat om dit te stop! Die ANC se ideologiese honger na geld en mag maak hulle by die dag meer uitgeslape oor hoe om dit deur misleiding te vermag! SA is reeds so gyselaar geneem dat die ANC eintlik na regte kan maak soos hulle wil en vat wat hulle wil en daarmee wegkom sonder om dit enigsins verder te probeer verbloem! Hierdie is n tipiese voorbeeld daarvan om nie te vra wat jy regtig nodig het nie, maar om tien keer meer te vra en dit te kry, maak nie saak waar dit vandaan kom nie, want niemand verdien dit meer as die revolusioneres! Die ironie van dit alles is dat die belastingbetaler verder verarm terwyl die ANC en sy kaders al hoe ryker raak. Helen Zille het raakgevat toe sy die klip in die bos gegooi het met haar stelling aangaande belastingweerhouding met die ANC wat onmiddellik en heftig gereageer het dat dit sal neerkom op hoogverraad! Die ANC is egter die wie reeds met staatskaping hoogverraad gepleeg het!

KP ·

Dit wil ek ook weet waar gaan die regering al hierdie geld vandaan kry, of word dit eenvoudig geleen????????
Ek eis om te dink wat gaan gebeur as die buiteland SA se geldkraantjie toedraai.

Concerned ·

Jaarliks word staatsamptenare se pensioen gelde ook uit koffers geneem om hierdie instansies te “help”. Wat van daai mense wat se hard verdiende geld verkwis word. Gaan daar iets oor wees as die “hulp” eendag stop?

Sanna ·

Privatiseer Eskom en alle energiepprobleme sal iets van die verlede word.

HPV ·

Bakhand en bedel tot vervelens toe! Dit sal net eenvoudig nooit stop nie. As mens weer en weer moet betaal vir dieselfde bloedsuiende staatsmaatskappye en jy weet by voorbaat oor ses maande staan hulle weer bakhand, neem so witwarm woede besit van mens. Dit is tyd dat alle Afrikaners begin weerstand bied!Begin besigheid doen soos die regering met tender bedrog vir ons voorbeelde stel. Doen soos hulle doen, “no tax no slip”

Boet Fasie ·

Gee hulle geen geld nie, maak hulle toe en verkoop hulle op ‘n bankrot veiling, hulle soek net bonusse en geld om te mors. Die land is al klaar by rommel status so gee hulle weg , ver weg, bitter ver weg.

Jerry B ·

Nou wanneer word hierdie korrupte bestuurders uit hulle poste verwyder. Duidelik hulle is onbevoeg.

Mariana ·

Liewe aarde wanneer gaan dit stop. Hoe kan die regering dit selfs net oorweeg. Die kraantjies moet toe en die geldboompies is droog. Hoeveel moet nog vermors word. Belastingbetalers moet nou begin NEE sê. Die ANC dink die boompie kan net voorsien sonder einde. Sjoe!!!!

Boet Fasie ·

Die liewe ANC , Telkom. Eskom , SAL en die ander staatsdepartemente dink jy kan net geld druk, hulle moet gaan geld vra by die Guptas , ANC en ministers wat met die geld weg is, ons het nie meer geld nie, Vorder die geld in wat hulle gevat het , die belastingbetaler het nie meer nie of soek ander inkomste.

Penellope Jones ·

Solank hulle beveel en die staatsdiens hulle bederf , sal hulle mos nooit verantwoordelikheid leer nie.
Dis dan so maklik om net die hand uit te steek en woeps, daar val ‘n klomp geld in die hand!
Hulle het nie eers nodig om te werk daarvoor nie!

Wag ook net tot na die begroting en voor die verkiesing – slim kinders . . . . . . .

Bekommerde ·

Gaan die Staan aanhou water (geld) in ‘n sif stoor – maw – dit gee wat hulle voor hulle siel weet niks gaan help nie!

Christo ·

Daar gaan die Staatsdiens werkers se pensioene, want die geld sal seker uit die ‘Public Investment Corporation’ kom waar die staadsiensamptenare se pensioene belê word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.