Staatspasiënt moor glo ander met drupstander

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is onder polisiebewaking in die Evander-hospitaal in Mpumalanga nadat hy vroeër die week glo ʼn ander pasiënt grusaam met ʼn drupstander vermoor het.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 14:30 plaasgevind.

“Die 29-jarige verdagte het die 28-jarige slagoffer wreed en herhaaldelik met die drupstander in sy gesig gesteek,” het Mohlala gesê. Die slagoffer het weens sy beserings beswyk.

Die verdagte het daarna glo probeer om nog ʼn pasiënt en ʼn verpleegster aan te rand voordat hy onder verdowing geplaas is.

“Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie. Die verdagte is nog in die hospitaal en sal in die hof verskyn op ʼn aanklag van moord sodra hy ontslaan word.”

Die verdagte sal na verwagting vir geestelike evaluering gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stitch ·

wys net diefstal kan bekamp word as ons self iets daaraan doen

Debs ·

jo jo selfs in die hospitale is mens nie eers meer veilig nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.