Staatspensioenfonds verplig om inligting te verskaf

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die parlement se staande komitee oor finansies het die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die staatspensioenfonds (GEPF) teen die einde van sy sitting verplig om inligting oor moontlike staatskaping en ongelyste beleggings aan Solidariteit te verskaf.

Dit volg nadat hierdie partye tot op hede geweier het om die inligting te verskaf wat Solidariteit ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aangevra het. Die OBK en die GEPF moet binne 30 dae aan hierdie instruksie voldoen.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, is dit uiters noodsaaklik om die inligting wat versoek is, te bestudeer om bewerings van pogings tot staatskaping en sekere beleggings in ongelyste fondse en staatsbeheerde ondernemings te ondersoek. “Ons lede, wat huidige staatsdienswerkers en pensioenarisse insluit, is angstig oor gerugte van staatskaping. Ons moet antwoorde kry en poog om hulle en die breër publiek gerus te stel dat hul fondse veilig is en verantwoordelik bestuur word. Ons kan nie toelaat dat gerugte van staatskaping en twyfelagtige beleggings in staatsbeheerde ondernemings wat aan die faal is, onbeantwoord gelaat word nie,” sê Kruger.

Solidariteit vra in sy aansoek onder meer vir inligting oor die volgende:
• voorsorgmaatreëls wat getref word om staatskaping te voorkom;
• die versuim van die OBK om op tree teen swak korporatiewe bestuur by instellings soos Eskom waar hy fondse belê;
• moontlike teenstrydighede tussen die OBK en die GEPF se mandate;
• risiko-ontleding en blootlegging van inligting in daardie verband; en
• spesifieke voorvalle van moontlike wanbesteding.

“Solidariteit verwelkom die besluit van die voorsitter om die OBK en die GEPF te verplig om die inligting te deel. Solidariteit sien ook uit na beter samewerking, meer deursigtigheid en ʼn samewerkende eerder as ʼn vyandige verhouding in die toekoms,” het Morné Malan, navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Solidariteit is van mening dat daar heelwat positiewe interaksie plaasgevind het tydens Dinsdag se samekoms in die parlement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johanna Botha ·

Gaan die mense wat sou getrou anc stem hulle pension verloor as gigaba sy hande op dit kry …onthou wat met spoornet se mense gebeur het jare terug …selfde pad !

Chris ·

Die koffers is reeds leeg…. hier kom ‘n groot skok vir staatswerkers.

Pietro Schmidt ·

Baie dankie AfriForum en Solidariteit vir jul opregtige kommer en sorg oor ons staatsamptenare asook pensionarisse se finansiële toekoms. My kommer en ontnugtering oor ons land en wat vir ons mag voorlê, word regtig ‘n vrees. Geen hardwerkende en toegewyde Suid-Afrikaners se bydrae tot ons land se toekoms en voortbestaan geniet enige erkenning en dankbaarheid van die ANC nie. Is daar geen einde aan hul menslikheid en selfsug nie?

Pensioenaris ·

Hierdie is ‘n baie positiewe stap in die regte rigting. Almal van ons betrokke by hierdie fonds, nou en in die toekoms, moet dit ten volle steun en negatiwiteit vermy. Dankie tot dusver vir almal betrokke hierby. Sterkte en wysheid!

John ·

Groot oeverblindery is oppad. Solidariteit moet sy beste bril opsit. Die goelkunstenaars is ingeroep want die kul-jou-hier-kul-jou-daar-brigade het lank reeds sy lepel in hierdie pappot ingediep. Net bitter aanbrandsels en baie stories oor… ?

Johann ·

Mense, julle beter jul kids se spaar varkie bussies gaan tjek!!!!! Sal my nie verbaas as hulle almal leeg gesteel is nie! Hierdie langarm seekat van vat en uitdeel rek VÊR! Om nie t praat van ons banke nie! Gin wonder die ANC preek radikale ekonomiese vergrype nie…hulle gaan summier n advance op jou en my salaris by die banke vat….

Verwonderd ·

Wat sal gebeur as ons hulle net los? Die ANC doen soos verwag en plunder die fonds leeg… Die magsbasis wat hulle deur ‘n werk omkoop verdwyn en dienslewering verswak nog verder agv moraal. Gebreekte venster teorie verdiep… Die vraag is of ons nie maar die ononbeerlikke verlangsaam deur hulle gedurig onder vier oë te hou nie?

Poot ·

@Verwonderd
Regtig Verwonderd? Is dit die mentaliteit wat jy verwag ingeslaan moet word? “Role over and die” mentaliteit?

Jean C ·

Sal dit help om te bedank en te vat wat jy kan kry of gaan die belasting in elk geval die helfte opvreet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.