Staatsrede 2015: Parlement ontken ‘buitengewone veiligheidsmaatreëls’

Die polisie moes op 21 Augustus 2014 ingryp toe lede van die EFF en ANC mekaar by die Nasionale Vergadering wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die polisie moes op 21 Augustus 2014 ingryp toe lede van die EFF en ANC mekaar by die Nasionale Vergadering wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die parlement het ontken dat hy onlustedrag vir veiligheidsbeamptes aangeskaf het ter voorbereiding van Donderdag se staatsrede.

“Die parlement verwerp valse koerantberigte wat beweer dat hy besig is om toerusting vir veiligheidsbeamptes vir die 2015 staatsrede aan te skaf,” het die nasionale wetgewer Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die Sunday Times het vroeër berig dat veiligheidsbeamptes deur die openbareorde-polisie-eenheid opgelei word, en dat onlustedrag vir hul gebruik aangeskaf word.

“Parlementêre veiligheidsbeamptes ondergaan dié opleiding as deel van hulle daaglikse take. Dit word nie spesifiek vir die staatsrede gedoen nie. Ons verwerp die sensasionele beweringe in die koerantberig oor die aanskaffing van koeëlvaste baadjies, knuppels, boeie en ander toerusting vir die gebruik van veiligheidsbeamptes.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) dreig om Donderdag president Jacob Zuma se jaarlikse staatsrede te ontwrig tensy ʼn spesiale sitting van die Nasionale Vergadering geskeduleer word waartydens hy vrae sal beantwoord oor die opgraderings aan sy Nkandla-woning.

Zuma het intussen gesê hy is nie bekommerd oor die EFF se dreigemente nie. “Die parlement tree volgens ʼn stel reëls op. Ek was nog nooit in my lewe daar op my senuwees nie,” het hy Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Zuma het die EFF daarvan beskuldig dat hy die omstredenhede rondom sy Nkandla-huis gebruik vir goedkoop politiekery, en dat hy hom nie oor die EFF bekommer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henk ·

ja seker. Die parlement ontken ook korrupsie in die Nkandla sage en Zzzzzzuma se betrokkenheid. Dit gaan wemel van die polisie BINNE in die parlement!!!!! Wat in effek daarop dui dat die staat deur die polisie/weermag regeer word en derhalwe dat Zzzzzzuma vir die tweede keer sedert 2008 ‘n staatsgreep uitgeoefen het!

Gerhard Bezuidenhout ·

Om te dink dat daar so ver gegaan moet word omdat ons president korrup is . Die blikskottel lieg weereens want sy broek bewe finish en klaar .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.