Staatsrede 2016: EFF verlaat die parlement

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016) (Skermskoot uit die regstreekse video)

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016) (Skermskoot uit die regstreekse video)

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdag, op versoek van speaker Baleka Mbete, die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede verlaat, terwyl hulle gedreunsing het, “Zupta must fall”.

Zuma is Donderdagaand vir die tweede keer onderbreek toe EFF-LP Godrich Gardee ʼn spreekbeurt versoek het.

Gardee het gesê Zuma het reeds twee bladsye voorgehou, maar nog nie ʼn woord gesê oor die miljoene rand wat die land verloor het weens die minister van finansies wat onverwags uit sy amp verwyder is nie.

Mbete het egter aan Gardee gesê sy punt hou nie verband met die staatsrede nie, en dit word afgekeur.

Nog ʼn LP van EFF, Sipho Mbatha, het probeer om Zuma te onderbreek totdat Mbete uiteindelik vir hom ʼn kans gegun het om te praat.

Sy het daarna die parlement se reëls aan die LP’s voorgehou voor Mbuyiseni Ndlozi ook ʼn spreekbeurt versoek het.

Volgens Julius Malema, leier van die EFF, het egter gesê sy party voldoen aan die prosedures, waarop Mbete hom weer versoek het om die parlement te verlaat. Sy het gesê die EFF ontwrig die sitting, maar Malema het gesê sy moet hulle asseblief individueel aanspreek, nie as ʼn groep nie.

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het daarna versoek dat die sitting sal voortgaan, en dat Mbete nie lang gesprekke met die EFF sal voer nie.

Floyd Shivambu, EFF-LP, het ook gesê Mbete moet die EFF-lede individueel hanteer, en nie as ʼn groep nie.

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het ook ingegryp en EFF-LP’s versoek om hul sitplekke in te neem.

Modise het gesê die punte wat LP’s wil bespreek, hou nie verband met die staatsrede nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het daarna opgestaan en gesê: “Ons kan óf een persoon, minister Nene, bespreek wat sy werk verloor het, of ons kan vanaand hoor wat die president te sê het oor die miljoene mense wat werkloos is.”

Mbete het daarna die EFF-LP’s se name individueel genoem, en versoek om die parlement te verlaat. Die groep het daarna uitgestap terwyl hulle gedreunsing het, “Zupta must fall”, ʼn verwysing na die president se noue verband met die Gupta-familie.

Maroela Media het vroeër berig Cope het ook reeds die parlement verlaat.

Lees alle vorige berigte oor staatsrede 2016 op Maroela Media.

Volg die staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

chrisp ·

Lulu
Gaan help vir Mossie hy het nie mooi beplan nie en kort so bietjie!

Ek het nooit gedink Politiek met al hulle narre gaan rugby vervang nie .Ek en my maats het sopas die vuur aangesteek, Nou gaan ons braai!

Chris ·

Chrisp, geniet die braai maar asseblief tog moet nie die super dinamiese president van SA bespreek nie, julle sal dalk julle polse af kou of moontlik n onnodige hoeveelheid drank inneem. So bly die “bollie” het klaar gekry.

marianne ·

Bravo aan die wat ‘n myle te laat standpunt gee… waarom word miljoene gemors op ruimte ondersoeke? Waarom kry die “ou” kinders bevoorregtes massiewe salarisse – luukse motors en vakansies omdat as “staats amptenare” hulle daarop geregtig is… ‘n klomp snert word herhadeliks net effrns gedraai en weer genoem….
Ons mense ongeag ras geloof of kultuur sukkel! Oumense en gestremdes word verwaardeloos -. Hoe op aarde moet hulle van R1 300 lewe? Enkel werklose ouers kry R300 per kind!!! Dis een pak doeke. DIS BELANGRIKE SAKE DIS WAARAAN AANDAG GEGEE MOET WORD.

FM ·

Nee wat,die Boswell en Wilki sirkus lyk soos n vulletjie teen die parlementsgebeure.!!!! En daar was n paar narre!!! Mooi man. n Braai is net die ding!!!!!

V O E T S E K H O N D ·

Jees Malema & Lekota ……….julle is die manne. Wat nie bang is om julle te laat hoor nie die DA en die ander opposisiepartye bang g*tte en gatkruipers……….. Weldaan Cope en die EFF my stem in die plaaslikeverkiesing mag gaan aan die EFF.

alida ·

Mooi Julius jy is ‘n yster gee hom gas. Mnr Maimane aan die ander kant is nie bang nie hy is beskaafd en opgevoed. Hy sal sy beurt kry op die regte tyd om daardie NAR in ‘n hoek te druk. Maar ek stem saam dit was nogal baie snaaks.

johny ·

Is nou al so moeg vir al die probleme in die land.Gaan nou voor n geparkeerde voertuig inspring

johny ·

Die staatsrede het my so aan gegryp dat ek met die eet van my springmielies amper my een vinger op ge eet het.Ek is nou op kalmeer pille en vanaand drink ek ekstra slaap pille

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.