Staatsrede 2016: Kyk regstreeks wanneer Zuma reageer

President Jacob Zuma luister op 17 Februarie 2016 na die debat oor sy Staatsrede Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma luister op 17 Februarie 2016 na die debat oor sy Staatsrede Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma sal om 14:00 met sy repliek begin ná LP’s twee dae lank oor sy staatsrede gedebatteer het. Jy kan die gebeure regstreeks op Maroela Media volg.

Zuma het verlede week sy agtste staatsrede gelewer. Hy het ongeveer eers ʼn uur later begin, nadat hy telkens deur Cope en EFF-LP’s onderbreek is.

Lees alle vorige berigte oor Staatsrede 2016 op Maroela Media.

Volg die verrigtinge hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Mede volksgenote, hou julle “popcorn” en koeldrank reg. Die sirkus gaan nou nou weer begin. Geniet dit.
As ek so bekaf op n foto moet lyk soos nr1 hierbo lyk, dan het ek wragtig my paai gevat en gewaai.

DPJ ·

Kan nie verstaan dat LP 3 maaltye op belasting betalers se sak moet kry om te kan konsetreer nie. Dit is juis as jou maag vol is dat jou oë toetrek.

Dee ·

Die ander sprekers het hul sê gesê deur met gereelde tussenposes op hul notas te kyk. Zuma kan dit nie anders doen as om woord vir woord soos ‘n resitasie af te lees. Wonder wie het dit vir hom geskryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.