Staatsrede 2016: Malema versoek om parlement te verlaat

Baleka Mbete, speaker van die parlement (Staatsrede 2016) (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Baleka Mbete, speaker van die parlement (Staatsrede 2016) (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het Julius Malema, leier van die EFF, Donderdagaand versoek om die parlement te verlaat, weens ʼn ontwrigting van die gesamentlike sitting.

Mbete het daarop gewys dat ʼn gesamentlike sitting slegs handel oor die punt van orde, naamlik die president se staatsrede op 11 Februarie.

Stone Sizani, hoofsweep van die ANC, het saam met Mbete gestem en gesê dat die reëlboek bepaal dat geen debatvoering tydens ʼn gesamentlike sitting mag plaasvind nie.

John Steenhuysen, hoofsweep van die DA, het egter aan Mbete gesê dat sy reëls uit die reëlboek wil verwyder, en nuwe reëls uitdink.

“Lede van die EFF, maak die besluit of julle hier wil bly of nie,” het Mbete gesê.

ʼn Lid van die EFF het bo Mbete probeer uitroep dat hulle nie besig is om die sitting te ontwrig nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het uiteindelik versoek dat Mbete die vergadering tot ʼn punt van orde sal roep en dat daar met die sitting sal voortgaan.

Mbete het daarna die president geroep.

Volg die staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rynhardt ·

Om 20hoo het Malema die prez onderbreek en teen hom uitgevaar.Speaker het hom gevra om parlement te verlaat.Daarna het die prez weer klem gele op rassisme.Dit is nie waaroor n staatsrede gaan nie! Ek wil iets interessants verklap vir jou van parlement.Die meeste LP’s wat agter gebly het om na sy mislukte staatsrede te luister,was Anc politici en liberale-vyande van die Afrikaner/Boervol!Parlement beteken niks meer vir ons mense nie.

Kobus van den Berg ·

BM jy maak dit nie……jou ster het geval my darling !

bea ·

Sirkus was in Kaap gisteraand…almal n klomp narre…EFF moet sommer saam ANC in see in hardloop…as president moet jy kan op staan en almal uit jaag wat nie wil luister!!!!

m ·

Wat wil Malema praat van rassisme. Hy is die grootste rassis. Hy moet bietjie eers na homself kyk en die strooi wat hy kwytraak want dit dui op baie lae intelligensie vlak.

alida ·

m. Dit is hoekom Malema eintlik so snaaks is, is oor sy IK wat nie veel hoër is as die President s’n self nie.

johny ·

Baleka mabete is n groot grap.Huil oor alles dink sy is al belangriker as al die regters. En as sy praat moet almal bewe

JOHNY ·

As ek kon toor.Het ek almal wat bad is in bramaan beeste verander en dan kon ons vir baie jare biltong eet en elke aand vleis braai en om die braaivleis vure praat hoe goed gaan dit nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.