Staatsrede 2016: Mbete probeer LP’s vasvat

Skermskoot van die regstreekse uitsending (Staatsrede 2016)

Skermskoot van die regstreekse uitsending (Staatsrede 2016)

Die speaker in die parlement, Baleka Mbete, het Donderdagaand Julius Malema en Floyd Shivambu van die Ekonomiese Vryheidsvegters probeer vasvat toe hulle daarop aangedring het om ʼn spreekbeurt te kry vóór pres. Jacob Zuma se staatsrede.

Mbete het die LP’s daarop gewys dat geen sake, buiten die president se staatsrede, toegelaat sal word nie.

Sy het gesê die debat oor die staatsrede vind op 16 en 17 Februarie plaas. Sy het gesê die LP’s sal dan die geleentheid hê om die sake te debatteer en pres. Jacob Zuma sal op 18 Februarie reageer.

Sy het politieke partye versoek om te verseker dat die verrigtinge Donderdagaand glad sal verloop.

Lede van die EFF het daarop aangedring dat Mbete die spesifieke reël moet voorhou wat haar die reg gee om haar gesag uit te oefen.

Volg die staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rynhardt ·

Terwyl die skouspelagtige sirkus aan die gang was, het ek en my suster n heerlike Wimpy burger met skyfies en gegeurde water geniet! Gedurende die sirkus was dit eers Sivambu van die EFF molesmakers wat “Prof.Zuma” ontbreek het! Dit was weer onderbreek deur Malema! Later het n liberaal opgestaan en gese :”Die speaker kan nie haar eie reels maak nie”.Sy het hom eers stil gemaak en die speaker (ook bekend as “agbare diktator”) moes ook in die kollig kom met al die kameras op haar gerig! Toe volg die onderbreking weer deur Sivambu en sy leier, Malema!”Agbare diktator” kom toe weer in die kollig met kameras op haar! Daarna is sy weer onderbreek deur die DA se “nuwe Obama”, hy moet ook in kollig wees soos die res van hansworse! Toe “prof.Zuma” weer praat,het Lekota van Cope hom om 19h28 onderbreek terwyl die prez klem le op rassisme! Lekota het bly praat en gese:”Hy het geen geloofwaardigheid nie”.Hy moes ook in kollig kom soos ander in n piesangrepubliek! Hy en sy Cope het parlement verlaat! Ek, Rynhardt het reeds vir Maroela op 10Feb.gese:”Zuma se staatsrede gaan geen visie bevat nie.Moreaand gaan jy weer drama beleef by die mees skouspelagtige sirkus in die land”.Jy het alles sopas beleef! Ek het sirkus verder nie meer gekyk nie!Afrikaner/Boervolk, SA is op pad na n oorlog! Julle is gewaarsku!

Berhalet Beukes ·

Die hele land lag…. Die hele wêreld lag…. En in die parlement staan Mnr Zuma trots en dink “I’m the man”!

Net ek ·

Daai pyle in die gang wys jou waarna toe om te loop… wat ʼn grap is die spul….

Riekie ·

Wat n groot sirkus met no 1 natuurlik as die hoof nar. Wonder wat dink die res Van die wêreld van sirkusSA?

johny ·

Daar moet n sepie van gemaak word.Wereld sal elke dag voor die tv deurbring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.