Staatsrede 2016: Só sê Maimane

Mmusi Maimane tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Mmusi Maimane tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag gesê president Jacob Zuma is veilig weggesteek, in ʼn parallelle heelal ver, ver hiervandaan: iewers op Planeet Zuma.

Maimane het tydens die debat oor Zuma se staatsrede aan die Nasionale Vergadering gesê die president het geen eer nie, en verdien geen respek nie, en het versoek dat hy moet bedank.

Maimane het gesê Zuma bly in ʼn parallelle heelal – onbewus van die lot van gewone Suid-Afrikaners.

Maimane het gesê terwyl lemmetjiesdraad die betogers verlede Donderdag van die wetgewer weggehou het, was die president veilig op Planeet Zuma, “ʼn plek waar ʼn swembad ʼn brandbad genoem kan word”. “Ons het meer oor Planeet Zuma geleer as die land waar ons bly, want op Planeet Zuma is daar nie ʼn werkloosheidskrisis nie.”

Maimane het ook gesê die party [ANC] wat altyd vryheid verdedig het, het nou die verdediger van een man geword.

Maimane het gesê indien die president se staatsrede geoordeel word, is daar geen probleme in die opleidingstelsel nie en geen probleme met enige van die land se staatsbeheerde organisasies wat finansieel gebuk gaan nie.

In teenstelling met die EFF wat verlede week die staatsrede onderbreek het voordat hulle uitgestap het, het Maimane gesê die DA het gebly om te hoor wat Zuma te sê het, omdat hulle die parlement respekteer. “Ons het tot heel aan die einde gebly, want dit is wat die mense van Suid-Afrika van ons verwag. Hulle verwag van ons om hier in die parlement te wees, en dit te maak werk,” het hy gesê.

“Maar ons het nie uit eerbied vir Jacob Zuma gekom nie. Ons kan nie ʼn man respekteer wat homself en sy ryk vriende eerste plaas, terwyl die mense van die land ly nie. Jacob Zuma is nie ʼn eerbare mense nie, want as hy was, sou hy die eerbare ding gedoen en bedank het.”

Lees alle vorige berigte oor Staatsrede 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hein ·

Ons almal se dieselfde as die DA leier. Enige regdenkende mens sal. Die DA ondersteun nogsteeds onderdrukkende wetgewing tenoor blankes. Ondersteun liewer Pieter Muller van die VF+. Pieter se dieselfde en hy sal nie minderhede, soos die Kleinfonteiners/Oraniears uitverkoop ter wille om Mamelodi stemme nie. Die DA gaan hulle opposisie verloor aan die EFF, vernaam met die huidige massiewe werkloosheid.

Fly ·

Ek stem Hein. Die DA is net n meer accesible ANC. Staan op presies dieselfde beginsels, net meer georden en meer gesttuktureerd omdat daar n paar mense is met verstand. Maar stem wit mens vir hulle, stem jy teen jouself.

Gwen ·

1/2

Ek vind dit uiters vreemd dat Maroela Media, wat duidelik ’n Afrikaanse gehoor bedien, soveel ruimte kan afstaan aan die rassis wat Julius Malema is en dit wat die EFF telkens kwytraak en aan die DA wat in sy diepste wese anti-Afrikaans is.

Ek kry byna daagliks ’n mediaverklaring van die VF+ in my e-pos maar sien dit feitlik nooit op Maroela nie. Maroela het bv. nooit iets geplaas van die DA-raadslid van Kroonstad wat oorgeloop het na die VF+ nie; Maroela het met die sg. Blackface-sage niks opgesit van die VF+ wat die Universiteit Stellenbosch by die MRK verkla het oor hulle hantering van die hele debakel nie. Om die voorbeeld verder te versterk noem ek die volgende: die VF+ het in Februarie (tot op hede) reeds veertien persverklarings uitgereik waarvan Maroela slegs twee gebruik het (berigte wat geëtiketteer is) en waarvan die VF+ in een meningstuk genoem is (n.a.v. ’n persverklaring wat in Januarie uitgereik is). Dit beteken dat minder as 15% van die VF+ se persverklarings aan sy teikengehoor via Maroela Media as nuuskanaal versprei word. Daarteenoor is die EFF in ses berigte geëtiketteer vir Februarie (uit veertien persverklarings) en die DA in sewe (uit 44 persverklarings). Die vraag ontstaan dan wie die hekwagters by Maroela Media is en of hulle werklik die aanlynkoerant se Christelike karakter ter harte neem.

Gwen ·

2/2

Vir diegene wat wil weet waarmee die VF+ hom besig hou, gaan kyk gerus by http://www.vfplus.org.za/mediaverklarings want dit wil voorkom of u dit nie op Maroela Media gaan lees nie.

Om aan te haal van Maroela Media se webwerf af: “Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid.” Die VF+ en ACDP is die enigste twee partye met verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering wat onbeskaamd Christelik is, tog skroom Maroela Media nie om voorkeur te gee aan die opposisiepolitiek van die DA en EFF nie, wat albei nie-Christelik en selfs anti-Christelik is.

Reinhardt ·

Gwen, ek persoonlik voel daar is geen plek in politiek vir geloof nie. Gaan gerus YouTube to en soek vir “Why some countries are rich and others poor”. Deur n Party uitsluitlik Christelik te maak sluit jy ander gelowe uit. Wat van die Jode, Moslems? Of mag hulle nie deel wees van ons samelewing nie? Mag hulle nie Afrikaans praat nie?

Johannes ·

Reinhardt, as jy ‘n (ware) Christen is, sal jy weet dat geloof ALTYD ‘n plek het. Politieke oorwegings behoort juis deur Christenskap en waardes gedryf te word. ‘n Christelike regering beteken nie dat ander gelowe nie in die samelewing geduld sal word nie. Dit beteken bloot dat die land se bestel, grondwet en morele strewe Christelik sal wees. Dus, ‘n land waar die doodstraf toegepas sal word, Christelike dae gevier sal word, aborsie en homoseksualiteit onwettig sal wees ens. Ander gelowe sal verdra word maar nooit erkenning kry en gelyk gestel word aan die Christelike geloof nie.

Oom Boer ·

Daar is goeie stellings deur Mmusi van die DA gemaak wat op waarhede gebaseer is, maar vertrou nie vir wolfie met die skaapklere nie. Bly maar ‘n ou stoere VF+ ondersteuner, maar ek weet hul staan op waar hul kan met die paar vegters wat benoem is. Soos hul altyd sê, moenie sand in die gesig van die klein besigheidjie skop nie want hy is dalk more die ou grote wat meeding in ‘n veranderde mark.

Luister ·

Ek dink nie die see sal Zuma weer kan skoonwas nie. Voel ‘n bietjie jammer vir hom……..
… , nee; die gevoel is weg. ZUMA MOET VAL!

Rynhardt ·

Maimane is so besorg oor die werkloosheidsyfer dat hy en DA die Anc se Vryheidsmanifes ondersteun asook die regstellende aksie wat dit uitspel teen blankes.Die DA-leier kan gou op die lawaai-wa spring, maar het nog nooit die blanke plakkerskampe besoek nie! Ek sien daar is ouens wat sekere politici prys van kleiner partue.Van daardie ouens was deel van die Kodesa onderhandelings waar jy uitverkoop was.Jou hele politieke stelsel was voor 1994 so georkestreer dat alles eensydig moet wees.Nog steeds kan sekere hardkoppige blankes nie sien hoe hul gespeel word nie.Jou verkiesing is lankal dood in SA en ek weier om n leuen uit te leef! Vir die rekord.Maimane is n groot akteur wat deur Zille en die ou liberale beheer word!Massas gaan nie agter hom verenig nie.

Berhalet Beukes ·

“Slander politics” was nog nooit smaakvol nie. Behou die integriteit Maimane en bring ‘n plan van aksie na die tafel.

alida ·

Ons moet ophou om die verlede en FW te beblameer. Hy het daardie tyd gedink dit is die regte ding om te doen, maar asb dit is verby en ons moet vergeet daarvan en aanbeweeg. Zuma is te geneig om die verlede op te haal. Ons kan nou niks daaraan doen nie. Die regering moet eerder vorentoe kyk en oplossings soek. Die hele wereld sou respek vir JZ gehad het as hy tydens die Staatsrede sy bedanking op ‘n eerbare en manier aangekondig het en uit die openbare oog verdwyn het. Wat Mnr Mainmane betref moet ons as landsburgers onthou hy haat nie blankes nie want per slot van rekening is sy hele skoonfamilie blank. Hy veg vir ons almal se voortbestaan nie net vir die swartes nie. Hy dwing respek af, is geleerd en praat uit die vuis en is nie ‘n verleentheid vir sy party nie. Dit is vir ons almal ‘n geweldige aanpassing om by die tyd te hou maar tye en baie het verander sedert die 1990. Ek stem Mnr Zuma moet waardig en vrywillig uit sy amp bedank om homself verdere verleentheid te spaar.

Reinhardt ·

Dankie Alida. Maar lyk my ek en jy is in die minderheid op Maroela Media aangesien ons liberaal is.

gigi ·

Stem saam met alles wat jy sê Alida. En terloops, dit raak al afgesaag om gedurig te hoor dat FW die sondebok is vir al die gemors. Net soos ons verwag dat apartheid nie meer vir alles blameer moet word nie, net so moet ons ophou om FW vir alles te blameer….

Ronel ·

Aida ek stem 100% met jou saam. Zuma is n verleentheid vir SA. Hy is ongeletterd en moet gaan. Gister al.

jaco ·

Met ‘n salaris van meer as 1 miljoen rand PER JAAR, asook lekker behuisings-, motor-, vlieg- en onthaalvoordele, is mnr Maimane ook op ‘n planeet van sy eie. Geen politikus (DA ingesluit) in ‘n politieke pos in SA behoort te kla oor vermorsing van Staatsgeld nie. Met hulle lekker salarispakette bou elkeen ‘n mini-Nkandla.

Reinhardt ·

R1m per jaar is wragtig nie baie as jy n leier van die amptelike oposisie is nie. Hel ek werk skaars 4 jaar en ek verdien die helfte van dit en eks nie eers in n leier posisie nie.

Rina ·

Ek is trots op Mmusi Maimane! Wat ‘n treffende en relevante toespraak! Min kan hom dit nadoen!

Koos ·

Dis maklik om te kan noem daar fout met die onderwys. Maar wat spesifiek is die fout? Daar is geen wette huidiglik wat die DA sal verander indien hul aan bewind kom nie. Die ANC gebruik wittes en apartheid vir goedkoop politieke punte. die DA gebruik vir Zuma. Zuma kan more verkas, dit gaan nie veel aan Suid-Afrika se situasie verander nie. Dis natuurlik maklik om Zuma by te om, hy kan nie eens getalle lees nie. Die DA steun die National Development Plan ( NDP) wat huidiglik niks werd is nie. Die krises in SA is struktureel, dws wette en kwaliteit van menslike hulpbronne , kwaliteit van mense. Dit kan nie oornag verander nie.

alida ·

Baie dankie aan almal wat saam met my stem. Ons is inderdaad in die minderheid. Mense moet net leer dat jy nie in die verlede kan lewe nie en KAN nie 1960 se tye vergelyk met 2016 s’n nie. Ek is 1942 gebore en het maar ook gesukkel om by te hou. Gee ‘n jong politikus soos Maimane ‘n kans om sy staal te wys. Hy verras ons dalk almal. Na sy onderhoud op RSG het ek baie respek vir hom gekry.

alida ·

Jaco jy kraak Maimane se inkomste af. Dit sit nie in elke ou se broek om te kom waar hy is nie. ‘n Mens verdien wat jy werd is en as politikus is hy geregtig op daardie voordele. Ek praat nie van JZ en sy trawante wat hulle posisies misbruik het ten koste van die land nie.

John ·

Zuma & kie is ‘n verleentheid maar regtig, ek dink mens se meer oor jouself as jy so beledigend is teenoor iemand anders. Maimani se uiters kras kritiek is smaakloos vir ‘n oposisieleier. Hy stel hom op gelyke vlak as die EFF. As elke regter ‘n misdadiger of moordenaar op hierdie wyse sleg se sal almal kla. Dis uiters swak smaak en hoort nie in die parlement nie. Volgens ons grondwet word die president gekies deur die regerende party. Dit help nie vir die oposisie om die leier van die land so sleg te se dat die see hom nie kan afwas nie. Dit maak in elk geval sy aanhangers net meer vasberade om hom verder te behou. Nee wat, dis regtig nie snaaks nie. Die DA maak nou ook ‘n badprop van hulself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.