Staatsrede 2016: Só sê Malema

Julius Malema tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Julius Malema tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Dinsdag om verskoning gevra aan voormalige presidente Thabo Mbeki en Nelson Mandela dat hy gehelp het om Jacob Zuma as president aan te stel.

Malema het tydens die debat in die parlement oor die staatsrede erken dat hy deel was van die poging om pres. Mbeki te ontsetel en dat dit ʼn fout was. “Ons is deur hierdie man mislei,” het Malema gesê, in verwysing na Zuma. Volgens hom het Zuma glo gesê hy was nie bereid om saam met Mbeki te werk nie.

Nadat hy verklaar het dat Zuma nou as president verwyder moet word, het Malema sy mede-LP’s uit die parlement gelei. “Mnr. Zumpa, jou presidensie kan in drie woorde opgesom word: Umshin’wami. Nkandla. Guptas… Ek gaan nou uitstap. Ek kan nie hier sit en debatteer nie, jy is nie ʼn wettige president nie. Totsiens.”

Lees alle vorige berigte oor staatsrede 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bertie ·

Ja my Jo Jo hier is n beeld spraak wat verduidelik wat met jou gebeur het..”die man tel n swak en uitgeteerde slang in die woestyn op..vat hom huis toe waar hy hom versorg, kos en water gee. Eendag toe die man sy hand weer by die hom insteek om vir die slang kos te gee, pik die slang sy hand. Die man staan verbaas terug en se vir die slang, ek het jou versorg en gered van die dood, hoekom pik jy my nou? Die slang antwoord hom..’jy het geweet ek is n slang en dat dit my natuur is om die naaste hand aan my te pik”. So ja Jo Jo, jy is eerlik in jou uitspraak maar weet dat die vyand nie altyd so ver van jou af skuil nie.

Chris ·

Bertie, ek ken dieselfde staaltjie, maar net met ander karakters: Skerpioen het op die vol rivier se wal gestaan en vir padda gevra of hy hom op sy rug sou laai en na die ander kant van die rivier sou neem. Padda het gesê:” Nee, skerpioen, is jy mal? Jy sal my steek!” Skerpioen sê toe:
“Nee, padda, ek sal dit nooit doen nie, ek is dan so verleë” Padda laai hom toe op sy rug en swem toe na die oorkant van die rivier. Net toe, waar die rivier op sy volste was, steek skerpioen vir padda. Padda sak stadig af bodem toe, heeltemal vergiftig. Met sy laaste asem sê padda:” Hoekom het jy dit gedoen? Nou gaan ons altwee verdrink” Waarop skerpioen antwoord: ” Ek weet. Ek is jammer, maar dit is in my aard” In die alledaagse samelewing kry jy talle mense met skerpioen se geaardheid. Dalk ken jy so ‘n persoon. Ek ken definitief ‘n persoon met skerpioen se geaardheid. ‘n Persoon wat uiters ondankbaar is en altyd gereed is om jou figuurlik in die rug te steek

Topster ·

Bertie jy kon dit nie beter gestel het nie Die narre moet hulle self nou maar uitsorteer

Oom Boer ·

Ai en daar sink Malemma nou die skip. Wel deur hierdie persoonlike bekentenis uit die perd se bek wil ek nou graag weet of daar nie deur die gereg opgetree kan word waar ‘n dienende President deur onregmatige strategieë geforseer of gedwing word om sy amp in onderdrukking neer te lê. Daarbenewens moet Nr 1, Malemma en alle betrokkenes en Kaders strafregtelik ondersoek word. As daar vandag gestem moet word deur die publiek of Nr 1 die tuig moet neerlê, glo ek van harte daar sal ‘n meerderheids stemming plaasvind. Malemma is ‘n pion wat die bordspel wil oorheers met dreigemente en geen respek tot ander rolspelers. Dit is net sy weg of die snelweg. Pa en seun grom vir mekaar met gebalde vuiste, wat gaan die eintlike uitslag wees om die tafel?

Rynhardt ·

Malema is n net n akteur in een groot siek toneelstuk! Net die “dinosaurus-media” glo hy is n opposisie.Parlement is lankal dood!

Jan maak n Plan ·

Soos die spreek woord se – And the pot calls the kettle ‘Black”.

neelsie ·

Dis goed dat die EEF en ANC teenmekaar staan.(Cope le ook n eiertjie)
Dat hulle mekaar maar ‘opvreet’.
Dit behoort die Afrikaner n kans te gee om onder leiding van hul eie forums sterker te word (as ons kan saamstaan!)

Adrian ·

Grootbek jy skuld die ontvanger R20miljoen met onwettige bedrywighede, JUlias when are you going to pay the money to the receiver

alida ·

Kom ons igonoreer hierdie nar. Hy sal nog agterkom jy kan niemand vertrou nie.

Connie ·

Ouens, ons gaan nog almal op ‘n tyd ANC stem om die EEF uit te hou. Moet hulle nie onderskat nie.

Chris ·

Connie, jy het dalk ‘n punt beet. Ons moenie vergeet die party met die meeste stemme kom aan bewind nie. Malema kan as akteur, nar, ens beskou word, maar hy speel reg in die hande van die laer klas van die swart bevolking, want hy verkondig luidkeëls wat hulle wil hoor. En daar is baie miljoene van hulle. Weer eens: wyse woorde van jou, Connie.

Chris ·

Connie, wyse woorde van jou! Kortliks, Malema kan as Hollywood akteur en hofnar uitgemaak word, maar hy speel reg in die hande van etlike miljoene laer klas swartes. Hy deel grootliks hul aspirasies. Volgens my het jy ‘n baie goeie stelling gemaak, al klink dit dalk nou vir die veral deursnee Afrikaner vergesog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.